Nog geen skool vir Vuwani-leerlinge

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Hoewel mobiele klaskamers reeds in Vuwani, Limpopo afgelewer is, het onderrig by skole in die gebied nog nie hervat sedert dit einde April deur gewelddadige betogings ontwrig is nie.

Naledzani Rasila, woordvoerder van die Limpopo departement van onderwys, het gesê die departement is steeds besig met die verkryging van meubels en skryfbehoeftes vir die meer as 20 skole wat gedurende die betogings afgebrand is. Volgens Rasila is die aankoop van die meubels reeds afgehandel en word net vir aflewering gewag.

“Ons het reeds van die mobiele klaskamers ontvang. Vragmotors het gister tot laataand die klaskamers afgelaai,” het Rasila gesê. Hy het gesê 74 mobiele klaskamers sal deur die loop van die week afgelewer word om sowat 60 000 skoliere te akkommodeer terwyl hul skole wat deur betogers verwoes is, herbou word.

Volgens Rasila is beplan om onderrig Maandag te hervat, maar skoliere is weer huis toe gestuur, aangesien meubels en kos vir die klaskamers nog nie beskikbaar was nie. Nog ʼn faktor wat die hervatting van klasse vertraag, is inwoners van die gebied wat skoliere en onderwysers steeds intimideer.

Die situasie in Vuwani is vandeesweek tot dusver kalm, maar onlustepolisie is deurentyd in die gebied om die situasie te monitor. Die vragmotors wat die mobiele klaskamers aflewer, word ook deur polisiebeamptes vergesel. David Mahlobo, die minister van staatsekuriteit, het die gemeenskap gewaarsku om op te hou om skoliere te intimideer en het gesê alle oortreders sal aan die pen ry.

Onrus in die gebied het einde April begin nadat die hooggeregshof inwoners se aansoek, om steeds onder die Makhado-munisipaliteit te val, van die hand gewys het. Die inwoners het die hof genader om die besluit van die Munisipale Afbakeningsraad (MDB), dat hulle voortaan by die nuwe Malamulele-munisipaliteit ingesluit sal word, op te hef.

Ten minste 20 skole is heeltemal afgebrand, terwyl nog ʼn paar deur die betogers beskadig is. Ongeveer 60 ander skole moes ook sluit weens die geweld in die area.

Lees alle vorige berigte oor die betogings in Vuwani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nico ·

Hoekom nog goed gee om af te brand? Ek kan nie dit verstaan nie.

Lou ·

Mobiele klaskamers is gewoonlik bietjie knap omdat dit mobiel moet wees. Nou is daar 60 000 leerlinge vir 74 klaskamers – amper 1000 per klas – Tight fit.

m ·

Ag nee wat hoekom moeite doen met alles, laat hulle lekker rustig onder die bome (dis nou as daar ooit is want hierdie mense plant nie bome nie) skoolgaan. Hulle sal ma op die harde manier leer.

Snuffels ·

Ek het geen simpatie nie, hulle wil alles verniet kry, en vernietig die geboue ens.
Mnr Zuma moet maar voorsien, en nie weer ons belasting betalers se koffers nader trek nie

Joann ·

Nou hoekom dit doen? Nou moet die apartheids boere weer betaal. Laat hulle buite sit hul wil mos brand of laat hul prez vir hul verblyf gee.

SNEL ·

Los die klaskamers en stuur eerder uitnodigings aan al die leerders om hul boeke te bring en gooi n party met n groot vuur dat hul die boeke ook kan verbrand.

KP ·

Nuwe klaskamers om aan die brand gesteek te word. Lekker man lekker.

Theresa B ·

Geen simpatie. Ek sal NIKS vir hulle gee nie. Hulle het gehad. Dit self vernietig. Nou kan hulle daar sonder bly. PUNT!!

pieter ·

MAAR MINISTER HET JULLE NIE DIE KINDERS OP DIE TV BELOWE MAANDAG SAL HULLE SKOLE REG WEES NIE.OF WORD LIEG NOU DIE LEUSE VAN DIE ANC.JULLE SKANDES GAAN JULLE ONDERGANG BETEKEN.

alida ·

Hoekom nou begaan wees oor skoolgaan? As hy 18 is gaan hy Universiteit toe want die regering betaal alles tot sakgeld ook. As hy klaar sy graad gekry het (met ‘n gekonkel) kry hy ‘n wonderlike werk met baie voordele en dalkies word hy sommer ‘n minister ook. Dit is mos hoe dit werk in SA of hoe? Hoe anders het ons dan ‘n president met st 3 gekry? Die wat wel geleer het en regte grade gekry het moet oorsee gaan bly en werk. Wat verwag julle?

Asjas ·

Meubels en KOS! Man dis lekker, my kinders moet maar self inpak vir skool.

Scalla ·

Gee absoluut geen middels, you kill him, you cook them, laat hulself dit uitsorteer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.