“Nog geen kernkrag-kontrak nie”

Suid-Afrika se Koeberg-kernkragstasie

Suid-Afrika se Koeberg-kernkragstasie

Die Suid-Afrikaanse regering het Dinsdag ontken dat hy ʼn kernkrag-kontrak ter waarde van $50 miljard aan Rusland toegeken het, en gesê die lande het slegs ʼn samewerkingsooreenkoms onderteken.

Rosatom, Rusland se kernkragprodusent, het aangekondig dat hy ʼn groot kontrak ontvang het om kernkrag in Suid-Afrika te ontwikkel. Dit het tot bewerings gelei dat die Suid-Afrikaanse regering tenderprosedures omseil het.

Tina Joemat-Pettersson, Suid-Afrika se minister van energie, het gesê die ooreenkoms met Rusland “is die begin van die tenderfase” van die projek en ander lande sal ook die geleentheid gegun word om hul aanbiedings te maak. “Soortgelyke ooreenkomste sal met ander lande aangegaan word wat aangedui het hulle wil Suid-Afrika in dié program ondersteun,” het sy gesê.

Joemat-Pettersson het gesê ʼn afvaardiging sal binnekort besoek aflê aan Frankryk.

Die DA het ná Rosatom se aankondiging geëis dat die parlement ondersoek sal instel oor die beweerde ooreenkoms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Waarom het Rusland dan alreeds n aankondiging gemaak wat deur ons Regering as voortydig afgemaak is . Tina dink jy werklik dat ons so onnosel is om jou te glo . Jy het mos ook n rekord van wanbestuur uit jou vorige posisie.

Net Ekke ·

Vir die hoeveelste keer ontken die ANC dat hulle iets gese het. Dit word afgemaak as ‘n “misinterpretasie” van wat hulle regtig gese het, net sodat ons later moet uitvind hulle het alles wel gese en bedoel. Jammer, maar ek glo lankal nie meer enigiets wat deur enigiemand in die regering gese word nie.

Grassie ·

Iewers lieg iemand, en ek glo nie dit is die Russe nie. Miskien het daar al ‘n paar geskenkies van hande verwissel. “Tenderprosedures” het nog nooit in die regering se pad gestaan nie, waarom sal dit nou. Ek wonder nou wat het Zoempas onlangs vir ‘n week in Rusland gaan maak – gaan oes?

alet ·

Zuma het seker n voorskot gaan vra om sy skuld van sy kraal af te betaal in ruil vir kernkrag en n goue handdruk uit gedeel

Johan Smit ·

Hulle lieg! HKGK! Zuma was nie verniet voortydig in Rusland nie. Hier GAAN geskep word. Vir seker weer ‘n paar kits miljoenêrs en van die groepie bevoorregtes in beheer wat veel ryker hier gaan uit stap. Hoekom is die beriggewing so naïef. Die bedrae wat hier genoem word gaan vir seker die wapenskandaal na ‘n vulletjie laat lyk. Ai! En om te dink dit word met ons as publiek se geld gedoen. As jy vir die groepering gestem het is dit seker goed om die petalje te sien gebeur. Jy het dan die regmerkie gegee vir die vergrype. Dit krap vir my vir seker erg om.

andries ·

weet die lot wat is kernkrag want as hul nie dit reg hanteer nie is daar groot ##&$ en dit kan lewens kos kyk hoe gaan dit in die parlament ??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.