Nóg klagtes kom teen BLF-leier

Andile Mngxitama, BLF-president. Foto: Skermskoot/kykNET-video

Die Menseregtekommissie (MRK) het bevestig hulle het klagtes ontvang oor die president van Black First Land First (BLF) se uitlatings die afgelope naweek tydens dié party se verkiesingsbekendstelling in Potchefstroom.

“Die DA gaan Andile Mngxitama by die MRK en die gelykheidshof verkla ingevolge die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onregverdige Diskriminasie oor uitlatings waarin hy geweld teen wit Suid-Afrikaners aanhits,” het Solly Malatsi, die DA se nasionale woordvoerder, Maandag gesê.

Gail Smith, MRK-woordvoerder, het intussen by navraag aan Maroela Media bevestig hulle het reeds klagtes oor Mngxitama se toespraak ontvang, wat volledig in ʼn video te sien is wat die party op YouTube gelaai het.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, beplan om Dinsdag om 11:00 ʼn klag teen Mngxitama by die Potchefstroomse polisiestasie in te dien, terwyl AfriForum sy regspan opdrag gegee het om hofstukke op te stel om Mngxitama by die gelykheidshof van haatspraak aan te kla.

Ons kan nie toelaat dat Mngxitama se uitlatings en optrede sonder beswaar verbygaan nie.

Benewens die DA se klagtes by die MRK en die gelykheidshof sal die partyleier in Noordwes, Joe McGulwa, klagte van die aanhitsing van dreigende geweld teen Mngxitama aanhangig maak, want “ons kan nie toelaat dat Mngxitama se uitlatings en optrede sonder beswaar verbygaan nie”, sê Malatsi.

Mngxitama het Saterdag na aanleiding van die sakemagnaat Johann Rupert se dreigement om die taxibedryf te mobiliseer om hom teen die EFF se dreigemente te beskerm, gesê vir elke swart mens wat in so ʼn konflik sterf, sal sy party “vyf wit mense doodmaak”.

“Die nie die eerste keer dat BLF en hul leier kniediep in aantygings van haatspraak beland nie,” sê Malatsi. “Dié gedrag is beslis ʼn karaktertrek van BLF, soos duidelik sigbaar is in hul optrede van die afgelope twee jaar.”

Die MRK het BLF vroeër vanjaar van haatspraak beskuldig en aanbeveel dat die party daarvan weerhou word om aan volgende jaar se verkiesing deel te neem.

Ek strewe daarna om wit mense dood te maak, en dit moet bereik word.

Lindsay Maasdorp, BLF-woordvoerder, het vanjaar getwiet hy strewe daarna om wit mense dood te maak. Foto: Facebook

Die BLF-woordvoerder Lindsay Maasdorp het by ʼn ander geleentheid onder skoot gekom vir ʼn inskrywing op Facebook en ʼn twiet waarin hy geskryf het: “Ek strewe daarna om wit mense dood te maak, en dit moet bereik word.”

Ook vanjaar het BLF-lede ʼn vroueprokureur as ʼn rassis gebrandmerk. Toe EWN Mngxitama daaroor uitvra, het hy gesê hy weet nie waarom hulle haar daarvan beskuldig het nie, maar hy was ten gunste van hul optrede en sou hulle glo, ongeag wat hulle sê.

BLF skram ook nie weg van anti-Semitisme nie, want in 2017 het Mngxitama getwiet: “Die nalatingskap van die Jodeslagting is nie net sleg nie; dink aan die lampskerms [vervaardig van slagoffers se vel] en Joodse seep [van slagoffers se liggaamsvet].”

Wendy Kahn, nasionale direkteur van die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes, sê die raad wil die BLF-leier in die hof laat vervolg vir haatspraak, teistering en onregverdige diskriminasie. In reaksie op die raad se optrede, het Mngxitama gesê hulle toon “white supremacist tendencies”.

Solly Malatsi, nasionale woordvoerder van die DA. Foto: Facebook

Malatsi sê Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon. “Daar is geen plek vir rasgebaseerde aanhitsing van geweld nie. Diegene wat hulle aan haatspraak skuldig maak, moet ondersoek en met die volle mag van die wet vervolg word.”

In die jongste moontlike optrede teen BLF het Solidariteit Maandag bekend gemaak dat hy die Onafhanklike Verkiesingskomitee (OVK) gaan nader om ʼn klag teen BLF in te dien om die party te stuit om aan volgende jaar se verkiesing deel te neem.

Volgens Solidariteit stel die Wet op die Verkiesingskommissie in artikel 16(1)(c) dit duidelik dat die hoofverkiesingsbeampte geen aansoek om as party in ʼn verkiesing te registreer mag toestaan as die party hom skuldig maak aan aanhitsing tot geweld of diskriminasie op grond van die algemeen aanvaarde verbode kategorieë nie.

Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, is dit “absurd” dat ʼn party, waar sulke uitlatings die norm is, enigsins deel uitmaak van die openbare diskoers, wat nog te meer aan verkiesings deelneem.

“Geen politieke leier wat met trots op ʼn verhoog aankondig dat mense vermoor sal word, moet naby aan ʼn magsposisie toegelaat word waar hy hierdie aksies kan uitvoer nie,” sê Mulder. “ʼn Party wat ʼn mandaat van moord soek, mag nie toegelaat word om aan die demokrasie deel te neem nie.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Kolle ·

BLF is erger as EFF. Niks gaan van die klagtes kom en hulle voel ‘n veer oor die gekerm. Die boodskap het klaar onder die massas versprei, soos die plan is. Never underestimate the power of stupid people in large groups.

realis ·

Machiavellianisme op sy beste. “All is fair in love and war and South African politics”.

leser ·

nou is daar ‘n vraag aan die slimmes, na aanleiding van die woorde in vandag se kommentaar;
“die wet op Verkiesingskommisie in artikel 16(1)(c) is dit duidelik dat die hoofvekiesingsbeampte geen aansoek om as n party in n verkiesing te registreer as die party hom skuldig maak aan aanhitsing tot geweld of diskriminasie op grond van die algemeen aanvaarde kategoriee”,
hoe kry julius mal lemme dit reg om ‘n party gestig te kry

Emma ·

Nou sal ons sien hoe dit gaan uitspeel. Kla hom aan hulle is n klomp rassiste soos die eff. Die wittes raak ook nou gatvol vir hulle uitsprake

lewies ·

Kan ons toelaat dat Mngxitma en sy volgelinge wat swartmense is martelaarstatus kry? Te oordeel aan sy optrede is dit presies wat hy wil he. Hofsake wat hulle gaan verloor gaan meehelp om hierdie status te verseker. Die woorde is gespreek en uit sy mond uit, dit kan nie herroep word nie. Die ergste wat kan gebeur is hofkoste wat hulle moet terugbetaal. Die stembus is die enigste wat aan leiers sal wys dat hulle idee nie vir die meerderheid inwoners aanvaarbaar is nie.

Annette ·

Dis baie waar woorde. Woorde wat gespreek is kan nie terug geroep word nie en daar is mense daar buite wat dit sal opneem. Dit is so hartseer dat die meeste daar buite nie werklik verstaan waarvoor hulle stem nie. Al wat my op die staduim staande hou is die wete dat ek sal Leef al sterf ek hier op aarde. Die oordeeling na die dood gaan erger wees en my gebed is dat ons ons harte moet bewaar sodat ons nie saam met hulle veroordeel sal word nie. Deur hierdie soort haatspraak is baie moeilik om op jou knieë te gaan om God te vra vir genade en ons te help om ons harte te bewaar. Lewies jy het dit goed opgesom.

E.K. die eerste ·

Ek gee nie om wat hul sê en/of doen nie. Al is daar nie geregtigheid nou nie SAL hul eendag moet rekenskap gee en dan is daar GEEN maar absoluut GEEN verskonings vir wat hulle gedoen en gesê het nie. Om te sê jy wil graag mense van ‘n ander ras doodmaak wys maar net wie en wat jy is. In Apartheid se tye het wit mense beslis nie rond loop en vertel hoe graag hul swartes wil doodmaak nie. Nie wat ek van weet nie, so ek glo mos maar what goes around, comes around…

Boet Fasie ·

Jy kan my maar doodmaak , maar jy moet weet ek dag en nag by jou spook, jy sal geen rus kry nie, ‘n witman spook dat die hel draai.

Johan H. ·

Kom tenminste net alleen jul lafaards,,julle gaan n surprise kry!!

andre ·

maasdorp…wat is jy…weet jy ooit self…dit gn nie net vir doodmaak wees nie….

andre ·

ag …dit nou n party wat n paar stemme kry…en dit nog hul self wat vir hulle stem…spul soek net aandag.soos n kind wat nie aandag kry..

Jacques ·

Beswaar aanteken, hehehe. Wat dink jy as ek as witman dit moet kwytraak. Tronk toe
Hul bly wat hul is en sal nooit verander nie

Arak ·

Wonderlik Morne, hoe jy weer vir ons ‘n ou stukkie anti-semitisme propaganda in die ou beriggie kon inwerk.

Pierre ·

Die ou grapgat…. hys die eerste een wat hol as die papaja die waaier tref en dan sien jy net pitte(as daar enig is) spat.

lewies ·

KOM EK PROBEER WEER. My vorige kommentaar is gesensor. “Moenie van hierdie groep op enige manier martelaarstatus gee nie. Die ergste wat kan gebeur is om die hofkostes terug te betaal. Hulle uitlatings kan nie herroep word nie. Die stembus moet aan die leiers wys dat hulle idee nie gaan werk nie.

RG ·

Intussen moet ons seker bid dat sy volgelinge hom nie ernstig opneem nie, maar wag, hulle het reeds, die dat daar 48 plaasmoorde was en 385 (skatting) plaasaanvalle die jaar en wie weet hoeveel ander wittes het hul lewens op wreedaardige wyse verloor. Net laas week is ‘n bejaarde vrou in ons dorp met hammers doodgeslaan. Kom ons bid dan maar dat dit nie ek of jy is wie volgende kokende water oor ons koppe uitgegooi word nie, of dalk met ‘n koevoet dood geslaan word nie. Dis asof mense nog steeds nie besef hoe hierdie uitlatings haatdraende mense met geen gewete beinvloed nie. DIS WAAROM ONS BEKOMMERD IS, WANT ONS HET REDE!! en geen hofsaak gaan dit keer nie.

JJ ·

Klagtes? Hier gaan niks van kom nie. Die ding is ‘n braaksel

Gemaskerde Sopbeen ·

Bring it on!! Daar’s net een oplossing vir hierdie situasie: 180 gr (12 g) Core-Lokt Soft Point 2,700 ft/s (820 m/s) 2,913 ft⋅lbf (3,949 J)…….

Johannes ·

…ongelukkig beteken dit net mooi niks as ons Boere nie georganiseerd is met reaksieplanne op die tafel nie. Ons dwaal tans soos ‘n klomp skape rond… leierloos, hopeloos, moedeloos, toekomsloos…

Sarel ·

Juis die rede waarom die polisie voorstel dat ons ontwapen moet word. Hulle is baie bewus van wat kom en moet die pad oopmaak vir die moord wat kom met die minste ongevalle vir hulself.

wouter ·

Sopbeen, ek 500 oplossings… 124gr 9mm hollow points en 2 SMG’s met 32 kapasiteit magasyne. Bring it on!

Gert van Wierdapark ·

Die BLF is ook n geborgde spulletjie om die aandag van krities belangrike sake in SA af te lei. Die BLF of die Blou Fiterjoel-brigade met sy self-aangestelde touleier is “first and foremost” nie in die spel om nenige bydrae te maak nie, maar om om af te breek, te dreig en sy gewig te probeer rondgooi. Sy doodsdreigemente teen ons as landsburgers is n vorm van verraad! Dis verregaande dat hy nog los rondloop na sy uitlatings!!!

BadPrit ·

Wie befonds hulle? George Soros se Open society heel moontlik.

Binx ·

Guptas het die party gestig om aanhitsing en rassehaat te bevorder om aandag af te trek van hulle mannewales. Die lemon moet nou erge woorde braak om aandag te kry. Hierdie tipe mens baie gevaarlik. Hulle sal tot uiterstes gaan vir enige aandag. Hy soos n stoomtrein, otter voort op selfde ou spoor, but do not worry….steenkool op, sy party gaan binnekort laaste stoom uitblaas.

Eddy ·

Andile en Malema is ouens met niks tussen die ore nie.My st2 juffrou het altyd gesê: Leë blikke maak die meeste geraas.So hulle blaf is erger as hul byt. Ek dink nie hulle moet media dekking kry nie! Dis soos kos vir hulle.

Bryanette ·

Ek wil ook weet die wat so hande klap en saamstem…wat gebeur met hulle? Of eerder kan daar iets met hulle gebeur? Kyk die vrou in groen ol video met gdoen rok.

Bryanette ·

Ek wil ook weet die wat so hande klap en saamstem…wat gebeur met hulle? Of eerder kan daar iets met hulle gebeur? Kyk die vrou in groen ol video met groen rok.

IK ·

‘In the space age the most important space is between the ears’ —Anne Armstrong.

Snowball ·

?????? die spasie ter sprake is in dié geval inderdaad ‘n vakuum……

Stephan de S ·

Ek wonder net oor die stelling in die artikel nl. dat Rupert gedreig het om die taxibedryf te mobiliseer ……..
Ek het daardie onderhoud geluister maar het dit glad nie vertolk as n dreigement nie. “Dreig”is n baie sterk woord . Kan iemand dalk kommentaar lewer asb.

Herman P ·

Môre hoor ons daars nog n nuwe party gestig. KTB. “Kill the Boer”. En niemand gaan hulle stop nie…

pinkie ·

En die wêreld sien dit nie? Hulle word jammer gekry deur al wat ‘n regering is en niemand sien hulle ware kleure nie?

bgj van der westhuizen ·

dit is nou tyd dat ons as wittes begin planne maak wat ons gaan doen as hulle begin met hulle oorlog teen ons op groot skaal hulle is reeds besig met in oorlog op klien skaal teen ons die bewys is daar plaas moorde en ander moorde wat plaas vind

Hennie ·

Andile en Lindsay net n vriendelike woord kyk na die skaduwee wat julle volg dit is hulle wat julle dreig om te wil doodmaak probeer om die skaduwee dood te maak dan sal julle agterkom dit is julle self , julle maak n baie groot fout met julle uitsprake oor die wit mense. Onthou net dit daar is n Groter Mag as al die mense. God alleen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.