Nog geen duidelikheid oor jagongeluk-saak

Stefan Hepburn tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Maroela Media

Daar is steeds geen duidelikheid oor die saak teen Stefan Hepburn, die man wat aangekla word nadat hy ʼn plaaswerker tydens ʼn jagtog glo per ongeluk doodgeskiet het, nie.

Hepburn, geklee in ʼn donker pak en das, het Maandagoggend vlugtig in die Modimolle-streekshof voor landdros Peter Manthata verskyn. Hepburn se regsverteenwoordiger het aan die hof gesê dat die verdediging sedert Hepburn se vorige hofverskyning vertoë in verband met die saak aan die kantoor van die direkteur van openbare vervolging (DOV) gerig het, maar nog geen terugvoer in die verband gekry het nie.

Adv. Doria Groenewald, die staatsaanklaer, het bevestig dat die vertoë gerig is en dat sy ook nog nie terugvoer van die DOV ontvang het nie.

Manthata het die verdediging gemaan om die kwessie dringend by die kantoor van die DOV op te volg om te verseker dat die DOV wel die vertoë ontvang het en vas te stel wanneer ʼn besluit verwag kan word. Die saak is daarna tot 28 Junie uitgestel.

Foto: Mariné Lourens

Hepburn word aangekla van strafbare manslag in verband met die dood van Jan Railo (23). Maroela Media het vroeër berig Hepburn en sy vrou het op 11 Februarie verlede jaar op ʼn plaas buite Modimolle bosvarke gaan jag. Hepburn het in sy verklaring wat aan die hof voorgelê is, gesê hulle het ná sononder in die mielieland gesit en vir die bosvarke gewag.

Volgens Hepburn het hy ʼn donker voorwerp soortgelyk aan ʼn groot bosvark in die land gesien wat in sy rigting gekyk het. Hy beweer hy het ook die kenmerkende geluid gehoor van ʼn bosvark wat mieliestronke van die plant afstroop.

Hepburn het gesê hy het na die voorwerp gemik en geskiet. Toe die voorwerp ʼn vreemde geluid maak, het hy besef hy het moontlik iemand raakgeskiet. Die oorledene is later as Railo, ʼn werker op een van die buurplase, geïdentifiseer.

Hepburn is reeds vroeër op borgtog van R15 000 vrygelaat wat vandag verleng is tot sy volgende hofverskyning.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Hepburn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Al ·

Ai ja dis seker so, maar dan verwag jy ook nie dat daar ñ dief in die mielieland is nie.
Maklik om te sê as jy ñ leuenstoelbeoordelaar is.

rollie ·

Dis nie ‘n kwessie van verwag nie. Hy moes voorsien het dat hy enige iets (ook ‘n mens) kan doodskiet as hy nie kan sien waarna hy skiet nie. Opset, moord na my mening.

GEEN MOORD ·

Rollie die liberaal .. NIEMAND behoort op jou plaas in die nag te wees nie . KEN JY ‘N PLAAS? As jy nie iemand soontoe nooi nie is hulle ONGEMAGTIG daar. .. hy het GEEN intensie gehad om ‘n MENS te dood nie. Jy mag ‘n bosvark op jou plaas skiet ENIGE TYD .. ons weet nou al jy haat witmense .. en dat ‘n tyremoord vir jou nie naby so erg is soos ‘n boer wat in die veld op ‘n BOSVARK OP SY EIE PLAAS skiet nie.

rollie ·

As jy nie weet waarna jy skiet nie het jy die intensie om enige iets te skiet (opset in die vorm van dolus eventualis)

Mmmmm ·

Gert het jy al in die nag bosvarke geskiet? Jy sit stoksiel alleen in die donkernag, niemand moet in die land wees nie want as jy so jag dan werk jy op buite lyne van die vark en jy sien nie n duidelike prentjie nie, en ook omdat bosvarke lewens gevaarlikis skiet jy so gou moontlik

Daan Erasmus ·

Dit is hoe jy vlakvarke en bosvarke in skemer skiet. Dit is hoe dit werk. Jy sien ‘n donker kol en dan skiet jy. As jy dit nognie gedoen het moet jy eers vra. Gee ingeligde kommentaar

Lana ·

Reg gesê, Daan. EN daar hoort mos GEEN mens op daardie oomblik daar nie.

LAAT HOM VRY ·

Daar is NOOIT genoeg bewyse om plaasmoordenaars vas te trek nie en van 7 plaasmoordenaars laat hulle gewoonlik 4 vry maar boeta laat dit net ‘n witman wees wat ‘n ongeluk oorgekom het of homself en sy eiendom verdedig het teen ‘n aanvaller .. al is daar nie bewyse dat dit opsetlik was nie, hulle sal soek TOT hulle iets kry. WAT soek die werker van die BUURPLAAS op sy eiendom? Jy verwag mos nie ‘n vreemdeling op jou plaas nie? A NEE A dit is bitter onregverdig!! Wat het van ‘n regverdige regstelsel geword?

Piet ·

Gert jy het geen idee van bosvarke jag nie. Jy kan probeer jag met n riostaat en n rooi lig wat jy verstel soos wanneer jy n luiperd skiet by aas. Dit werk egter goed as jy gedurende volmaan, slegs in die maanlig jag of as die son besig is om te sak. Ek beveel dit dan nie aan dat n dief op sy kniee moet kruip waar jy besig is om die jag nie , want hy gaan gepeper word.

Daan ·

Netso Daan. Mense moet nie te gou klip gooi, gaan doen eers navorsing oor hoe bosvarke gejag word, en veral in mielie lande waar jy self nie veilige skuiling het nie, want bosvarke is vinnig en gevaarlik, jy beter skiet, vinnig skiet, raak skiet en dood skiet anders het jy probleme want jy sal nie van daardie dier af wegkom as jy hom beseer het of gekwes het nie. Die is adrenalien junkies se jag sport, defnetief nie vir my nie. Dis waarom hierdie man se dood totaal totaal per ongeluk was, die man kan geensins gestraf word vir die man se dood nie. Dit sal help as iemand die hof inlig oor hierdie tiepe jag, of hul vat op so bosvark jagtog, sal sien hoe hardloop hulle.

rollie ·

Die ou skiet na iets wat beweeg sonder om homself te vergewis waarna hy skiet (en hy skiet om dood te skiet). Moord in my boek (opset in die vorm van dolus eventualis), hy kan baie gelukkig wees hy’s van strafbare manslag aangekla. Sowat 10 jaar in die tjoekie nietemin.

rollie ·

Sann, daar’s mense in die omgewing. Plase huisves mense en sover ek weet loop werkers dikwels deur die mielielande om kortpad tevat na omringende plase. Verstaan jy dit?

rollie ·

Moet van moord aangekla word. Dolus eventualis. Moes voorsien het dat hy ‘n mens kon doodskiet in daai omstandighede.

Lana ·

Ou rollie, jy het beslis nie ‘n idee hoe “daai omstandighede” werk nie.

Sann ·

Rollie, wat verstaan jy nie! ‘n Mielieland is nie ‘n mall nie. Daar’ s mielies – nie mense nie. Hierdie ou is dood omdat hy in die eerste plek nie daar gehoort het nie, boonop in ‘n gehurkte posisie, boonop besig om mielies te pluk wat hy nie geplant het nie.

Frank ·

Rollie, bly in Suid Afrika seun? Was jy al in jou lewe op n plaas? Jou kommentaar laat jou onkundig voorkom.

Rabes ·

Rollie jy praat Bollie. Niemand gaan jag met die voorbedagte om ‘n persoon dood te skiet nie.

Harry ·

Geen plaaseienaar sal iemand op sy plaas laat jag nie, tensy hy weet dat dit veilig is en niemand anders binne die jaggebied is wat raakgeskiet kan word nie! Hierdie naburige plaasbewoner is per ongeluk raakgeskiet, omdat hy nie op daardie stadium in die mielieland moes wees nie en moontlik onwettig op die aangrensende plaas was. Dit was ‘n onvoorsiene jag ongeluk, anders sou die plaaseienaar eerder aangekla moes word vir nalatigheid.

GM ·

Rollie, hy moes seker, want hy bly in Suid-Afrika. Daar mag onwettige immigrante op jou PRIVAAT eiendom plak, en dan het die siel meer regte as jy. Vra jy jouself nie eers af wat die persoon daardie tyd van die aand daar gesoek het nie?

Theresa ·

Sjoe ou Rollie, jy’t seker nog nooit soveel aandag gekry nie.
Nee, jy is verkeerd. Dis die man wat ongelukkig ‘n mens raakgeskiet het, se eiendom.
EINTLIK moet daar niemand daar in die mielieland wees nie.
Mense moet ook ophou kortpad vat om drade te knak, te breek, oop te sper net omdat hul nie padlangs wil loop na ‘n kuiertjie of watookal nie.
Die mens was op verkeerde plek – hy is nie hierdie man se werker nie.

Vertel gerus hoe jy sou optree – jy het alle kennis in pag (blykbaar).

Divan ·

Rollie lyk my jy verstaan nie wat almal vir jou probeer se nie hou op kamma n prokureur speel asseblief , die man moes nie daar gewees het nie en klaar , hou op die boer blameer hy hoort nie op sy grond nie maar ja so gebeur n ongeluk , maar n plaasmoord is beplan dis nie ongeluk wat net gebeur nie

rollie ·

LOL, hoe lekker lag ek nou. Divan, dis baie gevaarlik om op die internet te bespiegel wat iemand anders weet of dalk nie mag weet nie.

kas ·

Rollie,jammer om jou bubble te bars maar jy het geen idee wat die regsterm dolus eventualus beteken nie.Dit beteken om ‘n handeling te pleeg wetende dat daar nagevolge sal wees en jy steeds voortgaan met die handeling.Hy het met sy handeling geen intensie gehad om ‘n mens te skiet nie en daarom kan dit nooit moord wees nie.Ek twyfel sterk of hy aan strafbare manslag skuldig bevind sal word.

rollie ·

Jy spreek net die tweede been van die toets vir dolus eventualis aan. Die eerste been is of hy die moontlikheid voorsien het dat hy ‘n mens kan doodskiet. Hy skiet sonder om te weet waarna hy skiet so seer sekerlik moes hy die moontlikheid voorsien het dat sy teiken enige iets (ook ‘n mens) kon wees.

Danie ·

Dolus Eventualis (onder andere) kom uit die Oscar Pistorius saak. Ek dink nie iemand wat dit hier gebruik het ‘n idee wat dit beteken nie. In teen deel dit is eerder ‘n persoon wat wil spog met ‘n gebrek aan grondige kennis. Al die werkers van die eienaar was by hulle huise veilig weg van die lande. Hulle is laat weet dat daar bosvarke geskiet gaan word. Bosvarke in ‘n mielieland is soos ‘n brand/waterlek/dief in ‘n winkel in ‘n winkelsentrum. Hoe gouer dit gestop word hoe minder is die gevolglike skade.

Bosvarke in lande word dood geskiet. Dit is loshande die veiligste metode om hierdie probleem te hanteer. Dit geld vir die eienaar en ook die plaaswerkers. Honger bosvarke kom (veral in droogte tye na die huise toe om kos te soek. Dan kan hulle emsne en dier aanval indien hulle bedreig voel.

kas ·

Danie,as my kort beskrywing van dolus eventualus nie reg is nie wat is dit dan.

Riouna Martin ·

Ek dink dit was n ongeluk. Hoekom sal hy sy vrou saam wil vat om moord te pleeg. Die is n ongeluk gewees.

Ettienne ·

Sekere mense het ook net by twee woorde vasgehaak.
Ek ken persoonlik vir Stefan en hy is nie geweldadige en skiet op alles nie. Hierdie was ongeluk.

Piet ·

Rollie ek sien jy geniet die aandag baie, mens moet egter nie vergeet dat hier ‘n man se lewe op die spel is nie. Dit kan reeds nie lekker wees vir hierdie man om te weet dat hy n mens doodgeskiet het nie. Die feit dat hy nou n sondebok van apartheid geword het omdat hy nou kwansuis dink swartmense is diere is n bitter swaar en onregverdige kruis om te dra. Die tronk is nie grappies nie en dit is baie moeilik vir n mens as jy daar eindig agv n regering wat daarop uit is om jou te gebruik as n voorbeeld. As jy jou nou daarin verlekker, onthou maar net, karma is n…………..!

Daan ·

Tjailatyd was lankal verby, en daar was ook nie nodig vir oortyd werk nie, daardie tyd van die aand is bosvark jag tyd, nie mielie pluk tyd nie, die stroper masjien sal die pluk werk doen. Bly uit die mielie land uit.

PJC ·

Dit lyk vir my of Rollie nie die verskil tussen die sihoĕtte van ń bosvark en ń mens ken nie. Daar was veronderstel om niemand op die plaas te wees nie. Die oortreder het dit baie goed geweet en daarom het hy op die grond gekniel wat hom soos ń bosvark laat lyk het. As die jagter enige opset gehad het om ń mens te skiet sou hy ook nie agterna die polisie gebel het nie.

rollie ·

Wel, die skieter weet beslis nie. Laat mens wonder hoe sekere mense vuurwapenlisensies kry.

Piet ·

Ettienne dis so duidelik soos daglig, maar tog maak sommige mense of hulle dit nie kan insien nie. Ander kan weer kastig nie verstaan watter probleem betreding op plase inhou nie. Mens sal eintlik nie meer kan jag nie want, “jy behoort mos te weet dat daar mense is wat deur jou plaas kortpad vat, wat juis skuil dat jy hulle nie moet sien nie”. Hoe dan nou?

RPD ·

Vinnig vir Rollie opgesom. Dink nie jy besef mooi waaroor bosvark jag gaan, en waarom dit in sulke moeilike omstandighede gejag word nie. Punt is, jy hoord nie op die buurplaas nie. En kortpad deur die mielieland se voet man. Daars rede vir paaie. Verkeerde tyd verkeerde plek. Moet asseblief nie vir my kom se Stefan was op die verkeerde tyd verkeerde plek op sy eie plaas nie.

Anoniem ·

Ek het vir n baie lang ruk saam met hom gewerk. Hy is NIE ‘n persoon wat enige iemand opsetlik iets sal aandoen nie. In teen deel, hy sal altyd help waar hy kan maak nie saak wie of wat jy is nie. Ek glo dit was regtig n vratsongeluk. Bid vir jou Stephan

Daan ·

Ai rollie jy sal dit nie kan regkry om ons ‘n mielie te rollie.

Jannie ·

Rollie jy’t my amper gehad, net toe ek jou iets wou toesnou kom ek agter jy trek die ouens se siele uit.
Goeie humor wat ons soms nodig het.

Oom Kalahari ·

Hierdie Stefan Hepburn, is so onskuldig as kan kom met hierdie frats ongeluk en daar was geen gemene spel of optrede om so ‘n onbewustelike daad uit tevoer nie.
Die boer was op die regte tyd (net na son’s onder) op die regte plek by sy mielie lande en op sy eie plaas om bosvarke te jag wat groot skade aanrig soos bobbejane ook doen. In sulke gevalle waarsku die boer al sy werkers om binnenshuis te wees en wat sy doel is om bosvarke te jag en geen mense lewens in gevaar wil stel nie. Wat was die doel van die oorledene daar en waarom in ‘n hurkende posisie? Wou hy die opstal dophou of het hy dalk homself aan buurman se oeste kom help of wat was sy intensies. Sou hierdie boer hom as mens kon identifiseer sou hy verseker nie geskiet het en liewer die polisie geskakel het asook omliggende bure om hulp soos dit boere tans betaam om hulp oor die radio’s. Hierdie man is heeltemal onskuldig en bosvark jag is baue gevaarlik en moet jy weet hoe. Dit is ‘n jammerlike voorval wat onskuldig plaasgevind het.

Denise ·

Ek dink Rollie kan sy humor druk dit is swak en beledigend Stefan het ondersteuning nodig !!!! Hy was op sy plaas die man het oortree hoekom was hy in die land ???? Ek gan altyd na my bure se voordeur toe en klop as ek na hulle toe gan ek loop nie in hulle tuin rond nie !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.