Nóg lyke op Hertzogville-plaas gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in die Vrystaat het gesê daar is nog twee liggame op Johan Sonnenberg (57) se plaas in die Hertzogville-distrik gevind.

Sonnenberg is op 10 Maart op sy plaas, Diamant, in hegtenis geneem nadat die polisie glo ʼn hand uit ʼn vlak graf sien steek het.

Lt.kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die polisie het na die ontdekking van die eerste liggaam deursoekingslasbriewe bekom om weer op Sonnenberg se plaas sowel as ʼn naburige plaas ondersoek in te stel.

Volgens Mbambo is lede van verskeie polisiekantore en die polisie se honde- en duikeenheid Woensdag na die twee plase. Mbambo het gesê ʼn slegte reuk het polisielede tot ʼn area gelei waar hulle begin grawe het en op ʼn kopbeen en ʼn hand afgekom het. Forensiese ontleders is na die toneel ontbied om die opgrawing te doen.

Volgens Mbambo is die opgrawing Donderdag gedoen en twee lyke is gevind. Sy het gesê daar is tydens die opgrawing klere gevind wat ooreenstem met die beskrywing wat die polisie ontvang het rakende twee vermiste mans van Christiana. Michael Grant, Jerome Desmond Grant en Riaan Ruiters het op 15 Februarie in Christiana in Noordwes verdwyn. Sonnenberg is deur die polisie ondervra in verband met hul verdwyning aangesien hy glo die laaste persoon is wat saam met hulle gesien is.

Mbambo het gesê daar sal forensiese toetse gedoen word om te bepaal of die twee lyke wat Donderdag gevind is, dié van die vermiste mans is. Daar is ook forensiese toetse gedoen op die eerste liggaam wat gevind is, maar die identiteit van die oorledene kon nog nie vasgestel word nie.

Sonnenberg moet weer op 26 Maart in die Hertzogville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eke ·

O ja, dis omdat dit bruin mans is wat deur ‘n witman vermoor is dat hier geen kommentaar is nie

REGTIG? ·

Waarvan praat jy? Ruk jy nou al weer die rassekaart uit……..ek het nie eers geweet dat dit BRUIN mans was nie want die name was vir my heeltemal AFRIKAANS!! Kom by Eke!!!!

Merrimommy ·

Ek stem saam. Ek dink nie enige iemand kan ras volgende die name wat bekend gestel is, bepaal nie. Die rassekaart is heeltemal onnodig!

Merrimommy ·

Ek stem saam. Ek dink nie enige iemand kan ras, volgends die name wat bekend gestel is, bepaal nie. Die rassekaart is heeltemal onnodig!

Asjas ·

Ja en ek lees nou eers die artikel! Sommige van ons moet werk, kan nie die heeldag op social media kommentaar lewer nie.

retha ·

Spring op die wa jul met eensydige kommentaar! ELKE boer en delwer daagliks ‘n teiken. Maar witman betrokke so ELKE ding en amptenaar op high alert nou! Was die betrokke wit wildboer/ delwer vermoor in plaasaanval? Voete sou sleep. Snaaks dat as volk mekaar doodmaak word grondeienaar arresteer?

ai toggie ·

Nee eke jy is doodreg. Mense lewer net kommentaar as dit wit mense is. Die arme kind wat gesleep is langs kar het almal gecomment tot hul uitgevind het dis nie n wit kind.

Jeanetta Taljaard ·

Ai, hoe jammer dat ras vandag belangriker is as ‘n lewe. ‘n Moordenaar is ‘n moordenaar, ongeag sy kleur. My hart bloei vir elke slagoffer en hul familie, want ongeag die kleur van hul vel, word daar nog steeds ‘n geliefde verloor. Het dit nie tyd geword dat alle geweld en moord as dit gesien word en nie eers gekyk word na die kleur van die oorledene nie. In Christus is ons almal gelyk. Laat ons eerder saam prober om ons regering te kry on strenger teen moordenaars op te tree, as om ons te bekommer oor die kleur van die slagoffer.

Eke ·

Ek lewer ni kommentaar as ek nie weet waarvan ek praat nie… Feit bly staan kommentaar word ni gelewer as n witman at fault is nie….

Keelvol ·

ag nee regtig niemand praat moord goed nie, en kommentaar oor die algemeen is nutteloos, maar kommentaar oor wat witmense verkeerd doen is dalk minder omdat HUL VERKEERDE DADE IN DIE MINDERHEID IS!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.