Nóg geen saak ná skietongeluk op Springbok se plaas

Johan Goosen en Armandt Stoman. Foto: Via Facebook.

Johan Goosen en Armandt Stoman. Foto: Via Facebook.

Geen amptelike saak is sover teen die veelsydige Springbok-agterspeler, Johan Goosen (24), aanhangig gemaak nadat hy glo verlede week ʼn vriend van hom per ongeluk op sy Oos-Kaapse plaas met ʼn jaggeweer raakgeskiet het nie.

Brig. Miranda Mills, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die polisie kon nog nie ʼn verklaring van Goosen se vriend, Armandt Stoman (25), afneem sedert die voorval verlede Dinsdag omstreeks 11:00 op die plaas naby Aliwal-Noord nie.

Stoman is ná die voorval na ʼn hospitaal in Bloemfontein gehaas en moes intussen operasies ondergaan. “Die man is nou oorgeplaas na ʼn hospitaal in Pretoria en gebruik sterk medikasie vir pyn. Sy verklaring is nog nie afgeneem nie,” het Mills gesê.

Mills het gesê hoewel geen saak amptelik aanhangig gemaak is nie, ondersoek die polisie steeds die aangeleentheid.

“Sodra al die nodige verklarings afgeneem is, sal besluit word watter soort saak aanhangig gemaak gaan word,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat Goosen steeds berading ontvang en dat sy prokureurs met die polisie in verbinding is en hul volle samewerking gee.

Maroela Media het vroeër berig dit lyk asof Goosen Stoman per ongeluk in die enkel geskiet het. Die polisie weet egter nog nie wat presies gebeur het nie en dit vorm deel van die ondersoek. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Spook ·

Van al die belangrike stories in ons land sal juis die een mos nou n opvolg verslag kry

PMB ·

Spook ek stem saam jou. Hierdie saak gaan weer hol rug gery word deur al die parasiete. Plaas fokus hulle op nuuswaardige sake en nie op mense se hartseer nie.

Faf ·

Ek waardeer die opvolg en al die ander nuus wat maro3la gee. Doe so voort en hou op moan.

Alida ·

Dit was mos n ongeluk. Hulle het self so gese. Wat se saak?

Cherokee ·

Ten minste roekelose en nalatige hantering van ‘n vuurwapen. Sy vuurwapenlisensie(s) sal bes moontlik daardeur geraak word.

Ella ·

As dit nou sy meisie of vrou was wat hy ‘perongeluk’ geskiet het, was dit nou groot stories en was hy aangekla van moord!

Gerhard du Toit ·

Die kommentaar dat die polisie nog nie ‘n verklaring van Armandt Stoman gekry het nie wek tog agterdog?

Justice ·

‘n Groot kaliber geweer gelaai met ‘n dum dum jag patroon vergruis ‘n enkel. Die pyn moet ontdraaglik wees. My innige simpatie met Armandt. Huidiglik kan ons net hoop en bid dat hy nie sy voet gaan verloor nie. Sterkte en vasbyt.

Matmiet ·

Dit was n ongeluk en almal is ok. Hoekom worry of daar n saak is.

Cacophony ·

Jip die man se enkel is af so hoekom worry. Is dit omdat die skieter groen ej goud is dat julle so gretig is dat hy nie vervolg mag word nie en dat oogklappe op.moet wees? As dit Pietie Paashaas was wat sy vriend geskiet het sou almal up in arms gewees het omdat polisie nog niks gedoen het nie

Johann cb ·

Verskoning, dit moet lees “om watter rede móét daar ‘n saak wees!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.