Nóg goeie nuus vir motoriste

Argieffoto

Die prys van petrol sal na verwagting ook in Maart daal te danke aan ʼn stabiele wisselkoers en laer internasionale brandstofpryse.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het kommentaar gelewer op die einde-van-die-maand, ongeouditeerde brandstofprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is.

Die rand het aan die begin van Februarie teen ongeveer R12.00 teen die Amerikaanse dollar verhandel en het geleidelik verstewig en nader nou R11.60. “Internasionale brandstofpryse het oor dieselfde periode skerp gedaal. Alhoewel dit intussen weer gestyg het, was die styging matig genoeg sodat Suid-Afrikaanse motoriste hieruit kan voordeel trek,” het die AA gesê.

Die AA verwag dat die prys van petrol tot 38c per liter kan daal, diesel met 47c en paraffien met 26c.

Indien die rand sy huidige stabiele wisselkoers handhaaf, sal internasionale brandstofpryse in die toekoms die grootste invloed op die prys van petrol hê.

Die prys van petrol (alle grade) het aan die begin van Februarie met 30c per liter gedaal en diesel (met ʼn swaelinhoud van 0.05% en 0.005%) met 17c per liter.

Brandstofpryse het in Januarie ook gedaal. 93-oktaan petrol het met 29c per liter gedaal, 95-oktaan petrol met 34c per liter, 0,05%-sulfaat diesel met 22c per liter en 0,005%-sulfaat diesel met 26c per liter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Boland ·

Wat help dit as alles weer vir belasting gaan.Dit maak mens siek.

Johan du Toit ·

En dan kom die 52c fuel levy by en dan beteken die prys verlaging niks!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.