Nog geen besluit oor Du Preez se paroolaansoek nie

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Die paroolraad het nog nie ʼn besluit geneem oor Frikkie du Preez, een van die sogenaamde Waterkloof-4, se paroolaansoek nie, het die departement van korrektiewe dienste Vrydag gesê.

“Die korrektiewe toesig- en paroolraad het Donderdag vergader en die saak is tot 9 Augustus uitgestel,” het Ofentse Morwane, woordvoerder van die departement, gesê. “Daar is nog nie ʼn besluit geneem nie.”

Die Pretoriase hooggeregshof het op 10 Julie beslis dat die raad nie die basiese beginsels gevolg het toe Du Preez se parool teruggetrek is nie.

Regter Eberhard Bertelsmann het ook die samestelling van die raad bevraagteken en gesê een van die lede is vervang en die plaasvervanger het nie die openbare verhore, wat met die parool verband hou, bygewoon nie. “Die raad het nie as ʼn geheel die verhoor bygewoon nie en die aansoeker is dus ontneem van sy reg tot ʼn regverdige verhoor voor ʼn behoorlik saamgestelde raad,” het Bertelsmann in daardie stadium gesê. “Die raad se besluit was dus gebrekkig en moet tersyde gestel word.”

Bertelsmann het beslis dat ʼn nuwe paroolraad Du Preez se aansoek moet heroorweeg.

Du Preez en Christoff Becker se parool is teruggetrek toe ʼn video aan die lig gekom het waar hulle glo alkohol en ʼn selfoon in ʼn sel by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria gebruik.

Die Waterkloof-4, Du Preez, Becker, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is op 11 Februarie vrygelaat op borgtog nadat hulle ʼn hawelose man in 2001 in Pretoria doodgeslaan het.

Becker en Du Preez moes op 28 Februarie weer terugkeer tronk toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.