Nog geen beurtkrag ingestel nie

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Maandag bevestig dat die kragnetwerk nog onder druk is, maar dat geen beurtkrag Maandag ingestel is nie.

“Daar is tans geen beurtkrag nie,” het Eskom Maandag in ʼn e-pos gesê. “Die stelsel bly onderdruk en dit sal so voortduur vir die res van die somer. Enige ekstra las of foute op die stelsel kan daartoe lei dat beurtkrag ingestel moet word.”

Eskom het Suid-Afrikaners versoek om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

Eskom moet op 5 Desember fase 3-beurtkrag instel.

Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, het Donderdag gesê die regering is deels verantwoordelik vir die kragprobleme in die land. Hy het erken dat instandhouding die afgelope paar jaar nagelaat is.

Altesaam 900 megawatt moet in Februarie van die stelsel afgehaal word wanneer een van die eenhede by Koeberg-kernkragstasie instandhouding moet ondergaan.

Lees alle vorige berigte oor beurtkrag op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.