Nog geen oplossing vir Amcu-staking

Joseph Mathunjwa, president van Amcu tydens onderhandelinge by die KVBA Foto: Meggan Saville/SAPA

Joseph Mathunjwa, president van Amcu tydens onderhandelinge by die KVBA Foto: Meggan Saville/SAPA

Platinumvervaardigers en die vakbond Amcu sal Donderdag weer onderhandelinge agter geslote deure hervat in ʼn poging om die staking, wat al drie maande lank duur, op te los.

Die vergadering tussen die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) en die werkgewers sal by ʼn onbekende plek in Johannesburg plaasvind ná ʼn nuwe loonaanbod deur Anglo American Platinum (Amplats) en Impala Platinum (Implats) gemaak is.

Charmane Russell, woordvoerder van die Kamer van Mynwese, het Woensdag gesê ʼn finale aanbod is nog nie gemaak nie en onderhandelinge duur voort.

Deur die voorgestelde loonaanbod sal die minimum kontantbetaling (insluitend basiese loon en vakansie-, lewens- en ander toelatings) vir intreevlak ondergrondse werkers teen Julie 2017 op R12 500 per maand (R150 000 per jaar) te staan kom. Die kontantverhoging vir die werknemers styg algemeen tussen 7.5% en 10% vir alle vlakke werknemers, met toepaslike toelating vir verhogings volgens inflasie.

Die koste vir die maatskappy vir die laagste betaalde ondergrondse werknemer sal in Julie 2017 gevolglik meer as R17 500 per maand beloop. Dit sluit salaris, mediese-, aftrede-, oortyd- en bonusvoorsiening in.

Amcu-lede staak sedert 23 Januarie en dring aan op ʼn basiese intreevlaksalaris van R12 500 per maand. Amcu het die werkgewers se vorige loonaanbod van 9% verwerp.

Die staking het al tot ʼn verlies van R6 miljard in salarisse en R14 miljard in maatskappy-inkomste gelei, aldus die Kamer van Mynwese se webwerf. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sumo ·

Hoe oorleef die spul wat al 3 maande staak ? Het hulle dan geen afhanklikes nie ? Is hulle nie bekommerd dat hulle uiteindelik in die pad gesteek sal word nie ?

Nee wat, stel werklose Blankes aan wat baie graag WIL werk ten einde hul gesinne te kan onderhou, voed en versorg.

alet ·

Ek. Stem saam die grootste probleem is die vakbonde dis hulle wat meer geld wil he nie die werkers .As hulle dood gaan van hongerte sal dit weer aparteit se skuld wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.