Nog geen teken van vermiste tiener op Vaaldam

Vaaldam-damwal (11 Januarie 2017) (Foto: Karen Sandison/African News Agency/ANA)

ʼn Soektog duur voort na ʼn 19-jarige van Johannesburg wat Vrydagaand omstreeks 23:00 as vermis aangemeld is nadat hy op die Vaaldam in Gauteng gaan roei het.

Maroela Media het vroeër berig die jong man het Vrydagaand omstreeks 19:00 op die Vaaldam in die omgewing van Oranjeville gaan roei, maar het nie teruggekeer nie.

Jake Manten, stasiebevelvoerder van die NSRI Vaaldam, het Sondag gesê die NSRI, polisieduikers, die honde-eenheid en reddingspanne het op die dam en op die kuslyn gesoek, maar daar is nog steeds geen teken van hom nie.

“Ons dink aan sy familie en vriende in hierdie moeilike tyd,” het Manten bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie ·

Hulle meld niks daarvan of hulle sy kano/boot gekry het nie?!

Wens ·

Sy canoe is gevind in die water, naby die dam waal. N paar meter van die kamp plek af. Nog geen teken

Adelaide Fraser ·

Oranjeville se waters is baie bedrieglik daar was baie verdrinkikngs daar en lyke is ver van waar hulle vermis is gekry baie onderwater strome wat mense weg dryf

Mari ·

Ons dink aan sy familie en hoop dat hy gevind sal word. Ek het ook kinders daai ouderdom en dit breek my hart in stukken om te dink hoe sy ouers en vriende moet voel. ????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.