Nóg Gupta-klagtes laat vaar

Die bruidspaar, Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia Foto: @ReneDelCarme op Twitter

Die bruidspaar, Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia Foto: @ReneDelCarme op Twitter

Aanklagte teen twee van die beamptes wat ook beskuldig is vir hul betrokkenheid in die landing van ʼn privaat vliegtuig van die Gupta-gesin se gaste in 2013 by Waterkloof-lugmagbasis, is maande gelede al laat vaar.

“Kol. Nomsa Khumalo en ao Thabo Ntshisi is al maande lank terug op hul pos,” het Siphiwe Dlamini, hoofwoordvoerder van die departement van verdediging, Vrydag gesê. “Hulle het voor ʼn raad van ondersoek verskyn en die aanklagte teen hulle was ongegrond.”

Die weermag het vroeër vandeesweek bevestig dat aanklagte van bedrog en korrupsie teen lt.kol. Christine Anderson en lt.kol. Stefan van Zyl teruggetrek is. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle ʼn vliegtuig met 200 gaste, wat ʼn troue van die invloedryke Gupta-familie bygewoon het, toegelaat het om op 30 April 2013 by die lugmagbasis te land. Selfs pres. Jacob Zuma is in die skandaal betrek.

Pikkie Greeff van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu), het bevestig dat Anderson en Van Zyl beplan om siviele sake teen al die staatsdepartemente aanhangig te maak wat hulle beskuldig het.

Intussen het Sanwu ook gesê SMS-boodskappe wat president Jacob Zuma glo by die Gupta-sage betrek, kan nie openbaar gemaak word nie. Klik hier om meer te lees.

Lees alle vorige berigte oor wat met die Gupta-familie verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JZ ·

Watse hou vas het Jacob op die ANC dat almal hom beskerm? ,al kan n eenvoudige mens deur die waarheid sien.Die ANC,s wat hul self in die voet skiet om hom te beskerm moet weet dit gaan hul eendag teen hul gehou word. Ramaposa se aansien het klaar n knou weg.

scalla ·

korrup, viva anc , hoekom is die plek nie gelys as sleutelpunt nie, slim vang sy baas…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.