Nóg ministers bedank in protes teen Brexit-plan

Britain Politics

Theresa May. Foto: AP Photo/Kirsty Wigglesworth

Nog twee van die Britse premier, Theresa May, se senior ministers het bedank in protes teen May se Brexit-onderhandelingsplan.

The Guardian berig Ben Bradley en Maria Caulfield het Dinsdag albei hul bedankingsbriewe ingehandig kort nadat die nuus aan die lig gekom het dat Boris Johnson, Brittanje se minister van buitelandse sake, bedank het.

Johnson se bedanking is bevestig slegs ʼn paar minute voor May die parlement oor haar nuwe Brexit-strategie toegespreek het.

David Davis, die minister belas met Brexit, het ook Maandag bedank en May gekap oor haar onderhandelingspunte. Steve Baker, nog ʼn minister wat verantwoordelik was vir die uitvoer van Brexit, het ook sy bedanking ingedien.

Volgens The Guardian het Bradley in sy bedankingsbrief aangevoer die voorstelle wat by Chequers Court gemaak is veroorsaak dat die Verenigde Koninkryk gebind is aan die handelsregulasies van die Europese Unie en hy glo die uitkoms daarvan “sal die slegste van al die wêrelde bied” omdat dit nie in gees tot ʼn ware Brexit sal lei nie. Hy het gesê hy vrees dat die Europese Unie Brittanje se hande sal bind wanneer daar na nuwe handelsooreenkomste gekyk word.

Caulfield het gesê sy kan nie die rigting wat die Brexit-onderhandelinge inslaan ondersteun nie omdat May se onderhandelingspunte nie “ten volle die geleenthede wat Brexit kan bied omarm nie”. Sy meen hoewel May se beleid dalk gevestigde belange sus, sal die beleid tot nadeel van die land en die Konserwatiewe Party wees.

Verskeie ministers het gedreig dat hulle een-vir-een sal bedank in reaksie op Vrydag se ooreenkoms ná ʼn nuwe onderhandelingstrategie met die Europese Unie bewerkstellig sal word. Verskeie ministers is gekant teen voorstelle om goedere en dienste met die Europese Unie te belyn ná Brexit, met Johnson wat aangevoer het dat die VK op ʼn “koloniestatus” afstuur.

May het in reaksie op die jongste bedankings belowe dat die VK die Europese Unie op ʼn “gladde en ordelike wyse” sal verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Theron ·

Kan ons asb nuus kry oor die 15 000 plaasboere wat na Rusland emigreer en die ANC wat 2 dae gelede al laat hoor het dat kommersieële eiendom onteien gaan word? Dankie

Wollie ·

Mense wat vermoor word is nie nuus nie, dis meer n bewusmaking, en glo nie die paar van ons wat nuus hier volg het dit in elk geval nodig nie.. en die grond gaan onteien word, of daar nou nuus van dit is of nie, maak solank toekomsplanne

Theron ·

Daar is berigte in die betaalkoerant waarvan ons bejaarde Karoo klip-bewoners ongelukkig net die opskrifte kan lees omdat ons nie die subskripsiefooie kan bekostig nie. 15000 boere verken boerdery in Rusland. Sal graag meer wil lees hieroor.
Engeland se stories kan oral gelees word, maar nie hierdie sake wat ons direk raak nie.

Delia ·

@Theron….jy kan die volledige berig op RT (Russia Today) kry.

Paul ·

Theron, al die berigte in die media se webwerwe kan op “Pressreader” gelees word.
Baie daarvan wat bv op Netwerk24 voorkom is nie geblok nie. Sit Pressreader in jou
Google Search dan sal jy dit kry, as jy by jou ‘settings’ van jou browser in jou rekenaar,
die taal gestel het om ook Afrikaans in te sluit, dan sal jy ‘n funksie aan die linkerkant
van die Pressreader se blad kry, wat jou toelaat om op Afrikaans te klik.

nico k ·

Kan ons dalk ‘n artikel kry wat vir ons verduidelik wat behels Theresa May se planne waaroor die ander so kwaad vir haar is.

Paul ·

Theron, al die berigte in die media se webwerwe kan op “Pressreader” gelees word. Baie daarvan wat bv op Netwerk24 voorkom is nie geblok nie. Sit Pressreader in jou Google Search dan sal jy dit kry, as jy by jou ‘settings’ van jou browser in jou rekenaar, die taal gestel het om ook Afrikaans in te sluit, dan sal jy ‘n funksie aan die linkerkant van die Pressreader se blad kry, wat jou toelaat om op Afrikaans te klik.

Liberaal ·

Die globale superrykes het baie om te verloor met Brixit, dis net die laer en middelklasse wat gaan wen en wie gee tog oor hulle om.

Andre C ·

Kan Maroela ons asb op hoogte bring met die listeriose sterftes.Wie is daarvoor verantwoordelik en wat gaan met die skuldiges gebeur?

15 000 Boere trek Rusland toe ·

Beste Gerhard

Google die Russiese storie oor 15 000 SA boere wat na Stavropol in Rusland toe wil trek.
Dit maak GROOT opslae wêreldwyd . . . net in RSA word dié nuus gesensor

Daar is reeds suksesvolle RSA boere net Suid daarvandaan in Georgië, wat bykans 7 jaar al daar boer & 2x oeste per jaar in dié gunstige landbou omstandighede afhaal.

Die voormalige Soviet Unie state vry BAIE hard na ons boere

ANC teiken ook kommersiële grond ·

Dit is Sihle Zikalala, Kwazulu Natal se Grondhervormings koördineerder wat 2 dae gelede by die ANC se grondhervormings konvensie by die Durban Coastlands Hotel, gedurende sy spreekbeurt agter die mikrofoon, die opmerking gemaak het dat die ANC kommersiële grond gaan teiken & terug gee aan “Africans” vanweë “ekonomiese oorwegings”

Anja ·

Hopelik het ons ‘n eie land teen daardie tyd want daarsonder gaan ons als verloor.

Fake news!! ·

….doen julleself n guns en gaan GOOGLE flase news sites South Africa…
Toevallig is VAN die sites qat oor hierdie 1000de boere verslag doen OOK op daardie lys.
Hulle is net besig om “die pot te sturr”
En die mense val daarvoor!
En dan is hulle kwaad as n media uitgewer soos MM nuusberigte doen oor die buiteland WERELDNUUS. Hulle sal eerder hulle blind staar teen al die FAKE NUUS op sosiale media!

Paul ·

Gaan lees op Pressreader die berigte soos dit op die media se webwerwe geplaas is, Netwerk24 delot, en jy kan dit ook in Afrikaans lees as jy die verstellings doen wat ek hier bo gesê het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.