Nog geen teken van vermiste visserman

Argieffoto: NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het berig daar is steeds geen teken van ʼn visserman wat vermis is sedert sy kanoe Saterdagaand by Soetwater naby Kommetjie in Kaapstad omgeslaan het nie.

Ian Klopper, die stasiebevelvoerder van die NSRI by Kommetjie, het gesê hulle is net ná 10:00 Sondag in kennis gestel van die voorval danksy inligting deur die polisie dat ʼn man saam met ʼn 22-jarige vriend gedurende die nag visgevang en hul kanoe omgeslaan het.

Die 22-jarige het nie weer aan land gekom nie en is na verwagting vermis iewers in die see by Soetwater.

Verskeie NSRI-bote, duikers, die brandweer, provinsiale nooddienste, die polisie en ʼn helikopter is na die toneel ontplooi.

ʼn Omvattende soektog in die lug, langs die kus en in die water is uitgevoer, maar geen teken van die vermiste man is gewaar nie.

Die polisie ondersoek tans die saak en hul soek-en-reddingspan sal volgens Kloppers die soektog oorneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennie ·

Is iemand regtig so verantwoordelik om in die see te gaan met ‘n kano sonder die nodige reddings baadjie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.