Nóg inentingsentrums vir Gauteng

Nog inentingsentrums is die afgelope paar dae in Gauteng geopen. (Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Net sowat 1,6 miljoen mense het tot dusver geregistreer om die Covid-19-entstof ingevolge die regering se massa-inentingsprogram te ontvang, met die mediese fonds Bonitas wat nou ook ʼn beroep op mense doen om op die elektroniese inentingsdatabasis te registreer.

Die eerste van Bonitas se 30 inentingsentrums het verlede week in Roodepoort in Gauteng geopen. Die mediese fonds hoop om nagenoeg 440 mense per dag by dié sentrum teen die koronavirus in te ent. Dit is gevolg deur die opening van ʼn sentrum in Centurion, met die ander 28 sentrums wat geleidelik in al nege provinsies sal open.

“Omdat die oorgang na die winter oorvleuel met die derde vlaag van Covid-19, is een van ons sleutelprioriteite om ons lede en alle Suid-Afrikaners veilig en gesond te hou,” lui ʼn verklaring van die mediese fonds.

Diegene ouer as 60, asook gesondheidswerkers, kan in hierdie stadium vir die toediening van die entstof kwalifiseer.

Intussen het die Tshwane-metroraad ook die getal inentingsentrums in die distrik vir fase 2 van die program verhoog. Daar is nou altesame 14 sentrums waar inentings gedoen word.

Die stad het aanvanklik vyf inentingsentrums gehad en het Maandag ʼn bykomende nege sentrums geopen. “Die bykomende inentingsentrums is ʼn merkwaardige mylpaal in die stryd teen hierdie verskriklike pandemie,” sê Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metroraad.

Bestaande sentrums in die Tshwane-distrik:

  • Soshanguve Blok JJ-kliniek, Soshanguve
  • Kekana Gardens, Hammanskraal
  • FF Ribeiro-sentrum (ou Raadsaal), Pretoriase middestad
  • Eersterust-gemeenskapsgesondheidsentrum, Eersterust
  • Zithobeni-kliniek, Eersterust

Bykomende sentrums in die Tshwane-distrik:

  • KT Motubatse-kliniek, Soshanguve
  • Phedisong 4, gemeenskapgesondheidsorgsentrum, Ga-Rankuwa
  • Suurman-kliniek, Suurman
  • Laudium-gemeenskapgesondheidsorgsentrum, Laudium
  • Atteridgeville-saal, Atteridgeville
  • Weskoppies-hospitaal, Pretoria-Wes
  • Tshwane-rehabilitasiehospitaal, Prinshof
  • Rayton-saal, Rayton
  • Nellmapius-kliniek, Nellmapius

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johanncb ·

Die inentingsproses verloop só stadig, dat mense katvoet is om te registreer.

Anel ·

Net 1,6 milj het geregistreer. Hoeveel van hulle is al geënt? Mense stel nie belang nie. Hoe kan mens die goed in elke geval vertrou? Nee dankie en hou maar verby. Sal my kans vat sonder daardie gemors. En ja, ek is oor 60, het hoë bloeddruk en kanker.

Rian ·

Teen die tyd dat die entstof “ontplooi” word, het dit lankal verval.

KB ·

Dit is tog baie interessant om op te merk WAAR die inentingssentrums geleë is…m.a.w. WIE word werklik geteiken met inentings?
Ou Mkhize moet sy werk begin doen, vóór hy dalk op verpligte verlof geplaas word (met sy dreigende korrupsiesake op hande).

Baardman ·

Hulle kan maar nog 1000 sentrums oopmaak, dit beteken niks as die regering die uitreiking van entstof beheer nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.