Nog geen teken van tiener wat in Mosambiek verdwyn

Muller Steyn (Foto: Facebook)

Daar was teen Woensdag nog geen teken van Muller Steyn (17) wat tydens ʼn vakansie saam met sy gesin in die see in Mosambiek verdwyn het nie.

Muller en sy 16-jarige nefie het Sondag by die see in Quinjata, Inhambane gaan swem toe die twee tieners in ʼn systroom beland het. Die nefie kon met die golwe weer terugswem strand toe, maar Muller het in die water verdwyn.

Muller is saam met sy pa Arno, ma Nanette en sussie Kayla in Mosambiek.

Cindy Fouche, ʼn vriendin van die familie, het op Facebook gesê ʼn helikopter, bote, jetski’s, hommeltuie en sweeftuie is ingespan om met die soektog te help. Alle pogings om Muller op te spoor, was egter tot dusver tevergeefs.

Muller is vanjaar in matriek by die Hoër Tegniese Skool Middelburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.