Nog geen naam vir onbekende liggaam in see

Kampsbaai (Foto: Max Lipa/Pixabay)

Die polisie in Kampsbaai versoek die publiek se hulp om die liggaam van ʼn onbekende man uit te ken.

Lede van die publiek het op 14 Mei 2022 op die liggaam van ʼn onbekende man in die see afgekom, sê ao. Joseph Swartbooi, woordvoerder van die polisie. “Kampsbaai-polisie is na die toneel ontbied en het die Nasionale Seereddingsinstituut se hulp gevra om die liggaam uit die see te haal.”

Die man is op die toneel dood verklaar deur paramedici. Pogings om die man se familie op te spoor was tevergeefs.

“Enigiemand wat al ʼn geruime tyd hul familielid vermis en nie weet waar die persoon hom bevind nie, word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Jerome Mathews, te kontak by 081 432 6150 of skakel Crime Stop by 08600 10111.”

Geen verdere inligting oor die liggaam is bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pietertjie ·

Dit klink vir my na ‘n onwettige immigrant. Daar kan miljoene van hulle in Suid Afrika wees, want die regering is totaal onbeholpe.

Anel ·

Wat van kleredrag, beskrywing, ras, ouderdom, uitkenningsmerke, soos tatoeeermerke, sny merke en ander. Hoe kan daar nie ‘n beskrywing wees nie?

Blom ·

Anel, dit hang af van hoe lank die persoon in die water was. As dit ‘n paar uur was is dit ‘n ander storie, maar as dit ‘n paar dae was sal daar min of geen klere, merke ens. oor wees nie. Die see is vol aasdiere.

Delia ·

Kan dit nie help om te meld of hy wit, swart of bruin is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.