Nog geen vergoeding vir talle Esidimeni-eisers

Voormalige adjunkhoofregter Dikgang Moseneke tydens die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor (Maart 2018) (Foto: Skermgreep uit eNCA-video)

Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê 365 eisers van die Life Esidimeni-tragedie het nog nie enige vergoeding ontvang soos bepaal deur regter Dikgang Moseneke nie.

“Premier David Makhura het dit bekend gemaak in sy mondelingse antwoord op my vrae vandag in die Gautengse wetgewer,” het Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, gesê. “Makhura het gesê R164 miljoen is aan 134 eisers uitbetaal wat deel was van die arbitrasieproses, en ook tot vier bykomende nuwe eisers.”

Volgens Bloom het Makhura gesê ʼn verifiëringsproses, waar die meester van die hooggeregshof betrek word, moet nog vir die 365 eisers gedoen word, aangesien daar is ʼn dispuut is wat betref die regte persoon vir elke eis. “Hy het nie verwag dat die betalingsproses só lank sal duur nie,” het Bloom bygevoeg.

“Ek is besorg dat die betalings onnodig vertraag word deur ondoeltreffendheid in die premier se kantoor. Daarbenewens sal dit ongeveer R431 miljoen kos om die 365 eisers te betaal, maar daar is in verlede jaar November se wysigingsbegroting slegs voorsiening gemaak vir R118 miljoen. Waar sal die R313 miljoen vandaan kom om die eisers te betaal?”

Bloom het gesê hy dink dit is onwaarskynlik dat al die slagoffers vergoeding sal ontvang teen die tyd wat Makhura se ampstermyn op 8 Mei 2019 verstryk. “Dis betreurenswaardig dat hy nie ʼn hoër prioriteit hieraan gegee het om die vergoedingsproses te bespoedig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dries du Toit ·

Net om daai administrasie van uitbetalings te doen gaan n korrupte besigheid word. Menige amptenare gaan geld maak sodat daar ten einde niks oorbly vir die eisers nie. Ons ken dit mos nou al

SjN ·

Nog weereens n klugspul, geen geregtigheid nie. Adjunk regter, u bevinding beteken niks volgens jul regering. waarvoor is u aangestel in die eerste plek.

Sorry om te sê ·

Ek hoop die lot wat nog wag is diegene wat nooit naby hulle”geliefdes” gekom het nie.

Jakes Jacobs ·

Waar geld en ANC betrokke is, is die antwoord voor die hand liggend, diefstal. ANC gebruik die word korrupsie, dis dieselfde as diefstal, maar die ANC hou vol met korrupsie. dit klink net sagter op die oor. Ek dink hulle het die IK toets gedop, moet wees.

GM ·

En so staan elkeen nou bakhand wat nooit eers die moeite gedoen het om hul familielede in jare te besoek nie.
Ek glo elkeen moes inteken by die inrigting. Gaan kyk wie het die pasiënte gereeld besoek. Vir die wat vêr bly, kan hul kyk tot en met ‘n jaar of die persoon enigsins daar was. Die res is kansvatters.

GM ·

En hul moet dié, wat verantwoordelik is vir die hele gemors, laat betaal, nie die belastingbetalers nie.

wraggies ·

Los die uitbetalings DA, vra liewers wanneer gaan Mahlangu en haar medepligtiges tronk toe vir hierdie moorde?

Andre ·

Wat my bekommer is, wat van die vervolging van die wat die dood van die mense veroorsaak het, word daar enige klagte teen die sulkes gemaak of loop hulle net weer skotvry weg, te hel met die geld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.