Nog geen besluit oor e-tol – minister

e-tol

Argieffoto

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het Donderdag gesê daar is nog hoegenaamd géén besluit oor e-tol se toekoms geneem nie.

Dít nadat die Gautengse LUR vir openbare vervoer en infrastruktuur Donderdagoggend in ʼn radio-onderhoud duidelik gesê het daar is besluit om binnekort met die provinsie se e-tol-stelsel weg te doen.

LUR Jacob Mamabolo is vanoggend in ʼn onderhoud met SAfm Radio prontuit gevra of e-tol “geskrap” word, waarna hy dit bevestig het.

“E-tol is iets van die verlede. Ons wag net dat dit bekragtig en bevestig word,” het die LUR gesê. “Die inwoners van Gauteng behoort nie belas te word met die betaling van nasionale paaie nie … Ons soek regverdigheid, gelykheid en geregtigheid vir die inwoners van Gauteng. Dit is geskrap.”

Verskeie sosialemediagebruikers was vroeg reeds skepties oor dié aankondiging.

Fikile Mbalula (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

ʼn Verklaring deur Mbalula het later Suid-Afrikaners se vermoede dat die LUR uit sy beurt gepraat het, bevestig.

“Die LUR het bloot tydens die onderhoud duidelik gemaak dat dít die Gauteng- provinsiale regering se mening oor die saak is,” lui Mbalula se verklaring.

Die minister sê hoewel die regering die Gautengse wetgewer se mening oor die saak respekteer, is daar nog geen besluit geneem nie.

Mbalula sê voorts die regering is nie net verantwoordelik vir die besluit om e-tol te skrap, al dan nie, maar moet ook besluit oor hoe infrastruktuur en die instandhouding daarvan gefinansier sal word.

Volgens die minister sal ʼn aankondiging gemaak word sodra al dié besluite geneem en gefinaliseer is.

Wayne Duvenage, verbonde aan die drukgroep Outa, sê hoewel hy graag wil glo dat daar met e-tol weggedoen word, gaan hy eerder wag vir die minister om ʼn aankondiging te maak. “Ons is versigtig om dit te vier voordat dit amptelik is.”

Mamabolo het ook later sy flater probeer regstel.

“Terwyl ons uitsien na die aankondiging, is ons vasbeslote dat ons e-tol-stelsel in sy huidige vorm die inwoners van Gauteng belas in ʼn aangeleentheid wat die nasionale ekonomie en buurlande se ekonomieë ook betref.”

Volgens Mamabolo het sy departement ʼn oortuigende argument gevoer vir die opheffing van e-tol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JohanR ·

Ons weet dit is nou 2039, maar ons wil julle net laat weet dat ons ‘n finale besluit oor e-tolls gemaak het.

Keith ·

Die een ding se’ “dit” en die ander ding se’ “dat”.

Snowball ·

Natuurlik, Mbalula die nar, beweer ook (nou voor die munisipal verkiesing nogal) hulle gaan Ekurhuleni in die ‘NUWE DUBAI’ omskep…. volgens hom gaan niemand meer in Dubai inkopies loop doen nie, hulle gaan dit hier wil doen….
Tans 119 plakkersbuurte in Ekurhuleni…hy en die ANC het seker net vergeet van hulle. Of dalk is hulle nie die stemme waarop hy hoop nie; ek persoonlik kan bv nie wag dat Ekurhuleni soos Dubai lyk nie.

Tolgeld gaan bly; dis nog ‘n koei wat melk moet gee om een of ander ANC ‘scheme’ of leuen te finansier.

Grassie ·

Ek vermoed dat daar aan die begin van die hele e-tol sage groot betalings onder die tafel deur gemaak is en dat dit nou in ‘n skaakmat situasie beland het. Die regering weet dit gaan nie werk nie en die tollenaars eis hul pond vleis vir gunslone wat betaal is. Ek kan aan geen ander rede dink wat die hele aangeleentheid so kan laat sloer nie. Dan is daar ook ‘n lening wat by die staatsdienspensioenfonds gemaak is. Dit is vermoedelik sewe miljard rand maar ek is nie seker nie. Ek weet nie of die regering daarvoor borg gestaan het nie. Indien wel kan hulle dit nie terugbetaal nie want hulle is bankrot.

Rian ·

Nee hulle sukkel nie , dit is inderdaad baie maklik vir dié spul om onbevoegd te wees.

Pierre ·

Maak nie saak wat julle besluit nie die mense het al van dag een afvir julle besluit.

absoluutgatvol ·

Minister het nognie sy tjek gekry, dis hoekom ons wag…

Francois ·

Dit sal nie geskraap word want te veel kaders trek voordeel uit die winste

Nico ·

Kom wat wil, ek sal nie betaal nie, het ook nie daarvoor gevra nie. Die taxi’s en busse moet ook betaal dan sal vinnig gestop word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.