Nog geen einde in sig vir Franschhoek-brand

Die veldbrand wat sedert Maandagaand in die Kaapse Wynlande woed. (Foto: Kenny Africa)

Die veldbrand wat sedert Maandag in die Kaapse Wynland woed, is teen Woensdagmiddag steeds nie in bedwang gebring nie.

“Die veldbrand is steeds buite beheer en brand in dié stadium af teen die Franschhoekberg,” het Jo-Anne Otto, adjunkdirekteur van kommunikasie by die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, aan Maroela Media gesê.

Volgens Otto word drie helikopters, 21 voertuie en 189 brandbestryders tans ingespan om te verhoed dat die veldbrand na Franschhoek en omliggende plase versprei. Geen plase in die Kaapse Wynland-distrik het tot op hede skade gely weens die brand nie.

“Die huidige doelwit is om te verhoed dat die brand na die vallei versprei.”

Sy vertel dat die besluit om drie helikopters te ontplooi om die brandlyn teen Bohoek te blus wel effens verligting gebring het.

Volgens Otto sal nooddienste probeer om die brand vandag nog te blus. “Dit lyk of dit onder beheer gebring gaan word, maar dit is uiteraard te vroeg om te sê,” sê sy.

Kenny Africa, die Wes-Kaapse verkeershoof, het aan Maroela Media bevestig dat die Franschhoekpas intussen weer oopgestel is nadat dit Maandag weens die veldbrand gesluit was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elbie Naude ·

As ek so kyk na die talle brande wat die afgelope tyd in die Wes Kaap uitgebreek het en duisende hektaar plantegroei, eiendom en selfs ‘n lewe geeis het, kom daar ‘n prentjie in my gedagtes op van ‘n georganiseerde brandstigtery. Iemand wil die Kaap laat brand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.