Nog geen teken van vermiste skaakafrigter

vermis Stan Davies

Stan Davies (Foto: Facebook)

Stan Davies (30), ʼn skaakafrigter van Johannesburg, word steeds vermis nadat hy in Desember verdwyn het.

Laura Irving, Davies se vriendin, het Donderdag aan Maroela Media gesê hulle het nog niks van Stan gehoor nie. “Sy bankrekening is gesluit en hy lees nie sy e-posse nie,” het sy gesê. Sy selfoon is ook afgeskakel. Irving het bygevoeg daar is ook nog geen inligting van die polisie nie. “Hulle bel soms en vra vreemde vrae, soos of ons Stan se nuwe telefoonnommer het, of waar hy hom bevind.”

Maroela Media het in Desember berig Stan het spoorloos verdwyn kort nadat hy vir Irving ʼn boodskap gestuur het om te sê hy vermoed hy word agtervolg. Hy met die Gautrain van Rosebank na Hatfield gery om by die Universiteit van Pretoria te gaan navraag doen oor moontlike verdere studies. Sy foon se battery was egter pap en Irving het versoek dat hy haar sal laat weet sodra hy veilig by die universiteit is. “Dit was die laaste keer wat ek van hom gehoor het. Ons weet nie of hy met iemand spesifiek daar ʼn afspraak gehad het en of hy ooit daar uitgekom het nie,” het sy toe gesê.

Stan was vyf jaar gelede ʼn onderwysstudent en wou uitvind hoe hy te werk moet gaan om verder te studeer. Sy familie, wat in die Kaap woon, het glo ook nog niks van hom gehoor nie.

Jason Stanleigh (Stan) Davies het kort, bruin hare en ligte groen oë en is ongeveer 1.7 m lank. Enigiemand met inligting kan die polisie skakel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gerald van der merwe ·

Ek glo nie mense sal glo wat dit Maroela Media kos om die nuus wat hulle daaglik aanbied gratis te ontvang nie. Wat kos n koerant jou per dag > 360 x10 =R3600 per jaar wat jy spaar.
Die nuus word op jou PC afgelewer. Dankie Maroela Media vir julle daaglikse betroubare op -offering. Gerald

Boesman ·

Dis mos nou logies. As sy rekening gesluit is, het hy mos nou besluit om weg te loop.

Paul ·

Sjoe, ek is maar bly jy is nie die speurder wat sake van vermiste persone moet ondersoek nie!

ladybug ·

Ek het gedink oor die saak … ek kry die indruk hierdie man, wou verdwyn. Misdadigers sal net die bankrekening leeg maak nie sluit ook nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.