Nóg moeilikheid vir vermeende Facebook-bedrieër

Marius Smit tydens ‘n vorige hofverskyning.

Marius Smit, wat daarvan beskuldig word dat hy mense uit miljoene rande op Facebook bedrieg het, sal Dinsdag hoor of sy aansoek om borgtog in die landdroshof in Bloemfontein toegestaan is.

Smit (26) het Donderdag verskyn op nege aanklagte van bedrog. Hy is vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem nadat hy glo daagliks ʼn goedkoop voertuig op verskillende Facebook-groepe geadverteer het. Hy het deposito’s van belangstellende kopers geneem, maar nooit ʼn voertuig gelewer nie.

Afgesien van die bedrogklagte teen hom, is ʼn tussentydse beskermingsbevel wat Smit se vrou, Veronica, teen hom gekry het, gister in die hof aan hom beteken.

Die balju het terselfdertyd ʼn dagvaarding om ʼn egskeiding aan Smit beteken.

Smit het glo vantevore gedreig dat hy met die egpaar se eenjarige kind sal verdwyn as Veronica van hom probeer skei. Sy vrees glo vir haar lewe.

Die dokumente is aan hom beteken kort voor die hofverrigtinge begin het.

Smit bly in aanhouding by die Grootvlei-gevangenis tot hy Dinsdag weer in die hof verskyn.

Leon Rossouw, ʼn private speurder van die stad wat al maande lank op Smit se spoor is, het gesê hy soek steeds na nog slagoffers van die beweerde bedrogspul.

Nóg klagte kan dus moontlik teen Smit aanhangig gemaak word.

Smit se tweelingbroer, Werner, het óók gister in die hof in Bloemfontein verskyn, waar ʼn aanklag van winkeldiefstal teen hom teruggetrek is.

Die saak is laat vaar hangende die afhandeling van sy behandeling by die Noupoort-rehabilitasiesentrum.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Skoolgeld ·

Toe die geldfonteintjie opdroog toe vat sy die pad, klink vir my eerder na die waarheid! Soort soek soort.

Cherokee ·

Ek merk dit ook op. Dit is hoekom hy so jammer lyk vir homself. Nie jammer oor wat hy gedoen het nie maar jammer oorlat hy uitgevang is.

Elsa ·

Laat die blikskottel harde arbeid gaan doen, dan weet hy waar swaarverdiende geld vandaan kom

Andre Coetze ·

Daar is geen verskoning vir skelm wees nie.Jammer.Jy moet maar vat wat na jou toe kom.Die arme kindjie gaan ook sonder ‘n pa moet grootword.Hartseer.

Niklaas ·

Ja, by al sy ellendes is hierdie indiwidu nog ruggraatloos ook. Net swakkelinge sal sy vrou sleg behandel en dan nog weier om te skei , met die nodige dreigemente ook . En dan is hy oneerlik ook . Vreemde familie daardie , met die winkel diefstal arrestasie van sy tweeling broer. Groot fout daar ook want Noupoort is mos ‘n sentrum vir dwelm verslaafdes. Arme ouers van hierdie twee jongmans !!

Adéle ·

Watter mense betaal in elke geval ‘n deposito op iets wat te koop is. Nie in Suid-Afrika nie.
Dit is regtig dom.

marais ·

Ja Adele, stem saam! As ons Malema se voorbeeld vat, dan vat ons dit sommer maar net!! Wat het geword van die wet van die Transvaal?

Skoolgeld ·

Jy sal jouself verbaas! Almal is opsoek na ñ winskoop. Jy was dalk net tot nou toe gelukkig nie gevang nie.

Christa ·

Vanuit n ander perspektief en in die algemeen gevra: trou ‘n meisie met die man van haar drome en dan binne n paar jaar is hy ewe skielik ‘n skelm, boelie, swendelaar, ensovoorts?

Piet ·

Wonder hoekom die Leon so intense belangstelling in hierdie spesifieke saak het? Is daar nie ander krimenele daar buite nie?

Cherokee ·

Omdat Christa, vroumense se koppe oor die algemeen anders ingestel is as prakties. As hul paaie in hul middeljare skei, kom sy agter al die polisse is op sý naam. Die kar is op sy naam, en as hulle nie in (of deur) gemeenskap van goedere getroud is nie, is die huis dalk ook op sy naam. Hulle hèt ‘n vuurwapen, maar dit is eintlik net syne want dit was te veel moeite vir haar om ‘n bevoegdheidstoets te doen. Dit is waarom.. nie prakties ingestel nie. En ek praat nie van almal nie.. my vrou kan alles doen wat ek kan doen plus meer. Maar oor die algemeen is julle anders ingestel.

Christa ·

Waarop ek eintlik op sinspeel, Cherokee, is dat mense te vinnig/maklik trou. Ek sukkel om te glo dat hierdie Marius (en vele ander gevalle) nooit tekens van “vreemde/swak” waardes getoon het voor die huwelik nie. Die man is slegs 26 jaar oud, dus kon hulle nie te lank getroud gewees het nie. Ek weet daar is mense wat briljant is om voor te gee – maar deur genoeg tyd met hulle deur te bring (bv voor die huwelik) begin die krakies mettertyd deurskemer.

Onnie ·

Kyk mooi na die foto. So lyk ‘n man wat sy lewe lank mense geboelie en bedrieg het, en nou besef hy is “powerless” agter tralies. Bly sy vrou het die geleentheid aangegryp om uit sy kloue te kom.

Willie ·

Ja nee, wil ek ook weet Piet, die Leon spandeer vreeslik baie tyd met die Marius, dit moet hom seker baie geld en en tyd kos?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.