Nog geen inhegtenisnemings ná vlaag plaasaanvalle

Joubert Conradie. Foto: Via Facebook

Daar is nog geen verdagtes in hegtenis geneem in verband met enige van die ses aanvalle wat sedert Vrydag op vyf plase en ʼn Gautengse kleinhoewe plaasgevind het nie.

In die jongste aanval is Joubert Conradie vanoggend in die vroeë oggendure dood nadat hy op ʼn plaas in die Klapmuts-omgewing naby Stellenbosch geskiet is. Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het bevestig niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, het gesê daar is ook nog niemand in hegtenis geneem nadat David Streicher (74) Vrydagaand op ʼn plaas in die Balfour-omgewing in sy gesig geskiet is nie.

Maroela Media het vroeër berig Streicher is sonder waarskuwing geskiet toe hy en sy vrou, Lena, omstreeks 18:00 by die huis aangekom het. Lena is deur die aanvallers vasgemaak en gedreig, voordat hulle uiteindelik met die egpaar se bakkie en talle ander huishoudelike items gevlug het. Streicher is na ʼn hospitaal gehaas en word tans in die waakeenheid van die Netcare Unie-hospitaal behandel. Sake van huisroof en poging tot moord word ondersoek.

Kyle Stols. Foto: Facebook

Volgens Sedibe is die aanvallers wat betrokke was by ʼn aanval Sondagaand in die Maartenshoop-omgewing buite Lydenburg ook steeds op vrye voet. Maroela Media het vroeër berig vyf verdagtes het ʼn 41-jarige weduwee, haar negejarige seun, ʼn vriendin, die plaasvoorman en werkers op die plaas oorval. Hulle het later met vermoedelik net ʼn selfoon gevlug nadat skote tydens die aanval afgevuur is. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, het Dinsdag bevestig niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op Kyle Stols (21) wat Sondag op ʼn wildsplaas in die Jagersfontein-omgewing in die provinsie doodgeskiet is nie.

David en Lena Streicher. Foto: Verskaf

Maroela Media het vroeër berig Stols het vermoedelik gaan ondersoek instel nadat ʼn alarm op die plaas afgegaan het toe hy geskiet is. Hy het ʼn skietwond in sy bors en bo sy regteroor in sy kop gehad. Sy vuurwapen is by sy liggaam gevind. ʼn Saak van moord word ondersoek.

Kapt. Rebecca Phatlane, woordvoerder van die polisie in Pretoria-Noord, het Dinsdag gesê die polisie is ook nog steeds op soek na die verdagtes wat Maandagoggend ʼn bejaarde vrou op ʼn kleinhoewe in Onderstepoort oorval en met ʼn skroewedraaier gesteek het. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

Ook in verband met ʼn rooftog Sondagoggend op ʼn plaas tussen Steelpoort en Burgersfort in Limpopo was daar nog geen inhegtenisnemings nie. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn aantal verdagtes het omstreeks 09:30 op die plaashuis toegeslaan en met ʼn Land Cruiser-voertuig en ander items uit die huis op die vlug geslaan. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eish ·

Ses aanvalle, een naweek. Ek sidder elke Maandagoggend, wanneer die naweek se statistieke
te lese kry.

KP ·

Wanneer gaan die polisie die statistieke gee oor inhegtenisnemings en suksesvolle vervolgings van plaas moordenaars. Hierdie terroriste word dalk beskerm deur die ANC Regering.

Nog 'n dag nog 'n moord ·

Daar is so pas nog ‘n man in Kaapmuiden vermoor. Sy naam is Luke von Johnson. Dis oorlog kêrels.

madels ·

KAAPMUIDEN – According to police, a man handed himself over after Luke Von Johnston (65) and John Ntimane were killed.*

Sgt Gerald Sedibe elaborated on events preceding the deaths of Von Johnston and John Ntimane.

A man reportedly arranged to meet them at the gate of Boondock Farms.

When they arrived, they were shot and killed.

Yesterday, Sedibe said that a man had confessed to shooting the men after having been attacked by them.

“A probe to determine the circumstances which led to the killing is underway,” said Sedibe.

Anthon de Kock ·

Die ANV regering is die top van die terroriste in ons land….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.