Nog geen uitslag ná Puk sterf

Nicola Badenhorst (Foto: Facebook)

Nicola Badenhorst (Foto: Facebook)

Die Noordwes-Universiteit het Maandag in ʼn verklaring bevestig daar is nog geen sekerheid dat ʼn student, Nicola Badenhorst, wel aan breinvliesontsteking oorlede is nie.

Maroela Media het vroeër berig Badenhorst is Sondagoggend oorlede. Prof. Fika Janse van Rensburg, rektor, het in ʼn verklaring gesê sy het Saterdagmiddag siek geraak. “Ons kampus-gesondheidsorgsentrum, onder leiding van die kampusdokter, was onmiddellik betrokke. Sy is in die hospitaal opgeneem, maar is vroeg Sondagoggend oorlede.”

Badenhorst was in Vergeet-My-Nie-dameskoshuis.

“Ons het volle begrip dat mense bekommerd en onrustig is ná die afsterwe, aangesien van die simptome wat sy gehad het, soortgelyk is aan dié van meningitis,” het die universiteit in die verklaring gesê. “Daar is nog geen sekerheid dat sy wel dié siekte onder lede gehad het nie. Dit sal eers bevestig word sodra die uitslae van mediese toetse ontvang is. Ons wys ook daarop dat meningitis ʼn oordraagbare siekte is en dat nog geen ander bevestigde gevalle van meningitis in Potchefstroom aangemeld is nie.”

Dr Emile Kotzé van die Gesondheidsorgsentrum het gesê te veel ander siektes het ook dieselfde simptome as meningitis en daarom moet mense versigtig wees om sonder meer aan te neem dat dit meningitis was.

Die Potchefstroom-kampus van die universiteit het reeds meer as 1 000 studente aan die begin ingeënt en ʼn verdere 600 inentings is reeds bestel wat van Dinsdag beskikbaar sal wees.

Janse van Rensburg doen ook ʼn beroep op die studentegemeenskap om tydens hierdie moeilike omstandighede kalm te bly. “Die universiteitsgemeenskap sal op hoogte gehou word van enige verwikkelinge,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ben Prinsloo ·

So n pragtige kind se lewe so gou kortgeknip. Alle simpatie en sterkte aan haar ouers, familie en vriende.

Gazelle Ruck ·

Ai Juffrou Daleen, so so jammer om te hoor van Nicola. Ek het nie woorde nie. Baie baie lief vir Juffrou. Sterkte.

Gesiggie ·

Waarlik n pragtigge mens…so jammer dat haar lewe moes eindig… Aan al die Familie, vriende sterkte , mag God jul dra deur die Hartseer tyd. RIP Nicola

Suzette Botha ·

Mag Vader julle dra in ‘n tyd van onmeetlike rou!

Knersus D ·

Baie tragies en so onnodig. Ek verneem sy het in Mikro biologie studeer – ek vertrou haar mede studente neem voldoende voorsorg met die monsters waarmee hulle in die laboratorium werk. Om in ‘n kwessie van ‘n paar uur siek te word en te sterf is onrusbarend.

elmarie ·

Baie sterkte aan die. Famiie en vriende Mag God jule toe Vou in die hartseer Tyd

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.