Nog miljarde se finansiering vir arm studente

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die begroting vir die finansiering van behoeftige studente is met 107% opgestoot en belastingbetalers sal voortaan sowat R42 miljard deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) vir hul studies opdok.

Dit is ʼn beduiende toename van die R20 miljard wat vantevore aan die hulpskema toegeken is.

Finansiering vir NSFAS het van R4,9 miljard in 2014‑’15 tot sowat R35 miljard in die 2020‑’21-boekjaar toegeneem, maar bykomende finansiering is herprioritiseer om vir ʼn tekort voorsiening te maak.

Die minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, sê die algehele getal studente wat finansier word, ook deur ander staatsdepartemente, het met 45% toegeneem – van 346 966 studente in 2018 tot die finansiering van 504 366 studente verlede jaar.

Altesame 92,9% van hierdie studente is swart, 4,2% is bruin, 0,7% is Indiër, 0,9% is wit en 1,4% word as “ander” aangedui. Meer as 61% van die studente is vroue.

Nzimande het Woensdag aangekondig dat die aansoekproses vir NSFAS-finansiering op 2 November open en tot 7 Januarie sal duur wanneer die uitslae van die matriekeksamen bekend gestel word.

Die aansoekproses het in die verlede van September tot November geduur om studente genoeg tyd te gee om hul aansoeke voor die nuwe akademiese jaar in te dien, asook om NSFAS ruimte te gun om die derduisende aansoeke te verwerk.

Die minister sê die later opening van die aansoekproses sal nie tot nadeel van aansoekers wees nie. NSFAS het vroeër vanjaar ʼn stelsel in werking gestel om die verwerkingproses van aansoeke te bespoedig en Nzimande sê voornemende studente sal nou veel vinniger weet of hul aansoeke om finansiering suksesvol was. Studente het vantevore gekla dat hulle te lank wag om te hoor of hulle finansiering sal kry.

Nzimande sê wanneer die uitwerking van die Covid-19-pandemie in gedagte gehou is, is daar nou meer as ooit ʼn behoefte aan studentefinansiering.

Hy sê boonop vaar NSFAS-studente gemiddeld beter as die breër groep voorgraadse studente.

Volgens NSFAS se 2019‑’20-jaarverslag het NSFAS-studente altesame 26% van alle gegradueerdes in 2016 uitgemaak en die skema se eie navorsing dui daarop dat die meeste NSFAS-gegradueerdes werk kry.

Nzimande sê NSFAS-studente se hoër prestasies is ʼn aanduiding van die positiewe uitwerking van finansiële ingryping deur die regering.

Maroela Media het ʼn navraag aan NSFAS gerig oor presies hoeveel NSFAS-studente hul studies voltooi en wag op terugvoer.

Ingevolge NSFAS-beleid het studente ʼn bykomende twee jaar (die sogenaamde N+-reël) om hul studies te voltooi en indien dit nie in hierdie tydperk afgehandel word nie, word die finansiering opgeskort.

EWN het vroeër berig in die 2021- akademiese jaar is 66 170 bestaande studente en 27 317 studente se finansiering teruggetrek omdat hulle die N+-reël oorskry het.

Kagisho Mamabolo, woordvoerder van NSFAS, sê die reël geld sodat studente nie die stelsel uitbuit nie. Dit word bereken op die aantal jare in hoër onderwys, eerder as die aantal jare wat NSFAS-finansiering aan ʼn student betaal is, en word só toegepas omdat NSFAS op die beginsel werk dat hy studente help om hul eerste kwalifikasie te behaal.

Sowat 790 000 studente het in 2021 vir NSFAS-finansiering aansoek gedoen, naastenby 185 000 meer as ʼn jaar tevore. Maroela Media het ook vroeër berig van die meer as ʼn miljoen studente wat reeds hoër onderwys ontvang, word tussen 60% en 65% reeds deur NSFAS gefinansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Di ·

Mmm.. sal maar eerder nie my kommentaar hier gee nie – die syfers spreek boekdele

Kokerboom ·

Ek voel Blanke belastingbetalers moet dan net 0.9% van R42 bydra

Suzette ·

Julle sal moet begin om iets aan die aanwas te doen – die verarming gaan net meer en meer word met die dat die monde meer en meer word……

Di ·

Dit sal NOOIT gebeur solank hulle grants vir elke kind kry nie, dis die hoof rede vir die groei in aanwas. Kry meer kinders net vir die paar rand elke maand waarvoor hulle alreeds nie kan sorg nie. EISH

Herman ·

Die anc is darem besig om stemme te koop. Eers vanoggend die berig oor krag en nou die. Wonder hoeveel gaan realiseer. Ons land is bankrot. Ons leef op skuld. Waar gaan die geld vandaan kom.

Di ·

Goeie vraag! EFF mos gese hulle moet elkeen 10 kinders kry, hulle sal sorg dat almal grants, gratis medies en onderrig en nog vele meer kry.

Kokerboom ·

As finansiering uitkomste gebaseer is is dit goed. Die geldvloei moet egter fyn dopgehou word. Onthou die kaders het GEEN respek vir geld of oorsprong…dis net daar!!!
Te veel studente gaan egter Universiteit toe. Dit gaan te lekker
Meer klem moet gelê word op opleiding van sog “bloukraag werkers”
As 60% + werk kry hoekom groei ekonomie so traag?

JM ·

“Altesame 92,9% van hierdie studente is swart, 4,2% is bruin, 0,7% is Indiër, 0,9% is wit en 1,4% word as “ander” aangedui. Meer as 61% van die studente is vroue.”

Rasmal Suid-Afrika! O,9% wittes word gehelp, maar 92,2% wittes moet belasting opdok vir swart studente! Hoe uiters arrogant!

Mariana ·

Dit is belaglik ja, ons moet betaal maar ons kinders mag nie die voordeel kry nie. Die rasmal regering maak my siek

Pierre ·

JM ek stem saam die syfers verteenwoordig nie die land se demografie nie maar om se te se 92,2% wittes betaal belasting is ook nie veteenwordigend nie, sal dit dan beteken 92.2% van wittes kan selfs vir die studies betaal?

Tweendens beteken dit dat slegs 7.8% wittes werkloos is en boonop genoeg verdien om belasting magtig te wees..

Jakes ·

Daar loop duisende gegradueerdes elke dag op straat wat soek na werk en nie kry nie. Van die 800000 matrikulante wat nou eksamen skryf sal helfte geen kans staan om werk te kry nie al studeer hulle ook. Die agbare minister moet die publiek in kennis stel watter persentasie van hierdie studente wat deur die hulpfonds bevoordeel word, hul grade wel behaal en watter persentasie van hulle opskop na n jaar op universiteit. Daar is net te veel mense in SA en te min werk vir almal. N mens hoef glad nie n genie te wees om dit te besef nie. Die geweldige aanwas van ons bevolking moet eerder aandag kry.

SjN ·

Verhaal ook die miljoene wat foutief oorbetaal is aan studente, wonder hoeveel nulle is nog bygesit met oorbetalings, die mense in beheer en slaagsyfer vereistes spreek vanself wat beurse aanbetref.

annie ·

Reg minister ons belowe ons sal miskien vir die ANC stem aangesien julle ons ooglopend nou wil omkoop om dit te doen. Ook omdat ons nooit weer krag sal hê as ons sy edele die hardop president, nie weer loshande wen in die demokratiese verkiesing nie.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Geld in ñ bodemlose put! Alles goed en wel, maar met ñ swak onderrig stelsel wat minderwaardige kwalifikasies tot gevolg het met geen ekonomiese groei nie m.a.w. besighede wat nie geskooldes, gekwalifiseerdes en gegradueerdes in diens kan neem nie, is dit ñ futiele oefening . ANC doen alles agterstevoorom en verwag dit moet vanself reg werk. Wake up and smell the roses, the chickens have come home to roost!

casper ·

Net nog ‘n handout – Hulle kry nie ‘n sent terug nie en 80% druip buitendien !!

Harley Davidson ·

Verkiesing foefie, hulle het nie eers genoegsame finansies om hulle elektrisiteit rekening te betaal nie.

Lorna ·

Maar my magtag
Daar word net gegee en gevat
So bekommerd oor die dag vir pension

AW ·

Ek is so DANKBAAR

Toe ek 16 was het ek besluit dat ek nooit ooit kinders sal hê NIE,

Want ekke wil soooo graag bydra duur middle van my jaarlikse belasting,

Om die ander man se kinders te finansier vir hulle studies.

Dis nou my klein bydra tot naaste liefde.

JL ·

Nou wonder ek so by myself? Dit klink alles wonderlik maar, wat is die slaagsyfer van diegene wat befonds word, hoeveel van die students voltooi hulle kursus en hoeveel van die gelde word verhaal by voltooiing van die kursus. Moet die belastingbetalers net aanhou en aanhou bydra vir die “beloftes” en verwagtinge wat geskep word, met min indien enige verantwoordbaarheid van die bevoordeeldes se kant af.

Hendrik ·

Ek wens ek kon in n land woon waar my inkomste net myne is en nie vir miljoene afhanklikes wat geen waardering daarvoor het nie en ook geen selfverwesenheidsdrang openbaar nie.

Nie Verbaas ·

Hoe kry 30%ters dit reg om op universiteit op te eindig? Die staatsentiteite spreek boekdele oor waar ons BEE gedrewe ekonomie alreeds op pad heen is.

Pietertjie ·

Die spaarvarkie is vrygewig! Wat was die opbrengs uit belegging van belastinggeld in studente tot dusver?

JohanR ·

Hoekom nie sommer 130%, of 170% of 200%. Betaal belastingbetalers betaal vir die ANC se vrotheid. Is dit nie wonderlik hoe die ANC met die goed te voorskyn kom drie daai voor ‘n verkiesing!

Boon ·

Witmense betaal meer as 50% van die staat se total e belasting-inlomste, maar wit kinders kry minder as EEN persent van die beursgeld. Dis mos totaal onregverdig!?

Jr ·

Julle foto is n menslike verduidliking van ” HUH, DUH, EN EISH

Shakespeare ·

Werkloosheid 40 %. Hoekom ? Ander lande sal nie investeer in ‘n hiper korrupte, verwoestende, onbevoegde, skelm en rassistiese regering nie. VIVA ANC/EFF en julle hiper onbevoegde en onkundige stemvee.

Jo ·

Wat gebeur as hulle nie slaag nie? Betaal hulle die geld terug? Dan gaan hulle baie geld terugkry! Ons matrikulante kan nie lees nie ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.