Nóg miljoene se belastinggeld na SAUK

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse belastingbetaler gaan R3,2 miljard moet hoes vir die SAUK se reddingsboei van die regering, volgens ʼn aankondiging Vrydag deur die minister van kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams.

Van die R3,2 miljard gaan R2,1 miljard Maandag al aan die SAUK oorbetaal word nadat die SAUK-raad ʼn omdraaistrategie goedgekeur het wat vir die nasionale tesourie aanvaarbaar is.

Die SAUK het voorts heeltemal voldoen aan vyf van die agt vereistes wat die tesourie vir die toestaan van die reddingsboei gestel het. Die uitsaaikommissie het gedeeltelik aan nog twee vereistes voldoen en onderneem om die oorblywende vereiste dringend te takel.

Die vyf vereistes waaraan volkome voldoen is behels:

  • Die vasstel van presiese en gedetailleerde finansiële bestuursvereistes vir die volgende 18 maande;
  • ʼn Lys van presiese kostebesparingplanne waarby nougeset gehou moet word;
  •  ʼn Presiese uiteensetting van waarom die SAUK finansieel ineengestort het en presies hoekom vorige omdraaistrategieë misluk het sodat ʼn herhaling voorkom kan word;
  • ʼn Presiese uiteensetting van hoe daar afgereken gaan word met diegene wat weens wangedrag uitgewys is in die forensiese verslag oor wandade by die SAUK en
  • Die daarstel van ʼn nuwe omdraaiplan wat nougeset uitgevoer moet word.

Minister Stella Ndabeni-Abrahams. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Die twee vereistes waaraan gedeeltelik voldoen is behels die skep van afsonderlike bestuurspraktyke vir die kommersiële en openbare diensaspekte van die SAUK en ʼn uiteensetting van onnodige bates van die SAUK wat verkoop kan word.

Die aspek waaraan nog nie voldoen is nie, is die identifisering van groepe in die private sektor wat kan saamwerk om die SAUK te verbeter. Ndabeni-Abrahams het aangedui dat die SAUK gereed staan om aan hierdie laaste vereiste ook te voldoen.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

What a joke! ·

Uiters belaglik! Die land kan daai geld baie beter gebruik as om nogmaals n onbevoegde korrup staats instansie soos die vir die soveelste maal te probeer red!!! Pateties man!!! Daar sal n prys wees vir die dwaasheid!

Die waarheid ·

Dankie Maroela! Julle is die enigstes wat dit so rapporteer.
Die ander sê die staat gee die geld, aspf hulle vir ons ‘n guns doen.

marous ·

Kieswetter het gewaarsku dat daar ‘n belasting revolusie gaan kom . Dis nou tyd om op te hou praat en dat dit moet gebeur . Klaar .

James ·

Twee jaar terug al begin. Dalk gaan ek eendag tronk toe. Is JY bereid om OOK die daad by die woord te voeg – soos EK? NIE? Hoekom nie? Bang? Jy sien – PRAAT, is maklik…

Dolf ·

Die polisie se begroting word gesny om hierdie spulletjie te finansier.

Marix ·

Die SABC wys nie programme wat ek geniet nie. Dus betaal ek ook nie my lisensie nie.

Hanlie ·

SABC / DSTV vat alle Afrikaanse kanale weg en geen of minderheid word in Afrikaans gedoen. Ek vang nie eens SABC op waar ek bly nie so hoekom moet ek betaal?

Chris Ws ·

Volgens die uitsaai wet wat in April 1976 in werking getree het MOET jy ‘n tv lisensie he as jy ENIGE beeld kyk op enige skerm.Maw selfs op ‘n rekenaar se monitor skerm.Daar word GEEN uitsondering gemaak wat se jy betaal tv lisensie om SAUK Tv te kyk nie.Enige Tv stasie se beeld wat jy opvang en kyk is onderhewig aan ‘n TV lisensie.
Maar as hulle Tv lisensie geld kon vorder van die miljoene roof kykers veral in swart woonbuurte en informele nedersettings sal die SAUk nie ‘n probleem he met finansies nie.Ons betaal ons tv lisensie gereeld maar sien nie waar daai geld gebruik word nie.Dis ‘n bodemlose put.

Yolanda ·

Die grappies wat die mense vertel raak net al hoe beter.. Verwag mens moet TV betaal om na wat te kyk..as ek in die eerste plek wou lees het ek met n boek gaan le..

Jo ·

@Hanlie, waar val jy uit dat hul Afrikaans wegvat? Bedoel jy AL die nuwe afrikaanse stories wat wys? self op SABC encore, 50/50, ou 7de laan, belade vir n enkeling ens ens, of op sabc 2 en 3 waar meer afrikaans wys as ooit te vore? Kry asb eers julle feite reg.

Judge Dredd ·

Hahahahahaha.
Die laaste vereiste – identifisering van groepe in die privaat sektor wat SABC kan verbeter.
Ja julle vervreem mos die wittes/Afrikaners.
Dit laat my dink aan die Bybel vers – Die steen wat afgekeur is, juis die het die belangrikste steen geword…..

Frans ·

Ons belastinggeld word verseker gebruik om die ministers van deftige klere en juweliersware te voorsien. So jammer ons kan dit nie met ons gesin se inkomste na belastingaftrekking ook bekostig nie.

Leon ·

Liewe genade, hulle het nou al soveel omkeer strategieë gehad, hulle lyk al soos ‘n klomp waaiers voor ‘n dwarrelwind!!

Andre Cotezee ·

Nee so kan dit nie voortgaan nie.Die belsting revolusie moet kom.Die tyd is hier.

SO ·

Sokker uit gesaai maar nie krieket of rugby wêred beker op SABC kanale nie maar belasting betalers waarvan baie wit is se geld word hier vermors!! Grap van ‘n puesang land hierdie

Outoppie ·

Nou is my lisensie vir die res van my lewe klaar betaal met daai tax geld

Lindtjies ·

En so moet ons belasting betalers die een sinkende skip na die ander probeer red. Kieswetter is doodreg as hy sê hier gaan ‘n groot belasting opstand kom. Ek gee nie om om belating te betaal nie maar dan moet dit reg aangewend word.

O Wee ·

Hierdie fat-cats moet maar lekker aangaan…..een of ander tyd gaan die beursie sy boom sien en, eish! die val gaan hárd wees!

Schalla ·

Net gister opgelees oor hoe mens jou TV tuner kan laat verwyder sodat jy wettiglik nie TV lisensie hoef te betaal nie. In Amerika sien ek bied Vizio TV-stelle sonder tuners. Dis jammer hier in SA kry jy dit nie, net monitors en hulle is deur die bank duurder en kleiner as TV’s. Ek wens vervaardigers soos Samsung en LG hier wil dieselfde begin doen. Ek kyk NOOIT SABC nie en meeste mense wat ek ken ook. Al wat jy nodig het is ‘n skerm met HDMi en/of netwerk konneksie want meeste van ons stream vandag wat ons wil, wanneer ons wil. Te hel met SABC, ESKOM en die res van hulle. Ek is ook sterk oppad om off the grid te gaan met krag. Wil my eie ding doen, het hulle nie nodig nie

Anoniem ·

What a Joke hoe lank moet ons nog vir hierdie sukkelende en patetiese regering betaal. Wat van as cyril en al die ander se salaris bietjie gesny word verdien heel temal te veel useless klomp.

Liekie ·

The joke is still on – bring back for “Hlaudi” – the clown who started most of the mess…EISH !!

Johann cb ·

Al hierdie sukkelende Staatsinstansies sal op ‘n stadium ongelukkig gesluit moet word. Die land en sy belastingpligtiges kan nie meer byhou nie! Kyk waar is lewenskoste! Gaan ons, die man-op-straat, enige hulp ontvang?

HPV ·

Sinkende skip, een na die ander reddingsboeie wat op die ou end net die ligging van die wrak gaan aandui. Viva ANC regime.

Johan Maritz ·

Die ANC het een groot probleem al hulle top-bestuur aanstellings se gemiddelde ouderdom is 19 jaar . Hulle sukkel van nature en dan wil hulle nog sulke moeilikke take ook verrig. Ek moet se die Afrikaner het die geduld soos n Labrador alles gebeur, ons blaf maar byt nie. Eending van hulle die vermoe om oortegaan tot aksie is baie prominent.

James ·

Mooi. So volgende jaar weer? Elke jaar?

Niks van sustainability nie..

Keelvol ·

Die hoeveelste reddingsboei?
Die hoeveelste omdraaistrategie?
Wanneer is dit ” Voorwaarts, mars”?
Niemand is nog ooit tot verantwoording geroep omdat die reddingsboei misgevang is nie.
Nou gaan top bestuur weer bonus kry omdat hulle die SAUK goed bestuur het.

JG ·

Ou Stella moet dit seker maar gee vir die spul…sonder die sabc het sy ook nie meer n job nie…

Eben ·

Ek glo ‘n besluit is gemaak om die SAUK te red en glo Ian Plaatjes sal ‘n suksesvol wees. Ek het saam met hom gewerk en hy is baie Christelik, eerlik en sal niemand kwwad doen nie. Aan die anderkant sal hy streng optree teen vermorsing van geld en stappe teen die oneerlike personeel neem. Ek dink hy verdien ‘n kans om die moeilike situasie te hanteer. Hy glo ook aan ‘n kultuur en werks klimaat waar al die goeie personeel sal floreer en die vrot appels van die goeie appels skei. Ek is baie trots op Ian en hy is ‘n hoogsrespekteerde mens wie ek sal verdedig.

Kallie ·

Ek het daai een dit al voorheen gehoor. Sommer ‘n paar keer. Feit is, die organisasie kan nie meer gered word nie, tensy 50% van die staf onmiddellik afgedank word.

Hannetjie ·

En dit is presies die rede dat die regering se plan van medies vir almal nie sal werk nie.Hul kan nie eers die SAUK…SAL…ESKOM en nog hordes ander plekke aan die gang hou nie..hoeveel te meer gesondheidsorgplanne.

JohanR ·

Al klaar uitgedeel en in die regte rekeninge in. Wag nou net ses maande, dan kom die volgende bak hand van Awkward Park af! We want, we want!!!

Toegevoegde Belasting ·

Nog n rede hoekom ek so min as moontlik belasting betaal vir die bodemlose putte!

K ·

Een van die hoof redes dat ek 13jaar terug landuit is. SA sal nie n sent van my sien nie. As ek my mense wil sien, vlieg hulle na my toe. Sal nooit ooit weer n voet daar sit, n sent spandeer of SA goedpraat nie, waarsku al wat n moontlike toeris is.

ap ·

is nie we want we want nie , eerder we take and take , hul lese

Herr Krieg ·

Alle maatskappye waarin die anc belange (gehad) het, is finansieel geruineer ter wille van Marxist ideologie en gierigheid. “All animals are equal, some are just More equal” ( Gekwoteer uit die boek: Animal Farm)

Suzette Geringer ·

Ons swaar verdiende belastinggeld verdwyn in ‘n bodemlose put as gevolg van hierdie onbevoegde goed wat in beheer is.

Boskind ·

Dis hoekom ek nie my tv lisensie meer wil betaal nie want elke keer word mý/ons belastinggeld gebruik om die SAUK uit die akkies te help…..dus betaal ek dubbel. Ek kyk in elk geval geen Sauk programme nie net Netflix!

BlinkStephaans ·

Ek wonder nou so by myself… sal die regering nou die dag as die belastingbetaler nie meer kan nie na ons kant toe ook n boei gooi?… verkieslik een waarvan ons self die bedrag kan kies… en dan oor ñ jaar vra ons weer een… en so jy weet. As iemand sy onderneming en sy persoonlike finansies soos sy gat bestuur, sien hy sy gat en moet met die nagevolge oor die weg kom. Ons liewe regering bestuur hul dingtjies so… en ons moet maar net weer opdok. Dalk moet die gevolge van swak bestuur maar nou daar ook geld… jy weet… dink ek maar. Dit raak nou bietjie belaglik.

Carl ·

Hallo @James, @Toegevoegde Belasting en @K : Dankie vir julle skrywes. Bravo vir julle. So bly ek is nie alleen nie. Ek het daardie hool 14 jaar gelede verlaat. My besigheid gesluit en gewaai. Meer as 100 “werkers” afgedank. Het van die begin af geweier om te registreer en het geweier om belasting te betaal. Is geen dag spyt nie. Sal nooit terug kyk en sal ook nooit weer my voete daar sit, of ‘n sent daar spandeer nie. Waarsku ook almal hier, en hulle verstaan 100%.

aj ·

Ruimte eeuse tegnologie … in die hande van steentydperk mense!

Gevaarlik!

aj ·

RSG het sy Afrikaanse luisteraars in ‘melkkoeie’ verander deur R1.50 te vat vir elke sms.

Wys ons asb hoeveel geld só van luisteraars gemelk word!

Wat word van die R1.50 van die Afrikaanse luisteraars? Waarvoor betaal hulle?

Betaal AL die ander SABC radiostasies se luisteraars óók R1.50 per sms?

Indien nie WAAROM NIE?

Essie ·

Ek wil net weet hoekom miljoene in iets belê wat geen nut het nie maar die boere wat onder geweldige droogtes te staan kom wat sorg dat jy nedags etes het aan hul word net n paar rand gegee

Tiger ·

Om Tv lisensies te betaal bly ‘n klug.Maar dis die nalatingskap van Die Nasionale Party regering van ouds.Ek wens iemand wil navorsing doen dat ons bietjie kan sien hoeveel blankes betaal hulle sn en hoeveel onder al die ander etniese groepe betaal hulle sin.Dis hoekom die SAUK nie kop bo water kan hou nie.

Stan ·

Kan engine iemand vir my sê in water ander land betaal jy nog vir TV lisensies? Ek het al in baie ander lande gebly en nie nodig gehad om om vir ‘n TV lesensie te betaal nie. Ek dink meer dit is ‘n geval van ‘n klein groepie wat ander help of dalk iemand baie ryk maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.