Nóg liggame van onwettige myners uitgehaal

Argieffoto van onwettige mynbedrywighede (Foto: Jennifer Bruce/ZUMA)

Argieffoto van onwettige mynbedrywighede (Foto: Jennifer Bruce/ZUMA)

Die polisie in Welkom in die Vrystaat is deur mynsekuriteit in kennis gestel van nog nege liggame wat ondergronds uit die Bambanani Oos-mynskag in Welkom gehaal is.

Drie liggame is verlede week uitgehaal. “Dit is dus altesaam 12 liggame wat uitgehaal is. Daar was ʼn naamkaartjie op elke liggaam,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die oorledenes het reeds begin ontbind. Hulle is van Thaba Tseka, Lesotho.

“Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Daar is gerugte dat daar nog liggame ondergrond kan wees,” het Thakeng bygevoeg.

Die polisie monitor die situasie en werk saam met mynveiligheid en misdaadintelligensie.

Maroela Media het vroeër berig die polisie in die Vrystaat het beslag gelê op R2,5 miljoen se bier in Odendaalsrus wat bestem was vir onwettige myners. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lance ·

Die polisie vermaan vra maar mooi en vra maar weer …die mense luister nie

MissDemeanor ·

Ek stem saam met jou. Die myners is heel onder aan die voedselketting. Wie maak al die geld uit die goud wat hul so uithaal. Ek wed jou dis iemand met Dubaise bande.

vernon ·

Die myners is van Lesotho. Hulle is profesionele myners, nie rowers of huisbrekers nie. Hulle wil net geld maak om hulle families te voed. Was dit nie vir die gulsige mynmagnate wat nie die myners se verhogings wou gee nie en sodoende die myne eder toe gemaak het sou hierdie situasie nie nou bestaan het nie.

Wern ·

Die miljarders wat ons land manipuleer soek geld, baie daarvan. As n myn nie baie maak om hulle seiljagte en jets te finansier nie stel hulle nie belang nie en sluit eenvoudig die besigheid soos die myn en doen nie vreeslik moeite om dit finansieel om te keer nie want dit is baie makliker vir hulle om net toe te maak, ongeag die lot van die werkers. Die feit dat onwettige myners daar is en bly beteken eenvoudig dat daar wel lewensvatbare reserves oor is, dit is netnie genoeg vir die gulsige miljarders nie. So vernon jy is reg.

vernon ·

Vra maar vir Zumpie se boetie, Mandela se seun en Ceril Ramaposa. Hulle weet wat aangaan.

snoefie ·

Vernon Vernon. mens kan jou onkundigheid oor n afstand ruik. as die mynbase toegee aan die mynarbeiders se onrealistiese eise van iets soos 300% verhoging,plus mediesefonds (hulle kry tans mediese by stand) plus behuisingstoelae van ten minster R1000pm waar hulle nie eers R200 pm betaal nie, kan hulle maar netsowel soos Zuma se neef en Mandela se kleinseun van die myne en hulle verantwoordelikheid gaan wegkruip en heeldag voor die TV gaan sit en eet. die unies is die Groot problem in die Suid Afrikaans ekonomie en behoort soos misdadigers vervolg te word vir wat hulle aan die ekonomie en burgers doen.

MissDemeanor ·

Nee man snoefie. Die probleem is dat die gaping tussen baas en klaas heeltemal te groot is. Die baas kry etlike miljoene so veel dat hul nie weet wat om met dit te maak nie, die klaas kry kleingeld. Kyk, ek glo ook almal kan nie gelyk wees nie, maar die mynbase, bankbase en ministers, hul skep heeeeeeeeltemal te veel room af. Hel as iemand wou he ek moet in ‘n myn werk sou ek op ‘n masiewe salaris aandring, want dis ‘n goor harde gevaarlike werk. Die myne kan aanhou profyt maak as hul top bra’s ‘n bietjie minder geod kry en die werkers bietjie meer.

ag ne ·

miss demeanor op die myne is daar tussen baas en klaas n hele paar ander lae soos admin aambagslui myners en n hele paar ander wat almal glo dat hulle te min betaal
word maa hulle me nie die mynbou lam deur die unie secgulsige demands nie. die arbeiders moet bypik. as meer myne toemaak leer hulle dalk hulle les.

CHRISTA ·

Dit klink vir my eerder of hulle in ‘n klomp bier versuip het!!!

Kaspaas ·

Dit is so dat grootbase baie betaal word.

Maar hoe vergelyk die base se salarisse teenoor die somtotaal van die werknemers s’n?

Ek wonder of ‘n mynbaas meer as 1% betaal word van al die salarisse wat aan sy werknemers betaal word.

Iemand met die vermoë om soveel salarisse aan werknemers te betaal, verdien ‘n baie goeie lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.