Nog inhegtenisnemings ná plundery in Wes-Rand

Plundery in Soweto Foto: @OptimusLuh op Twitter.

Plundery in Kagiso Foto: @OptimusLuh op Twitter.

Altesaam 13 mense is Vrydagaand in Kagiso aan die Wes-Rand in hegtenis geneem in verband met geweld en plundery van winkels wat aan uitlanders behoort, het die polisie in Gauteng Saterdag gesê.

“Daar was ʼn paar mense wat wou plunder,” het ao Solomon Sibiya, woordvoerder van die polisie, gesê. “Ons het reeds 13 persone in hegtenis geneem, waaronder ses minderjariges wat in hul ouers se toesig vrygelaat is.”

Die persone sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van openbare geweld.

Sibiya het gesê geen “groot voorvalle” is deur die loop van die aand aangemeld nie. Die gebied was Saterdagoggend steeds kalm.

Winkels wat aan uitlanders behoort is Maandag begin plunder nadat ʼn man van Somalië glo ʼn 14-jarige tiener doodgeskiet het toe hy en ʼn groep maats by die man se winkel wou inbreek.

Lt.genl. Lesetja Mothiba, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die plundery het intussen tot by Diepsloot, noord van Johannesburg en Kagiso uitgebrei.

Volgens Sibiya is ʼn 61-jarige omstander dood toe ʼn uitlander Donderdagaand op ʼn skare losgebrand het wat sy winkel in Swaneville met klippe bestook het. Die man is in die bors getref en het met sy aankoms by die hospitaal gesterf. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ʼn Man is Donderdag in Tshepisong gewond terwyl hy by ʼn spazawinkel, wat ook aan ʼn uitlander behoort, wou inbreek. “Toe hulle die roldeur oopmaak, het die eienaar met ʼn vuurwapen uitgekom en hy het op die skare losgebrand,” het Sibiya bygevoeg. Die skare het verdaag. Die man is in die bors gewond. Hy is in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem. Die man is ouderdom is nog nie bekend gemaak nie. “Die uitlander is in hegtenis geneem en word aangehou by die Kagiso-polisiestasie. Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen wat gebruik is.”

Lees alle vorige berigte oor Soweto op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Ons is van 1652, Hierdie immigrante is maar 20 jaar hier. Gaan die volgende presidente al die skuld op hulle ook pak. 1994 sal lank onthou word. Langer as Aparteit, hahahaha ANC.

Henry ·

Xenofobie sê die siele wat ‘n pleister oor hierdie rassistiese aanvalle wil plak.
Wot a sêd styt of affêrs!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.