Nog geen vrede in die parlement nie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa en Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, na afloop van die vergadering met opposisiepartye by Tuynhuys in Kaapstad op 18 November 2014 Foto: Linda Mthombeni, departement van kommunikasie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa en Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, na afloop van die vergadering met opposisiepartye by Tuynhuys in Kaapstad op 18 November 2014 Foto: Linda Mthombeni, departement van kommunikasie

Gesprekke tussen adjunkpresident Cyril Ramaphosa en opposisiepartye het Maandag vasgeval.

“Die opposisiepartye wou vandag weet of daar ʼn manier is wat ons vir hulle ʼn verduideliking kan sê,” het Ramaphosa ná die vergadering aan verslaggewers gesê. “Ons het gesê die ooreenkoms kan nie bereik word nie.”

Volgens Ramaphosa het die gesprek vasgeval toe die Demokratiese Alliansie verlede week ʼn mosie van sensuur teen pres. Jacob Zuma in die Nasionale Vergadering ingedien het. “Dit is teenstrydig met die gees waarin die ooreenkoms bereik is en ons het ook gesê dat ons die proses in die parlement nou moet toelaat om sy gang te gaan.”

Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het bevestig die ooreenkoms is gekanselleer. “Die ooreenkoms het platgeval omdat die ANC bevestig het hy wil nie deel wees van die ooreenkoms nie,” het Maimane tydens die perskonferensie gesê. “Ons sê as opposisiepartye bevestig ons die gees van die ooreenkoms. Ons sal opstaan vir aanspreeklikheid. Ons sal opstaan dat alle reëls nagekom moet word. Ons sê dat die reëls sonder vooroordeel toegepas moet word.”

Ramaphosa het gesê die ANC is bereid om verder gesprek te voer met opposisiepartye.

Die vergadering is belê ná ʼn ooreenkoms verlede week tussen politieke partye in die parlement platgeval het. Ramaphosa het Dinsdag met die opposisiepartye ooreengekom dat tugstappe teen lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters tydelik opgeskort sal word indien hulle ooreenkom dat hulle parlementêre reëls sal respekteer. ʼn Verslag deur die komitee oor regte en voorregte sou moontlik daartoe gelei het dat verskeie EFF-LP’s, insluitend Julius Malema, tot 30 dae lank uit die parlement geskors kon word. Die aanklagte is aanhagnig gemaak nadat pres. Jacob Zuma in Augustus oor die Nkandla-sage uitgejou is.

LP’s het mekaar egter Woensdag weer met obsene handgebare en beledigings getart toe die ooreenkoms tussen die ANC en opposisie platgeval het.

Ramaphosa het Woensdag aangekondig dat die verslag van die komitee weer op die agenda geplaas is.

Die DA was onverbiddelik dat hy met die mosie gaan voortgaan, omdat Zuma weier om vrae te beantwoord oor opgraderings van R246 miljoen by sy privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal.

Die ANC het Donderdagaand die debat in die Nasionale Vergadering laat vaar waartydens die verslag oor die EFF-LP’s se skorsing bespreek is. Ramaphosa het ʼn verklaring uitgereik waarin hy gesê het hy is steeds bereid om met politieke partye te onderhandel om vrede in die parlement te herstel.

Die opposisiepartye is die DA, die EFF, die Inkatha Vryheidsparty, die Vryheidsfront Plus, die National Freedom Party, die African Christian Democratic Party, die United Democratic Movement, die Pan Africanist Congress en die Congress of the People.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

zahn ·

Hier is nou die perfekte geleentheid om vir mense wat weier om te stem (dit help tog nie ek stem nie, want….), te bewys presies hoekom hulle moet stem. Ek weet dis nie al die opposisiepartye nie, maar dis omtrent almal wat iets beteken, wat hier saamstaan. Kan jy glo, saamstaan. Klink amper te goed om waar te wees.

jjobson ·

Respek Malema,CyRIL is jou vergewendgesind. Staak jou barbaarse houding-Zuma is nou wel i papperd maar Cyril sal SA in i posetiewe rigting stuur-VIVA COMRADE CYRIL ons staan altyd by jou-ons sal ons NASIE net vermeerder-Die ASSEGAAI PRAAT en luister na sy VLYMSKERP STEM – VIVA – AMANDA – SOWETO – MALIBONGGWE – THE NATION NEEDS THE ANC, and no other ZERO NOTHING PUPPERT.

taaitoffie ·

Die ANC gooi rook en vermeerder die comrades-ek is nou SWANGER met i 6 ling,all thhe way ANC- go ANC no one can STOP you, Nie eens die MALMOLESONGEMANIERDE MALEMA MO*R NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.