Nog geen besluit oor toekoms van Oos-Londen-dieretuin

Diereregteaktiviste betoog vroeër vir die sluiting van die Oos-Londen-dieretuin. (Foto: Ban Animal Trading SA/Facebook)

Die DA in Oos-Londen is woedend ná geen vrae wat hy aan die Buffalostad-munisipaliteit gestel het oor die stand van die stad se dieretuin in gister se raadsvergadering beantwoord is nie.

DA-raadslid Annette Rademeyer het gesê die mosie wat sy ingedien het, sodat gestem kan word oor die toekoms van die dieretuin, is ook nie aangehoor nie. Dit sal na verwagting nou eers ná die algemene verkiesing in Mei weer bespreek kan word.

“Niks gaan in dié raad gebeur tot ná die verkiesing nie,” het sy gesê.

Sy het gesê die raad het genoeg tyd gehad om antwoorde op die lys vrae te verskaf en het dit steeds nie gedoen nie.

Die dieretuin gaan al jare lank gebuk onder bewerings van verwaarlosing en selfs dieremishandeling. Van die klagtes sluit in hokke wat te klein is, vuil water, nagdiere wat gedwing word om bedags uit te kom, tropdiere wat alleen aangehou word en diere se mediese probleme wat glo geïgnoreer word.

“(Die raad) behandel die diere asof hulle stoele en tafels is. Dit is lewende wesens,” het Rademeyer gesê.

Talle diereregtegroepe eis die algehele sluiting van die dieretuin, terwyl baie ander ten minste ʼn verbetering in die diere se lewensomstandighede vra. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging het vroeër aan Maroela Media gesê hy is gekant teen die teel, aanhou en handel in wilde diere en dat dié diere in die wildernis hoort. Die DBV het gesê hy moedig eerder die gebruik van wildreservate aan. Die DBV het boonop vroeër aan die Oos-Londen-dieretuin se etiekkomitee onttrek, hoewel die organisasie steeds oorsigbesoeke daar bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trol ·

Veels geluk bbbee.
Nog iets as tariewe nie so hoog was by dieretuine nie, het hulle dalk meer besoekers getrek.

Ben ·

Laat die diere los en sit misdadigers daar in. Suid-Afrikaanse tronke is vol!

BlinkStephaans ·

Julle besef daar werk ñ hele kaboedel mense by die dieretuin… wat vet salarisse deur die munisipaliteit betaal word… of daar nou besoekers kom of nie… of die diere nou vrek van elende of nie…hulle kry hul geld en die versorg van die diere bestaan nie want daar is nie geld of kundigheid daarvoor. Nou weet hulle nie so mooi wat om met al die mense te maak as hulle die plek moet sluit. Hulle kon darem nog altyd werk en salarisse verskans want die plek bestaan nog… soortvan. Dit is ñ tragedie, maar so eie aan die party aan bewind…selfs nie eers die diere spring dit vry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.