Nog geen besluit oor Mahumapelo se opvolger

Supra Mahumapelo. Foto: ANA

Die ANC in Noordwes het vandeesweek vergader om kandidate te bespreek om die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, op te volg.

Sussana Dantjie, waarnemende provinsiale sekretaris, het Woensdag gesê die ANC-alliansies het Dinsdag in Rustenburg vergader waar die name van mense voorgestel is om Mahumapelo op te volg.

“Die doel van die vergadering is om die name van voorgestelde kandidate te bespreek om die vakante pos as premier van die provinsie Bokone Bophirima [Noordwes] te vul. Die kandidate sal gefinaliseer word deur die ANC se provinsiale uitvoerende komitee en dan aan die nasionale uitvoerende komitee (NUK) voorgestel word vir beslissing,” het Dantjie gesê.

Dantjie het nie die name van die kandidate bekend gemaak nie.

Mahumapelo het op 23 Mei bedank nadat hy lank onder druk was om sy amp te onthef weens gewelddadige betogings in die provinsie. Die ANC het Maandag aangedui Mahumapelo sal as gewone lid van die provinsiale wetgewer aanbly.

Pres. Cyril Ramaphosa het die provinsiale regering in Noordwes vroeër in Mei onder administrasie geplaas.

Die ANC kon aan die einde van Mei nie daarin slaag om tydens sy NUK-vergadering van drie dae op ʼn opvolger vir Mahumapelo te besluit nie.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het destyds gesê die drie dae was nie genoeg tyd om organisatoriese sake uit te pluis nie.

Hy het gesê die drie kandidate wat deur die Noordwes- provinsiale uitvoerende komitee van die ANC voorgestel is om Mahumapelo op te volg, is nie voldoende bespreek nie weens beperkte tyd. Volgens mediaberigte was dié drie kandidate OJ Tselapedi, Manketsi Tlhape en Dantjie.

Die NUK het na berig word egter besluit dat nie een van dié kandidate geskik is nie aangesien hulle almal glo bondgenote van Mahumapelo is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

koos1 ·

Is die naamsverandering van NW nou amptelik?
Geld is daarvoor maar nie vir dienste nie!

Johanna Botha ·

Of daar nou iemand anders is of nie ….dis presies dieselfde !

tamboti ·

African National Corruption op sy beste: besig om baie te praat om niks(goed) te doen nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.