Nog geen besluit oor 2017-studentegelde, sê Nzimande

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het Woensdag daarop aangedring dat daar nog nie enige besluit geneem is oor verhogings in universiteitsgelde vir 2017 nie.

Nzimande het op vrae in die nasionale vergadering reageer en berigte verwerp dat pres. Jacob Zuma hom en die minister van finansies, Pravin Gordhan, opdrag gegee het om die geld te kry en seker te maak dit is ʼn 0%-verhoging vir volgende jaar.

“Ek het, op grond van die aanbevelings van die presidensiële taakspan se verslag oor korttermyn-uitdagings van studentegelde en ná konsultasies met die universiteite se visekanseliers, die Raad van Hoër Onderwys versoek om my van raad te bedien oor ʼn regulerende raamwerk,” het hy aan LP’s gesê.

“Ek bespreek tans dié advies met ʼn wye reeks belanghebbendes om my aanbeveling te maak aan die universiteitsrade, wat verantwoordelik is om die fooie te bepaal binne die openbare hoëronderwysstelsel,” het Nzimande bygevoeg. “Hierdie gesprekke is nog nie afgehandel nie en dit is daarom voortydig vir die regering om aan te kondig watter tussentydse maatreëls geneem gaan word wat universiteitsgelde en subsidies vir universiteite in 2017 betref.”

Belinda Bozzoli, DA-LP, het Nzimande uitgedaag en hom gevra hoe hy 19 universiteite gaan verhoed om disfunksioneel te word indien ʼn 0%-verhoging vir die tweede keer ingestel gaan word – iets waarteen die Raad van Hoër Onderwys die minister gewaarsku het.

Nzimande het gesê hy is in gesprek met die tesourie om geld te vind om te verhoed dat universiteite ineenstort.

“Ek is in gesprek met verskeie belanghebbendes insluitend die minister van finansies, so ons sal op ʼn gepaste tyd ʼn aankondiging maak. Die kwessie van die benarde situasie waarin sommige van ons universiteite hulself bevind, moet aangeroer word binne die konteks van die noodsaaklikheid om befondsing te verhoog vir die naskoolse onderwys- en opleidingsektor, en dit is iets waarvoor my departement verantwoordelik is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

KarooKlong ·

Hierdie ou sukkel net soos sy baas om te tel, selfs met ‘n optelmasjien.
Hy sukkel ook om te hoor want hy was gewaarsku.
Miskien moet ons hom borg om self universiteit toe te gaan.
Nee dalk eers skool toe.

humor ·

Waarom so draaie loop? z het die beloftes gemaak met die gedagte in sy kop dat die belastingbetaler dit sal bybring.

snoefie ·

en jy is natuurlik van mening dis reg as die belasting-betaler vir swartmense se universiteitsopleiding betaal? ons het elke sent self betaal. as ins hard gewerk en geleer het hetjy dalk vir die volgende jaar meriete afslag van n paar rand gekry. dit was hoekom ons graad gevang het op tyd en nie tien jaar nodig gehad het om n drie jaar graadkursus te voltooi nie. hulle kan of betaal of gaan werk en spaar totdst hulle universiteite kan bekostig. ek befonds alreeds genoeg soustreine. die soustrein vir luukses kan sonder my ry.

Dark.O ·

Ek sal baie bekommerd wees as Lida se wens waar word. In sommige gevalle is ń hele gemeenskap van die universiteit in hulle midde afhanklik. Dit gaan nie net oor studente nie, maar ook oor dosente, steundienspersoneel, administratiewe personeel, skoonmakers, tuinwerkers, mense wat behuising aan studente verhuur en mense wat klein besighede op kampus bedryf, ens. Dit kan dus baie mense finansieël en emosioneel knak.

Jan maak n plan ·

Dis nou seker hoekom daar van Gordhan gou ontslae geraak moet word want hyt seker weer nee gesê om geld te gee.

Johann Marx ·

Vra vir die EFF (Everything For Free) hoe hulle dit sou doen….en volg hulle raad? Ek het TWEE studente op Universiteit…en kan nie WAG vir gratis onderrig nie…..my 16 jaar oue jaloppie is nou voos hoor…

Tilla ·

Merk hierdie mense wat so aandring. Die dag as hulle moet begin werk onthou om in hulle kontrakte in te voeg GEEN VERHOGINGS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.