Nog geen klag oor vermeende ontvoering

missing childrenNiemand het nog ʼn klag by die polisie gelê in verband met die vermeende ontvoering van ʼn 13-jarige dogter in Tuine, Pretoria nie.

ʼn SMS het gister die ronde gedoen op die gemeenskapspolisiëringforum dat ʼn 13-jarige blonde meisie in Tuine ontvoer is.

Kaptein Louise Steynberg, woordvoerder van die Pretoria-Sentraal-polisie, het Saterdag aan Maroela Media bevestig daar is nog geen klag gelê by die polisie oor ʼn ontvoering nie en geen 13-jarige is nog as vermis aangemeld by die polisie nie.

Boonop het die SMSe teenstrydige inligting bevat oor die motor wat glo tydens die vermeende ontvoering gebruik is. Een SMS het aangedui dit is ʼn silwer Opel Astra met ʼn wit kattebak en geel plakkers op die kattebak. Dié motor het glo ʼn Mpumalanga-registrasienommer.

ʼn Ander SMS het aangedui dit is ʼn silwer Opel Corsa met geel strepe, maar dié motor het glo geen nommerplate nie.

Een van die SMSe het aangevoer die kind is in die kattebak gedruk en die persone wat haar ontvoer het, is gewapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wilna ·

Dis sleg, want baie mense wil help om die kind veilig terug te kry, maar inligting is beperk & na wie soek jy sonder ‘n beskrywing of foto? Hoop nie dis te laat wanneer iemand wel eendag die nodige inligting deurgee!

Wilna ·

Dis sleg, want baie mense wil help om die kind veilig terug te kry, maar inligting is beperk & na wie soek jy sonder ‘n beskrywing of foto? Hoop nie dis te laat wanneer iemand wel eendag die nodige inligting deurgee!

bets ·

Dit klink vir my na ‘n klomp bollie, maar ek hoop sy is veilig

sharleen ·

Weet jy dit maak geensins sin nie ek en my man is gistraand op die pad tot na 12 en die fyt dat niemand niks nog angemeld het by die polisie nie maak nie sin nie wie het gesien dat die kind ontvoer is as die kind we’ll ontvoer is is die ouers maar bietjie agter die tyd ek weet nie wat om te dink nie maar as dit we’ll die geval is hoop ek van harte dat die kind ok is

Elana ·

Dit is n grys corsa en nr plate is toe geplak. Hy het Donderdag middag oorkant Tuine Laerskool gestaan en fotos van di kinders neem. My dogtertjie en haar maatjie was onder andere van fotos. Skool het sms’e uitgestuur na ouers om kids dadelik te kom haal. Ek hoop hulle vang di siek wetter en hy/hulle word GOED gestraf. Dit maak mens siek!!!!

Renee de Bruin ·

Inverband met ontvoerde kind silver opel Astra met MP registrasie nr voor wit bumper agter swart bumper en waar nr plaat is is geel reflecting tape en die feit dat Geen ouers al gaan kla het nie waars die ouers is daar ooit so n kind of is dit omdat daar Maandag n kind ontvoer was en by Mahem afgelaai en dat dit net n verspreiding is om ouers en kinders se oe moet oopgaan

teresa lotter ·

Ek wil net vir die mense wat die bc van die ontvoering se …………………. Ons land is klaar in so gemors. Ons vrees vir ons kinders en ons lewens. Ons gebruik bbm bc on mekaar te ondersteun en andere te help en het al so baie kinders gekry wat weg was. So vat jou siek grap en ……….xcxcdf. As jy so baie tyd het om k…….. Uit te dink. Laat weet want ek het baie werk vir ledige hande

neville ·

Is dit mense se mening van n siek grap? As hul net besef hulle mors n mens se tyd en stel lewens in gevaar. Die feit dat daar geen saak aangemeld is laat my wonder, maar ek bid dat indien dit so is, sy veilig is. En indien dit nie waar is die Here sulke mense se oe sal oopmaak teenoor wat hul doen. Want dis sulke goed wat mense laat ontrek om te help!!

Sanet ·

Hoe weet jy jou kind is afgeneem by d skool?19:00 is ook al donker hoe kan mens in d donker sien presies hoe als lyk in detail?As d koerante en self v d radio stasies saai dit nie eers uit nie.So hierdie is n groot glug wat deur d ronte gaan en wie laat toe dat jou kind daardie tyd v d aand rond loop.?

Dink n bietjie hoe sou plakkate opgewees het as dit gebeur het,Dink aan daardie tyd toe daardie kind vermoor is en wanneer n kind weg raak was dit in elke koerant en op nuus en nou is daar niks nie.

Sanet ·

Hoe weet jy jou kind is afgeneem by d skool?19:00 is ook al donker hoe kan mens in d donker sien presies hoe als lyk in detail?As d koerante en self v d radio stasies saai dit nie eers uit nie.So hierdie is n groot glug wat deur d ronte gaan en wie laat toe dat jou kind daardie tyd v d aand rond loop.?

Dink n bietjie hoe sou plakkate opgewees het as dit gebeur het,Dink aan daardie tyd toe daardie kind vermoor is en wanneer n kind weg raak was dit in elke koerant en op nuus en nou is daar niks nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.