Nóg mans vas vir leeudele

Argieffoto: popista.com

Argieffoto: popista.com

WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

Nóg drie mans is in Limpopo in hegtenis geneem nadat die liggaamsdele van ʼn wit leeu in hul besit gevind is.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het gesê beamptes van die Namakgale-renosterprojek was Sondag omstreeks 05:30 op roetinepatrollie langs die R71 sowat 12 km buite Namakgale naby Phalaborwa toe hulle ʼn verdagte wit Toyota-bakkie opgemerk het.

“Die lede het die bakkie, met Limpopo-nommerplate, van die pad afgetrek en dit deursoek. Hulle het op ʼn wit leeu se kop, vier pote en ʼn stert afgekom en daarop beslag gelê,” het Ledwaba gesê.

Die drie verdagtes, tussen 34 en 41 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van bedreigde dierespesies. Hulle sal na verwagting Maandag in die Namakgale-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër vandeesmaand berig drie Mosambiekse mans is in Giyani in hegtenis geneem nadat die koppe van twee wit leeus en agt leeupote in hul besit gevind is.

Dit volg na ʼn vlaag voorvalle waar verskeie leeus vir hul liggaamsdele doodgemaak is. Die leeuslagtings hou moontlik verband met die plaaslike moetie-mark. Lees meer hier.

WAARSKUWING: Die volgende foto is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

Die liggaamsdele waarop beslag gelê is. Foto: verskaf

Die liggaamsdele waarop beslag gelê is. Foto: verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alida ·

Wat gaan ‘n hofverskyning help. Hulle gaan net borg kry en weer dieselfde grusame dade pleeg.

Joann ·

Sommige mense is so heilig,voor in die kerk maar dan glo hul nog aan sulke nonsens soos renoster horing en dele van leeus en moenie hul voorvader geeste en tokkelosie vergeet nie. So toe soos bliksoldaat se gulp maar hul word hoog geag.

ria ·

kap hul hande af en bring die doodstraf klaar, as dit nie mense is wat dood gemaak word nie is dit diere…. nee heerlikheid wat se kreature is op die aarde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.