Nóg klagtes teen Kilian oor ‘nasporingslys’

Zane Kilian. (Foto: Twitter)

Zane Kilian se aansoek om borgtog is vandag in die Bellville-streekhof tot 27 November uitgestel terwyl twee nuwe klagte teen hom aanhangig gemaak is.

Kilian is in verband met die moord op die speurhoof lt.kol. Charl Kinnear in hegtenis geneem, minder as ʼn week nadat Kinnear op 18 September buite sy huis in Bishop Lavis, Kaapstad, doodgeskiet is. Kilian is aangekla van moord, sameswering om moord te pleeg asook die onregmatige onderskep van kommunikasie.

Die Valke het laat Sondagmiddag twee bykomende klagte teen Kilian aanhangig gemaak, sameswering om moord te pleeg en bedrog.

Eric Ntabazalila. Foto: Eunice Stoltz.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het buite die hof gesê ʼn klag van bedrog word ondersoek in verband met die sertifikaat wat Kilian se regspan ingehandig het as bewys vir sy registrasie as privaat speurder.

Die staat voer aan dat Kilian tussen Maart en 18 September vanjaar onregmatig en doelbewus inligting van Kinnear se selfone onderskep het. Dié sertifikaat dien as bewys dat Kilian binne sy regte as privaat speurder opgetree het toe hy die selfoon van Kinnear nagespoor het.

Eric Bryer. Foto: Eunice Stoltz.

Eric Bryer, opdraggewende prokureur in Kilian se regspan, sê die tweede bykomende klag teen Kilian, dié van sameswering om moord te pleeg, hou verband met die beweerde nasporing van die bekende Kaapstad-prokureur William Booth se selfoon.

Booth is vroeg in April vanjaar buite sy huis in Kaapstad aangeval toe twee verdagtes vyf skote op hom afgevuur het. Hy is nie tydens die aanval gewond nie.

Volgens Bryer het hulle ʼn lys ontvang wat toon dat Kilian oor ʼn tydperk van ʼn jaar duisende nommers nagespoor het, waaronder dié van Booth asook ander hoëprofielpersone.

Die Bellville-streekhof. Foto: Eunice Stoltz.

“Daar is gerugte dat toonaangewende mense wat vermoor is se nommers op die nasporingslys is. Ons sal maar moet wag en sien. Daar kan meer klagte volg.”

Kilian bly in aanhouding en verskyn môre in die landdroshof in Kaapstad op die twee nuwe aanklagte.

Bryer meen die staat het nou ʼn maand om die ondersoek af te handel of om goeie vordering daarmee te maak, sodat sy regspan op 27 November aansoek om borgtog kan doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

J ·

Ek wonder of Killian se saak ook langer as 10 jaar gaan sloer soos Zuma en Regter Hlophe se sake?

Gaan Killian ook vry kan rondbeweeg en salaris ontvang … sodat hy al die bewyse kan vernietig?

Soos bv. Zuma en Magashule?

Piet ·

Ek sal graag wil weet wie die skietwerk gedoen het, was dit Kilian?

Anoniem ·

Korrek, net die bende baas wat die opdrag gegee het sal weet, maar het waarskynlik mense in sy sakkie. Dit was op vorige foto’s duidelik dat dit nie Killian kon wees nie, die mannetjie wat die skietwerk gedoen het is so groot soos Killian se 1 arm. Die korrupte kaders in die SAPD en Sentrale Vuurwapen Register sal egter alles in hul vermoëns doen om die werklike skuldiges te last wegraak. Die storie stink.

Pieter ·

Die land se regstel is een groot sirkus. As die regters gese word wat om te doen dan hoort nie daar nie.

johanf ·

Borg….. Nee man, dit is hoekom sake so sloer.
Kry julle bewyse reg en vonnis hom…..

Tanniepetoors ·

Obskure karakter dié. Dankie MM dat ons nie vandag na die natkoerant lyf hoef te kyk nie.

Janine ·

Hoe is die man ‘obskuur’? Genade, daar is is hele GROOT storie agter alles. Puppets.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.