Nog klagte teen ma van vermoorde kleuter

Rochelle Botha Donderdag in die Germiston-landdroshof. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Klagte van aanranding en verkragting is Donderdag in die Germiston-landdroshof teen Rochelle Botha (22), ma van die vermoorde kleuter, Chevonne Rusch, gevoeg. Botha is die tweede beskuldigde in dié saak en staan saam met haar gewese verloofde, Stefan van Niekerk, op die dogtertjie se moord tereg.

Die staat het aangedui dat drie klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer ook nou teen Botha gevoeg is, asook ʼn klag van verkragting van ʼn minderjarige wat “verskeie kere oor ʼn bepaalde tydperk plaasgevind het”.

Nóg klagte sal glo binnekort volg.

Botha het verlede week formeel om borgtog aansoek gedoen en dié aansoek sou Donderdag voortgaan.

Botha se regsverteenwoordiger het egter vir verdere uitstel gevra aangesien sy kliënt se saak eers ná 15:15 aangehoor is, en dit volgens hom nie genoeg tyd sou wees om sy saak te stel nie.

’n Vriend bemoedig Rochelle Botha deur die tralievenster van ’n aanhoudingsel by die Germiston-landdroshof. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Botha moet Dinsdag na dié hof terugkeer waar haar formele borgtogaansoek aangehoor sal word.

Sy sal dan na verwagting saam met Van Niekerk verskyn. ʼn Familielid en twee vriende was Donderdag by die hof om Botha te ondersteun.

Voor haar verskyning het ʼn vriend haar deur die tralievenster van ʼn aanhoudingsel bemoedig en ʼn sigaret deur die kant van die venster vir haar aangegee.

Botha is ná haar hofverskyning in trane na dieselfde sel terugbegelei. Sy sal in aanhouding bly tot haar volgende verskyning.

Maroela Media het vroeër berig dat Botha op 22 Augustus in hegtenis geneem is – ongeveer drie maande ná haar dogtertjie se dood. Luke Enslin, ʼn lid van die private speurder Mike Bolhuis se ondersoekspan, het vroeër gesê dit het aan die lig gekom dat Botha van haar kind se mishandeling bewus was.

Van Niekerk is kort ná Chevonne se dood in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Nettie ·

Verstaan ek dit reg? Sy word aangekla dat SY haar dogtertjie oor ‘n lang tydperk verkrag het? Liewe Vader, behoede my as ek so ‘n persoon in die hande kry.

Of kla hulle haar aan dat sy geweet het van sodanige verkragting?

Siek siek siek siek! Ek is koud en naar en gewalg. Daardie arme, pragtige, onskuldige babatjie. Hierdie is nie mense nie. Dis monsters van die laagste soort as dit waar is. Mag geregtigheid ten volle vir Chevonne geskied.

KatjieDeKat ·

Vuurpeloton. Verkieslik n onervare vuurpeloton wat nog leer skiet, hulle kan oefen op daardie kreatuur.

Veronika ·

Ek het verstaan sy het geweet van alles en niks gedoen daaraan. Hoop sy sit lank!!

Antjiese5c ·

Sy het geweet en niks gedoen nie, my vraag is wat van die ander 2 kinders, is hul nie ook misbruik en aangerand dan nie. dalk van daar die “nog klagte” Bitter bitter hartseer dat dwelms kinders se lewens moet verwoes oor hul “ouers” slegte besluite in die lewe maak :( Mag hul vrot in die tronk

Oosieoos ·

Die monsters moet nooit weer in samelewing toegelaat word nie

Stella ·

Baie jammer dat sulke goed gebeur met ‘n onskuldige ou dogtertjie, die ma moet ook ‘n ma hê, wat ‘n Ouma is…..hartseer storie

Antjiese5c ·

nie elke ma is n ma nie en nie elke ouma n ouma titel werd nie. baie hartseer. die kleintjie se pa se familie het haar probeer beskerm, n maand lank na haar gesoek soos die ma met haar rond gefloat het en dit is hoe dit geeindig het

Erica ·

‘n Kleine onskuldige kind…………….die mense is siek. Enige straf sal te lig wees. Bring die doodstraf terug, dis al hoe mens kan verseker dat dit nie weer sal gebeur nie.

Marius ·

Hoekom nou so hartseer lyk?? Jy was nie daar vir jou kind toe sy bang en hartseer was en jou nodig gehad het. Ek hoop jy ervaar daardie angs en vrees elke dag vir die res van jou lewe, net soos sy moes in haar kortgeknipte lewe.

Faraway ·

Daardie dogtertjie sal nie wil terugkom nie al kon sy . . . Want sys in die hemel by CHRISTUS JESUS!

Delia ·

Nou huil jy? Waar was jy toe jou klein dogtertjie gehuil het wanneer sy mishandel en verkrag was???? Droog maar jou trane af en Woman up vir die hofsaak.

Elizabeth ·

Ek voel absoluut vere vir die ma. Mag sy haar dag kry. ñ Kind, maak nie saak die ouderdom , verdien beskerming . Nie die dood deur mishandeling. Sy verdien nie genade.

kristi ·

Ek verstaan nie hoe enige iemand kan bystand gee aan monsters soos die nie. ( Jy moet self n twisted mind hê om sulke mense te ondersteun.)
As ma moes sy haar kind beskerm het en nie deel wees van die walglikhede wat daardie kleine dogtertjie moes deurgaan en tot haar dood gelei het nie.
Dit maak my mal kwaad om te dink die vrou speel nou self slagoffer.

Hannelize ·

Ek wens daar wil ‘n wet of straf of wat ookal in kom wat sulke mense te stop om kinders he. Hulle moet alles afsny wat hang & toe werk wat pla. Mag hulle nooit weer in die samelewing wees nie.

Casper ·

Sy het ‘n minderjarige verkrag nie haar dogtertjie nie.Nêrens staan dit dat sy haar dogtertjie verkrag het nie.

Veronika ·

Sy is nie die woord Ma werd nie! Hoop sy sit lank en sy moet sommer gesteriliseer word om seker te maak sy kan nie nog kinders hê nie!!

Maritza ·

Hoekom aansoek doen as jy weet jy het dit aan jou eie kind gedoen? Neem verantwoordelikheid!

Chantel ·

Waaroor wil sy nou kom en huil! omdat sy uitgevang is. Nee ek kan nie sulke goed verstaan nie, mens is nie lekker wanner jy sulke ding doen of selfs toe laat nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.