Nog geen spoor van vermiste Kaapse man

Gideon Stephanus Perold

Gideon Stephanus Perold

Die gemeenskap en polisie het die naweek hande gevat in die soektog na Gideon Stephanus Perold, ʼn 59-jarige bankier van Durbanville in Kaapstad wat sedert 11 Junie vermis word.

“Talle gemeenskapslede en polisiebeamptes sowel as die polisie se honde-eenheid het Saterdag die Majik-woud deursoek na enige tekens van Perold,” het Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, Maandag aan Maroela Media gesê.

“Die woud is baie groot, en word stuk-stuk deursoek,” het sy gesê. Maroela Media het vroeër berig dat Perold het glo alleen gewoon het en die laaste keer deur sy buurman gesien is.

Sy broer het ʼn saak van ‘n vermiste persoon by die polisie aanhangig gemaak nadat Perold se voertuig verlate naby die woud aangetref is. Sy voertuig, ʼn Toyota Corolla, is op die hoek van Jip de Jager-weg en Van Riebeeckshof-weg gevind.

Rechner het die publiek versoek om pamflette met inligting oor Perold se verdwyning op sosiale media te versprei, in die hoop dat iemand hom sal herken.

Mense met inligting oor waar Perold hom moontlik bevind, kan sers. Gerber by 021 970 3809 of 083 256 8708, of die Pink Ladies by 072 214 7439 skakel.

 

Perold se voertuig is verlate op die hoek van Jip de Jagerweg en Van Riebeeckshofweg by die Majik-woud gevind. Foto: Google Earth

Perold se voertuig is verlate op die hoek van Jip de Jager-weg en Van Riebeeckshof-weg by die Majik-woud gevind. Foto: Google Earth

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.