Nóg ʼn ‘aanhitser’ van Julie-onluste vas

Joe Bernington Mabaso. (Foto: Verskaf)

Nog ʼn beweerde aanhitser van die sogenaamde Zuma-onluste wat in Julie vanjaar in Gauteng en KwaZulu-Natal uitgebreek het, is Dinsdag in hegtenis geneem.

Tientalle mense is sedert die uitbreking van die onluste in hegtenis geneem, maar slegs ʼn handvol van die beweerde aanhitsers is al vasgetrek.

Joe Bernington Mabaso (47), wat saam met talle ander verdink word dat hy aandadig aan die onluste was, is die jongste verdagte wat aangekeer is. Hy is Dinsdag in die vroeë oggendure in sy huis in hegtenis geneem.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê na ʼn lang ondersoek het die Valke se eenheid vir georganiseerde misdaad en die eenheid vir misdade teen die staat ʼn klopjag op Mabaso se huis in Dobsonville, Soweto, gelei.

“Die polisie het beslag gelê op elektroniese toerusting, selfone, ʼn gelisensieerde vuurwapen en klere vir verdere ontleding.”

Mabaso het reeds vlugtig in die Roodepoort-landdroshof verskyn. Aanklagte van aanhitsing om openbare geweld te pleeg staar hom nou in die gesig. Nog aanklagte kan moontlik later bygevoeg word.

Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat en moet weer op 31 Januarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Juffrou ·

Ag wat ń grap! Gaan arresteer daai spul wat nou kastig sê hulle was in selfkwarantyn! Weggekruip dis wat.

Swerwer ·

“Zuma Onluste” sluit Hoed in, en hy is nog nie gearresteer nie.

Maggies ·

R1000.00 Borgtog? Dit is belaglik. Miljoene rande se skade en om nie eens van verlies van lewens te praat nie.

Philip ·

Dit is nou n sideshow om voor te gee dat daar iets daadwerkliks gaan gebeur wat inderdaad net Smoke en Mirrors sal blyk te wees. Net so min soos ou zoomer iets sal oorkom net so min plunderaars en ondersteuners wat die saak sal uitrek totdat dit self verdwyn.

SlinkseKoljander ·

En niks sal met hom gebeur nie, ek glo hulle hom ook baie goed betaal vir alles.

Rooikoos ·

Nie die jongste verdagte nie, maar die mees onlangse verdagte.

Hennie J ·

Vir hoogverraad teen die piesangregering moes hy eintlik R10-00 bortog gekry het.

Blikkies ·

DIE POLISIE WEET NIE HOE OM HIERDIE SAKE TE ONDERSOEK NIE.

Niklaas ·

Jykan sommer aan sy gesig sien…hier is ‘n moeilikheid maker

Willem ·

Meer as R50 Biloen se skade en hy kry borg van R1000 ?? Terwyl die boer wat homself verdedig het steeds in die tronk sit?

Tienie ·

Dinsdag aangekeer.

Ou nuus.

Hy is klaar weer op straat.

Ek wonder net wie het hom betaal vir sy aksies en waar en wie het hom opgelei?????

Yvonne ·

Belaglik…..maande gaan verby sonder enige vreeslike verwikkeling….miljoene der miljoene se skades

Geregtigheid ·

MILJARDE IS GEROOF. NIEMAND HET NOG GEBOET NIE. HIER REGSTELSEL IS N GROOT GRAP

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.