Nóg geweld in Gauteng ondanks meer polisiepatrollies

Lede van die metropolisie slaan in Jourbertpark toe nadat ‘n groep mense winkels probeer plunder het. (Foto: David Tembe/Twitter)

Terwyl talle winkels wat aan buitelanders behoort Donderdag steeds gesluit was, begin misdadigers oënskynlik nou winkelsentrums in Ekurhuleni teiken.

Die liggame van twee onbekende persone wat aangerand en aan die brand gesteek is, is intussen vanoggend in die vroeë oggendure in Katlehong gevind.

Kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê dit is nog nie bekend of die moorde verbind kan word met die vlaag geweld en plundery in die provinsie nie.

In Tembisa-Suid is 54 mense Woensdag in hegtenis geneem, nadat hulle ʼn winkelsentrum probeer invaar het, het Dlamini gesê. Sentrums in Daveyton, Tsakane en Katlehong was ook in stropers se visier, maar danksy verhoogde aanwesigheid van polisiepatrollies in die omgewing is inbrake voorkom.

Verskeie mense is ook in ander dele van Ekurhuleni in hegtenis geneem op aanklagte wat wissel van die besit van gesteelde eiendom, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, moord, poging tot moord en openbare geweld, het Dlamini gesê.

In KwaThema is ʼn man (35) in hegtenis geneem nadat hy losgebrand het op ʼn skare wat glo ʼn snoepwinkel op sy eiendom wou plunder. Een persoon is doodgeskiet en nog een gewond.

Nóg 20 mense is in Germiston aangekeer op aanklag van die besit van gesteelde eiendom.

Die polisie het ook beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens wat by twee buitelanders gekry is. Die twee het na bewering ook skote geskiet op ʼn skare wat plekke wou plunder.

“Die polisie hou ook ʼn hostel in Tembisa dop waar vier voertuie uitgebrand en verskeie rooftogte aangemeld is,” het Dlamini gesê.

Ander dele van Johannesburg en Pretoria was danksy verhoogde polisiesigbaarheid rustig.

“Ons is verheug dat wetsgehoorsame burgers wat gefrustreerd is met die misdadigers wat sakeondernemings in hulle buurte teiken, nou saam met die polisie werk om wet en orde te herstel,” het lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, gesê.

Mawela se opmerking kom nadat ʼn groep inwoners van Katlehong-Noord gisteraand omstreeks 22:00 ʼn groep mense gekeer het wat by ʼn plaaslike winkelsentrum ingebreek het en twee winkels begin leegdra het. Die inwoners het die groep verwilder en verdere stropery gekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johan ·

Dit is tipies in Suid-Afrika. Die polisie neem waar wat skeefloop en arresteer persone wat hulle huis en haard wil beskerm… Dit maak nie sin nie

gatiep ·

Die polisie se in een asem hulle is bly gemeenskap help om misdadigers te keer,maar dan sluit hulle iemand op wat dit gedoen het.

Anoniem ·

Ons is in die laaste dae, aanvaar dit net, dit staan so geskryf in die Bybel.

DI ·

Hier sit beslis sekeregroep mense agter al hierdie plundery met ‘n verskuilde agenda.
Seker daarvan as hule dit deeglik ondersoek sal hulle die skuldige vasspen.

Pottie ·

Mense kom ons maak soos die mense in hong kong ons blankes moet net saam staan en bly almal vir n week by die huis kla gaan ons niks help nie ons moet iets doen ons moet die land tot stilstand bring dan wil ek sien wat maak die anc

Ekke ·

Hulle kan dan nie eers blatante haatspraak kandidaat in hegtenis neem nie….. wat nog agter die kap van die byl kom met massa misdaad.

Phillip ·

My kolega het n wahtupp waar prisies hier gepraat word vir my gewys hy is aan die brand gesteek harloop rond tot hy val en hom 2 keer geskiet so daai whatsupp is dan waar want dit is wat hier op MM se burig geplaas

Anna ·

Hoe kan die polisie ‘n man in hegtenis neem wat homself teen ‘n skare probeer beskerm? Wys net hoe die kriminele meer regte het as die wets gehoorsames.

Bianka ·

Al oplossing gaan wees as oorbevolking aangespreek word. As jy een kind kan bekostig, moet dan nie tien kinders in wêreld bring nie. Oor 20 jaar gaan probleme 100x erger wees. Daar moet nou oplossing gevind word. Regering moet ophou om mense “aan te moedig” om kinders te hê en ophou subsidies of ” onderhoud” geld aan voorheen benadeelde groepe uit te betaal. Hulle gaan altyd benadeeld bly, want dis hoe hulle wil leef. Vooruitgang is ‘n konsep wat sekere groepe net nie verstaan nie. Plunder en brand is ‘n Afrika ding. Dit gaan nooit verander nie.

Nel ·

Lyk my die brande en verwoesting het ook in die Noord Kaap uitgebreek. Het via W/app fotos ontvang van bale droogtehulp voer wat kwaadwilliglik in die Sutherland omgewing aan die brand gesteek is. Die boere se gemoedere loop glo hoog.

Elna ·

Ek het nou net stem boodskappe ontvang waar skole aangeval was in Johannesburg weet enige iemand daarvan? En hoekom is dit nie op die nuus nie? Kan Maroela Media asb vir ons bevestiging gee daaroor?

LoodKurkprop ·

Sommige heilige geskrifte sê daar sal wees in die eindtyd
” Wars…..and rumours of Wars”.

.

Tracy Lötter ·

Sosialisme se uiteinde is armoede en verval. Te veel mense is afhanklik van welsynstoelae en die opvoedkunde, mediese sorg en dies meer van die land lei skade, die sisteem kan net op ‘n ramp uitloop, soos in die geval van Venezuela onlangs.

LoodKurkprop ·

Die SA Vuurwapen-wet sê jy mag nie skiet op n ongewapende persoon wat jou handsak gryp,.fiets gryp,..kar gryp ..of enige ander item wat jou eiendom is gryp en weghardloop nie…..want jou lewe word nie bedryg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.