Nog koue kom dié naweek

Argieffoto

Suid-Afrikaners moet hulle staal vir ʼn paar koue dae wat oor groot dele van die land verwag word.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê ʼn kouefront sal na verwagting Saterdag deur die Wes-Kaap beweeg en bibberweer in dié provinsie veroorsaak.

Volgens Rejoyce Mohlamme, voorspeller by die weerdiens, sal ʼn hoëdrukstelsel wat op ʼn kouefront volg, die daling in temperature in die oostelike en sentrale gebiede van die land veroorsaak.

“Die temperature sal van Sondag af in die Noord-Kaap, westelike gebiede van die Vrystaat, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal daal,” sê Mohlamme.

“Van Maandag af sal die temperature ook in Gauteng, die Hoëveld van Mpumalanga, Noordwes en die res van die Vrystaat beduidend daal.”

Daar is Maandag ʼn 60%-kans op reën langs die KwaZulu-Natalse kus.

Volgens Mohlamme sal temperature na verwagting teen Woensdag verbeter.

Temperature sal van die naweek af op sommige plekke na verwagting tot onder 20 °C daal.

Volgens die weerdiens word ʼn minimumtemperatuur van 7 °C en ʼn maksimumtemperatuur van 20 °C Dinsdag in Pretoria voorspel. In Johannesburg word ʼn minimum van 4 °C en ʼn maksimum van 18 °C voorspel.

Sutherland in die Noord-Kaap kan ʼn minimum van -1 ˚C en ʼn maksimum van 8 °C teen Maandag verwag. Bloemfontein kan ʼn minimum van 0 ˚C en ʼn maksimum van 17 ˚C verwag, gevolg deur Bethlehem met ʼn minimum van 0 ˚C en ʼn maksimum van 18 ˚C.

In die Oos-Kaap kan Cradock ʼn minimum van 1 ˚C en ʼn maksimum van 14 ˚C verwag.

ʼn Maksimum van 15 °C en ʼn minimum van 10 °C word Maandag vir Kaapstad verwag. ʼn Maksimum van 15 °C en ʼn minimum van 4 °C word vandag vir Beaufort-Wes verwag.

In Noordwes kan inwoners van Potchefstroom en Rustenburg onderskeidelik ʼn maksimum van 21 °C en 24 °C en ʼn minimum van 6 °C teen Maandag verwag.

Inwoners in Pietermaritzburg moet hulle ook gereedmaak vir kouer weer en kan teen Maandag ʼn maksimum van 18 °C en ʼn minimum van 8 °C verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elinette ·

Ag nee!!!!!!!!! Dit waai erg wind, reën aanhoudend omtrent sedert Maandag. Ek het só gehoop dié naweek sal ons darem weer bietjie sonskyn kan sien.

Belinda ·

ai en ek kan nie eens in skryf nie want eks te arm vir n kaggel….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.