Nog geen rede vir jaagtog waarin polisieman sterf

Die polisiemotor se wrak. Foto: Via Arrive Alive.

Die polisiemotor se wrak. Foto: Via Arrive Alive.

Die KwaZulu-Natalse polisie het Saterdag gesê dit is nog nie bekend wat tot die hoëspoed-botsing in Westville gelei het waarin ʼn polisiebeampte gesterf het nie.

ʼn Polisiebeampte (45), vermoedelik verbonde aan die Kwamashu-polisie, is Vrydag omstreeks 16:00 op die M19-snelweg dood nadat hy teen ʼn hoë spoed in die agterkant van ʼn stilstaande padinstandhoudingsvoertuig vasgery het. Hy was alleen in ʼn amptelike polisiemotor.

Paramedici van Crisis Medical het die beampte op die toneel dood verklaar.

Lt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die Westville-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. “Die oorsaak van die ongeluk en omstandighede daarom word nog ondersoek,” het Gwala gesê. Gwala het nie op vrae reageer of die beampte moontlik misdadigers gejaag het nie.

Die beampte se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

jakes ·

Belaglik! Lid se stasie moes tog radioverbinding met hom gehad het, of was lid wat radio beheer nie op pos? Enige jaagtog moet tog geradio word na bevelspos, of opereer almal afsonderlik sonder kommunikasie. Iemand lig ons in aangaande prosedure asseblief.

André ·

Jakes. Alle Polisie voertuie moet gemerk word. Of dit nou ‘n operasionele voertuig is en of dit van ‘n administratiewe ondersteunings kantoor is. As jy mooi na die foto kyk sal jy sien dat die voertuig geen blou ligte of Polisie radio antena op het nie. Mys insiens is dit soos ons dit noem ‘n “Support” voertuig. En ja…..alle jaag togte moet aan die beheerkamer gerapporteer het.
Voor julle te vinnig is opinies oor die Polisie uit te spreek en onsmaakvolle aanmerkings te maak oor ‘n persoon wat sy lewe verloor het, dink bietjie 2 keer voor julle dit verbaliseer.

M ·

Hulle sit mos en slaap wanneer dit werk tyd is. Ek bly 7km v d stasie af en di 2kere wat ek al daar was is daar net 1 persoon wat gelyk het asof hy dalk kn werk. Hulle weet self ni eers wat prosedure is ni.

johan ·

Daar sal geen rede gevind word nie. Van hulle jaag so want hulle dink hulle is bo wet en God verhewe.

Willie ·

Ai mense… ‘n Persoon is dood. Ons weet nie wat gebeur het nie. Sommige van hierdie kommentaar is darem regtig onvanpas en onnodig. My meegevoel gaan uit na die familie.

Kwaaitjie ·

N 16 ure skof? Dalk te veel spanning? Baie baie dinge kan lei tot so insident! Dit n bose wereld en alledaags maak mense planne om reg in eie hande te neem. Kan net vra dat ons Hemelse Vader met die sal wees wat agter bly.

André ·

Ek sal my kom in skaamte laat sak as ek die soort kommentaar op media plaas soos van die deelmemers. Dis iemand wat sy lewe verloor het. Hierdie iemand het heelwaarskynlik kinders en ‘n vrou wat agtergelaat is.
En dan noem ons onself “trots Afrikaners” en ons sit sondae in die kerk. Ek hoop nie dat julle julself eendag is sulke omstandighede sal bevind en mense dieselfde snert kwyt raak nie.
Gaan doen innerlike selfondersoek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.