Nóg moeiliker herstelpad vir baba Chante-Amorè

Baba Chante-Amorè (Foto: Facebook via Chante-Amorè Koekemoer)

Dit is die laaste ding wat enige ouer wil hoor – dat jou siek pasgebore baba eintlik sieker is as wat dokters aanvanklik vermoed het. Maar dit is presies wat gebeur het toe die ses weke oue Chante-Amorè Koekemoer verlede Vrydag in die operasieteater ingestoot is.

Chante-Amorè is nou al sedert haar geboorte in Mei vanjaar in die waakeenheid van ’n private hospitaal in Rustenburg. Dít nadat sy met ’n gesplete verhemelte gebore is wat haar asemhaling bemoeilik.

Die babadogtertjie het op 21 Junie ’n operasie ondergaan waarin haar tong aan haar onderste lip vasgemaak is om te verhoed dat die tong heeltyd terugval. Dit is tóé dat die dokters agterkom daar is groter fout.

Volgens Chante-Amorè se ma, Simoné Koekemoer, het dokters Sondag met ’n sonar bevestig dat haar dogtertjie ’n gaping tussen haar onderste twee hartkamers het. Dit dra ook tot haar asemhalingsprobleme by. “Haar hartjie funksioneer nie soos dit moet nie en sy is nou afhanklik van kroniese medikasie,” sê Simoné.

“Die kardioloog gaan oor twee weke weer besoek aflê om te kyk hoe dinge vorder. Indien die medikasie nie werk soos die dokter wil hê dit moet nie, gaan sy ’n operasie moet ondergaan. Die operasie kan wel eers gedoen word tussen die ouderdom van vier tot ses maande,” verduidelik sy.

Intussen moet dokters ook nog ’n plaatjie vir Chante-Amorè maak wat in haar verhemelte pas om die gaping toe te maak. Sonder dié plaatjie sal bottelvoeding nie moontlik wees nie en sal sy steeds moeilik asemhaal. Volgens Simoné wag hulle nog egter vir die plaatjie.

Simoné meen dit gaan egter in die omstandighede goed met Chante-Amorè en die dokters is tevrede met haar vordering. Sy is verlede week gespeen van die ventilator wat vir haar asemgehaal het, en is nou afhanklik van ʼn kleiner ventilator.

“Die kleinste teken van vordering maak my hart bly. Ek voel positief oor die toekoms,” sê Simoné.

Simoné Koekemoer en baba Chante-Amorè (Foto: Facebook via Chante-Amorè Koekemoer)

Simoné het eers verlede week haar babatjie vir die eerste keer vasgehou. “My hart het op daardie oomblik baie vinnig geklop,” vertel sy.

Die pad vorentoe is egter nog duister en Simoné weet glad nie wanneer Chante-Amorè ontslaan sal word nie.

Maroela Media het sowat ’n maand gelede met Chante-Amorè se oupa, Stefan Koekemoer, gesels waartydens hy sy kommer uitgespreek het oor die reusagtige hospitaalkoste wat hulle nie in staat is om uit hulle sak te betaal nie.

Die bevalling is ten volle deur die Koekemoer-gesin se mediese fonds gedek, maar die fonds dek glad nie die res van die koste verbonde aan Chante-Amorè se behandeling nie.

“Die uitstaande bedrag wat ek voorlopig nog uit my sak moet betaal, beloop R48 000. Ons weet nog nie of die mediese fonds die babatjie se operasie gaan dek nie,” sê Stefan.

Die familie het ’n Facebookblad geskep waardeur verskeie geldinsamelingsinisiatiewe van stapel gestuur is. Volgens Stefan is hulle dankbaar vir elke klein bydrae en al die ondersteuning wat hulle ontvang.

Besoek Chante-Amorè se Facebookblad hier om meer inligting te kry rakende ʼn kompetisie wat pas van stapel gestuur is om geld vir die babadogtertjie in te samel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kornel ·

Ons Gebede is met julle. Mag Ons Vader Sy hand op jul pragtige dogtertjie plaas en haar genees.
Amen.

SNEL ·

Amen op jou gebed Kornel, bid vir totale genesing, want niks is vir ons God onmoontlik nie. Pragtige foto van ma en dogtertjie.

Adel ·

Ons bid saam met julle dat ons Hemelse Pappa hierdie kleine lyfie sal aanraak en volkome sal genees. Hou goeie moed mamma!!

Christel Rawstorne ·

Sterkte Chante-Amore veg klein mensie ons sit saam in dieselfde situasie. My dogter se baba is vrydag gebore een sukkel ook om self asem te haal. Sy is tans in nicu hul probeer haar van die ventilator af haal maar moes dit noodgedwonge terug sit gister. Al by die hospitaal laat weet hul nie eens my dogter toe hul die suurstof meer moes maak nie hul moet dit op ander maniere hoor. Sy mag nie eens aan haar kind raak nie en glo my dit is moeilik. Ek as die ouma het haar vrydag gesien toe sy uit teater gekom het. Vir ‘n privaat hospitaal dink ek dit was pateties want ek het gesien haar incubator se suurstof nipple was af gebreuk en moes dit toe nou op hulle tyd herstel word. Ek persoonlik wens die fondse was daar om die baba oor te plaas na ‘n beter hospitaal waar ons weet sy gehelp kan word. Sy is op 35 weke gebore omdat die dr gese het as gevolg van die steriod behandeling sal sy ok wees maar nou funksioneer haar longetjies nie reg nie en kan sy nie op haar eie asemhaal nie. Wat sleg is die privaat hospitaal loop dieselfde pad as sommige provinsiale hospitale waar jy ingaan en moet bid jy kom lewend uit

annie ·

Siestog sy is nog so klein… en nou moet sy al die pyn deurgaan… hoe verstaan so ‘n kelin mensie dit… almal wat sy sien maak haar seer … ek dink net aan elke keer wat haar drippie vervang moet word … om nie eers te praat van al die ander toetse of operasies nie. Baie sterkte vir julle en in die besonder vir haar!!

DV ·

Ons innege medelye met Die dogtertjie.
God se wee is nie ons wee nie.

Clout ·

Baie sterkte en werklike genesing vir die dogtertjie. Mediese fondse het n fondsinsameling geword om vigs lyers tot voordeel te strek. Vir enige iets anders moet jy n bybetaling maak en gapcover saam hê. Dis strooi! Neem die mediese fondse grondwethof toe. Vigs is meestal leefstylverwant! Hoekom moet eerlike fondbydraers die brunt vat vir vigs?

Olga ·

Nader die Fonds met ‘n Beswaar teen hule besluit om nie verdere behandeling te dek nie, aangesien dit ‘n PMB is (Prescribed Minimum Benefits) en gaan le ‘n klag by die Raad vir Mediese Skema’s. Skema’s word deur wetgewing verplig om enige siekte toestand wat lewens bedreigend is te dek! Fondse vat kanse en kom daarmee weg.

JJ ·

@Olga, net so! Ons kleintjie is eind Mei gebore, op ons invoices het hul gelukkig gesê PMB-die medies is wettig verplig om te betaal, wat probeer ons medies doen? Hul probeer om nie te betaal nie. Dié storie was op Cart Blanch ook al gewees van hoe mediese fondse nie betaal wanneer hul wettig verplig is nie

Langtoon ·

Kry die ou kleindingetjie nie uit my kop nie, my gedagtes is by julle!
Maak jul oop en voel Sy groot genade omvou julle, Hys by julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.