Nóg Gupta-bewerings kom aan die lig

'n Skermskoot van 'n Facebook-inskrywing deur Vytjie Mentor.

‘n Skermskoot van ‘n Facebook-inskrywing deur Vytjie Mentor.

Die stof het nog nie gaan lê ná Mcebisi Jonas se skokonthulling dat die Gupta-familie hom die pos as minister van finansies aangebied het nie. Intussen het nóg bewerings oor die Guptas aan die lig gekom.

Barbara Hogan, voormalige minister van openbare ondernemings, het Donderdagoggend haar stilte verbreek in ʼn onderhoud met 702 se John Robbie. “Ek kan nie vir jou vertel onder hoeveel druk ek was om met Jet Airways te vergader nie,” het sy gesê. Jet Airways het glo bande met Gupta-maatskappye en dit is een van die lugrederye wat destyds met Gupta-bruilofgaste by die Waterkloof-lugmagbasis geland het.

Hogan het Jonas geloof vir sy “dapperheid” en bygevoeg dat sy nie verras is deur die bewerings van die Guptas se invloed op die regering nie. Hogan het Vytjie Mentor, voormalige voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke, se bewerings oor Jet Airways bevestig. Mentor het op Facebook aangevoer dat die Gupta-familie haar na hul huis in Saxonwold ontbied het en haar die pos van minister van openbare ondernemings aangebied het, kort voordat Hogan in die pad gesteek is. Volgens Mentor het die Guptas haar versoek om (as minister) SAL se vlugroete na Indië te kanselleer en dit vir hulle gee.

Mentor het intussen op Facebook haar lof uitgespreek teenoor Jonas en Hogan. “Die waarheid sal ons vrymaak. Ek is lief vir die ANC, maar ek is liewer vir Suid-Afrika.” Mentor het ook bewerings gemaak dat haar lewe moontlik in gevaar is en gesê “Helen Zille se polisie” sal haar huis en familie moet beskerm. Zille het op Twitter hierop reageer en gesê Mentor moet dringend haar kantoor kontak indien sy wel in gevaar is.

Mentor het weer eens benadruk dat pres. Jacob Zuma in die Guptas se huis was toe hulle vir haar die aanbod gemaak het. “Hy het ingekom nadat ek die aanbod van die hand gewys het.” Mentor het gesê dit was omtrent ʼn week voordat Hogan na ʼn ander portefeulje geskuif is. “Die Guptas moet voortgaan met hul dreigemente, ek sien uit om hulle in die hof te ontmoet. Ek kan my bewerings staaf. Regsdreigemente maak my nie bang nie.”

Derek Hanekom, minister van toerisme, het intussen ook sy steun aan Jonas toegesê. “Mcebisi Jonas is ʼn persoon met integriteit en daar is geen rede om aan sy weergawe van die gebeure te twyfel nie.”

Mmusi Maimane, leier van die DA, het intussen gesê dat sy party vandag klagtes teen die Gupta-familie aanhangig gaan maak ingevolge artikel 4 van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede. Volgens Maimane is daar ook die bewering dat die Guptas vir Fikile Mbalula die pos van minister van sport aangebied het voordat hy deur Zuma na die pos geskuif is.

Maimane het ook gesê daar is bewerings dat die Guptas voor die tyd geweet het van Des van Rooyen se aanstelling as minister van finansies.

Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, het intussen op Twitter gesê: “Die ANC kan nie deur enigiemand ‘gevang’ word nie. Dit is te groot. Die party het strukture wat besluite neem. Dit is onmoontlik om die ANC te ‘vang’.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

chrisna ·

Die Gupta bashing is goed. Newman praat enter oor die korrupsie van Jacob Zuma nie, hy is geken in alles, en het sy toestemming gegee. Stel weer n movie van wantroue in op Jacob Zuma.

Se maar net ·

Ag wel, alles kom nou uit nadat almal seker gemaak het Zuma se Nkandla is veilig. Selfs al word Zuma aangekla vir wat ook al, hy gaan nog steeds lekker kan lewe want hy het alles gekry wat hy wou. Is net jammer, met alles wat gebeur di afgelope week, dat die “struggle vir vryheid” ‘n bespotting is.

Karma ·

Sê maar net …. ou Zoompies moenie té gerus wees nie. Ons Boere het vir JARE teen die Zulus geveg en op die ou einde hulle verslaan (onthou Bloedrivier, 16 Desember 1838). Nkandla kan hoe veilig-gemaak ookal wees; dit is niks wat ‘n bom – uit die lug neergelaat of met ‘n hommeltuig gestuur – nie kan verwoes nie. Onthou, maak ‘n Boer nét kwaad genoeg … En hy is vinnig oppad soontoe!

m ·

Sjoe ma die mense sing soos kanaries…….. Alle poste wat so uitgedeel is, is natuurlik mondelings gedoen so wie beweer moet bewys en hierdie mense gaan net alles ontken……..So kom hulle weg met alles..

Knersus D ·

Dit moet finansieel goeie nuus wees – my aandele het van gister reeds 7% gestyg!

PIETER ·

zizi JY ONDERSKAT DIE MAG VAN DIE GROOT 5 .DIE OU NP HET HULLE OOK ONDERSKAT, VRA VIR FW.

Willen ·

Zizi Kodwa en die ANC gaan erg ontnugter word……En kyk na JSE – hierdie is regtig baie goeie nuus vir SA

Theo ·

Asseblief, moet net nie dat die Polisie, NVG of die Valke die korrupte beweringe ondersoek nie, maar gee dit aan Thuli Madonsela.

m ·

Om die hele storie storie op te som kan ons begin aflei dat die hele spul was poste aangebied en elke halfuur gaan iemand nou soos kanarie sing om te bieg oor dit……………………….

Esme Buitendag ·

Klink vir my JZ het meer geraamtes in sy kas as wat Wes Park Begrafplaas het. Ry daagliks verby die Gumpa’s se huis, maar dit begin al meer soos ‘n tweede Nkandla lyk. Dink die Gumpta’s en JZ se planne word naby die Johannesburg Dieretuin gesmee. Afrika is darem ‘n lekker plek – die ouens met die kontant regeer die land.

Brand ·

Ek wil net se ek het baie respek vir die mense in die ANC wat nou opstaan en hulle hand opsteek dit gee my moed vir toekoms. Voor enigeiemand my stenig ek is nie ‘n ANC ondersteuner nie maar ek is ‘n ondersteuner van geregtigheid.

Hannelie ·

Toemaar Brand ek ook nie ANC aanhanger nie. Maar ek dink die sirkus raak nou te klein vir hul almal. Hulle staan nou eers op, was ook maar lekker skelm saam hulle almal.

antie ·

Hulle gaan hulle g*tte sien sonder ‘n spiëel, nie nodig om julle te “vang” nie, tou was lank genoeg, julle “hang” julleself nou

Sue ·

Bly mense staan op vir ons land. Kommerwekkend dat Gupta en Indië? Ons land wil regeer.

No Offence ·

Niemand dink aan die feit dat die Gupta’s (Tegeta) gesorg het dat 3000 mense hulle werke hou deur Optimum Coal oortekoop nie. Niemand dink ook dat is snaaks is dat Jonas nou uitkom en se hy was genader deur die Gupta’s nie, hoekom nou eweskielik? Selfde met Vytjie? Ons lank is in ‘n politieke oorlog, en die Gupta’s word gebruik as ‘n geweer. Almal wat hier kommentaar moet hulsef ‘n guns doen en vandag se New Age gaan lees, voorblad. Die media en die mense in die ANC probeur nou ons land teen Zuma draai. Probeur hulle dalk Zuma uitdruk en plek maak vir Cyril? Dink groter mense, moenie dom wees nie. 3 broers kan nie ons land regeer nie.

jannie ·

Lyk my is pure c’anc No Offence sit jy ook in n joppie wat die guptas vir jou gegee het hehehehe

Amanda ·

Ek hoop dit is die laaste stuiptrekkings van ‘n verslane president. Ek dink ons moet kyk na ‘ n vroue president. Ek sien Nkosi Dlamini Zuma is meer gewild as Cyril. Ek dink sy word al lankal “gegroom”

Ben ·

Daar word die spreekwoord waar. ” Steek weg en verdoesel net wat jy wil, die kraaie sal die waarheid laat seevier”Groete

m ·

Jy het ‘n punt beet ” No offence”, kan dit dalk troefkaart wees Zuma uit te haal want hulle sien mos waarheen die land oppad is en een van die dae hoor ons Oom Cyril is die nuwe president………. laat mens so bietjie dink hoor!!!!!!!!!!!

Liewe Heksie ·

Maimane ek daag jou uit om iets aan enigeiets te doen wat met gupta of zuma te doen het al wat ons van julle af hoor ons gaan nou n saak maak teen dit of dat REGTIG volgende wat ons lees is dat julle ook n vinger in die pie het met die guptas want julle is meer bek as binnegoed JA EK IS KWAAD VIR JULLE

jack ·

Die feit dat Shabir Shaik destyds skuldig bevind is daaraan dat hy n korrupte verhouding met JZ gehad het laat opnuut weer die lig val op JZ se verhouding met die Guptas. Die nuutste bewerings van korrupsie tussen die Guptas en JZ behoort op die hoogste vlak moontlik ondersoek te word. Die uitvoerende komitee van die ANC vergader die naweek om die saak te bespreek en sal baie hard moet dink aan n verskoning om uit hierdie verleentheid te kom.

Gertjie ·

Boor een gaatjie in ‘n boot en al die ROTTE vlug daaruit…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.