Nog geen teken van ontvoerde kinders

Die vier kinders wat ontvoer is. [Foto: Verskaf]

Teen Vrydagoggend was daar nog geen teken van die vier broers van Polokwane, Limpopo, wat Woensdagoggend op pad skool toe ontvoer is nie.

Zia (15), Alaan (13), Zayyad (11) en Zidan (6) Moti was Woensdag omstreeks 07:00 van hul huis in Nirvana op pad na die Curro Heuwelkruin- private skool, toe hul motor gekaap en hulle ontvoer is.

Philip Smit, die woordvoerder van die familie, en brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat daar nog geen inligting oor die kinders se ligging is nie. Daar is steeds nog geen losprys vir die kinders geëis nie.

Leerders van Curro Heuwelkruin het Donderdag op die sportveld byeengekom en vir die Moti-broers gebid (Foto: Curro Heuwelkruin, Facebook)

Leerders van Curro Heuwelkruin het Donderdag op die sportveld byeengekom en vir die Moti-broers gebid.

Maroela Media het vroeër berig die BMW waarin die seuns was, is deur ’n silwer Kia Sorento en ’n swart Mercedes‑Benz van die pad af gedruk. Volgens die 64-jarige bestuurder van die BMW het daar na bewering sewe mans, almal in wit oorpakke geklee, uit die voertuie geklim en skote op die BMW afgevuur.

Die vier seuns is toe uit die BMW by die Mercedes ingedwing en die bestuurder is agtergelaat.

Die seuns se ouers, Naazim en Shakira Moti, is gesiene sakelui in Polokwane. Naazim is die eienaar van Auto Moti, ’n motorhandelaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

FM ·

Rêrig!!!!!!

‘n Spesiale taakspan wat kán!!!!!!!

Kan nie eens my voorstel wat die kinders ervaar nie.

Toe, ruk Suid-Afrika REG

Misky ·

My hart gaan uit na hierdie ouers en kan myself nie indink waardeur hulle moet gaan nie.

Ek bid in Jesus naam dat die seuns veilig is en Hy Sy hand oor hulle hou. Ek bid ook dat die Here in die harte van die ontvoerders sal werk en hulle tot ander insigte kom en die seuns net ongedeerd sal vrylaat. Amen.

Antoinette ·

Daar gaan baie dinge deur my kop. Bo en behalwe die motorbesigheid is die pa skynbaar ook ‘m eiendomsmagnaat. Motorverkope en eiendomstransaksies het nie noodwendig altyd positiewe konnotasies nie.
Dalk is daar mense wat groot skade gely het en hierdie ‘n manier om die pa te slaan waar dit die seerste maak. As dit so is is dit verskriklik want die arme kinders het mos geen skuld aan dinge wat volwassenes aanvang nie.
Ek hoop en bid 24 uur dat die kinders ongedeerd terug gevind salword maar hulle sal baie insentiewe terapie moet ontvang. Solank hulle net veilig is. As dit een van my kinders of kleinkinders moes wees sal ek dit totaal verloor.

Anton J ·

Ek hoop en bid dat daar inligting is wat kan lei na die kinders en dat hulle ongedeur sal wees. Baie sterkte

Keelvol ·

Kan ons n bietjie n meer nuus kry oor die seun van Brakpan wat vermis is asseblief?

Anton J ·

Terwyl ek ook hierdie ontstellende nuus lees met die hoop op sukses om hulle te vind saam met gebede daarby, wil ek hoor of Maroela al enige terugvoering van die seun van Brakpan wat vermis is.

Herpiet ·

Dit kommer my net dat die ontvoerders nog nie met eise gekom het nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.