Die veldbrand wat sedert Maandag in die Kaapse Wynland woed, is teen Woensdagmiddag steeds nie in bedwang gebring nie.
“Die veldbrand is steeds buite beheer en brand in dié stadium af teen die Franschhoekberg,” het Jo-Anne Otto, adjunkdirekteur van kommunikasie by die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, aan Maroela Media gesê.
Volgens Otto word drie helikopters, 21 voertuie en 189 brandbestryders tans ingespan om te verhoed dat die veldbrand na Franschhoek en omliggende plase versprei. Geen plase in die Kaapse Wynland-distrik het tot op hede skade gely weens die brand nie.
“Die huidige doelwit is om te verhoed dat die brand na die vallei versprei.”
Sy vertel dat die besluit om drie helikopters te ontplooi om die brandlyn teen Bohoek te blus wel effens verligting gebring het.
Volgens Otto sal nooddienste probeer om die brand vandag nog te blus. “Dit lyk of dit onder beheer gebring gaan word, maar dit is uiteraard te vroeg om te sê,” sê sy.
Kenny Africa, die Wes-Kaapse verkeershoof, het aan Maroela Media bevestig dat die Franschhoekpas intussen weer oopgestel is nadat dit Maandag weens die veldbrand gesluit was.
…. daar is nog Vick oor. Keep going.
As ek so kyk na die talle brande wat die afgelope tyd in die Wes Kaap uitgebreek het en duisende hektaar plantegroei, eiendom en selfs ‘n lewe geeis het, kom daar ‘n prentjie in my gedagtes op van ‘n georganiseerde brandstigtery. Iemand wil die Kaap laat brand.