Nóg ʼn aanklag van seksuele aanranding by Gauteng-skool

Argieffoto

Nog ʼn voorval van seksuele aanranding by ʼn Gautengse skool het aan die lig gekom.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het in ʼn verklaring gesê ʼn 44-jarige busbestuurder is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn 13-jarige leerder op 13 en 16 Oktober seksueel aangerand het.

Die leerder en ʼn onderwyser het die saak by die polisie aangemeld, wat tot die bestuurder se inhegtenisneming gelei het. Hy sal Maandag in die Lenasia-landdroshof verskyn.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in die provinsie, het gesê hy het met hartseer van die jongste voorval verneem. “[Die busbestuurder] sal nooit weer in ons skoolomgewing toegelaat word nie. Hierdie aktiwiteite sal nie toegelaat word om in ons omgewing pos te vat nie,” het Lesufi gesê.

Dié voorval is een van talle soortgelyke gevalle van seksuele aanranding wat onlangs aan die lig gekom het. In een geval het ʼn veiligheidswag van die AB Xuma Primary School in Soweto na bewering tot soveel as 87 leerders by die skool seksueel misbruik. In nog ʼn voorval is ʼn leerder van ʼn hoërskool in Mamelodi-Oos by die skool se matriekafskeid glo deur ʼn veiligheidswag verkrag.

David Makhura, premier van Gauteng, het intussen ʼn spesiale kabinetskomitee saamgestel om die vlak van seksuele aanrandings in die provinsie se skole te bepaal en stappe te doen om leerders se veiligheid te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

snoefie ·

kry vir jou panaroti. jy klim mos heinings om “rassisme” te beveg. te hel met enige iets anders.

Johanna Botha ·

Met 4 verkragtings elke minuut in SA is dit gladie n verassing nie …dit bevestig maar net die regter se woorde en hoe vrot die waardes is van die gemeenskap …geen wonder SA is in so n benarde situasie van totale verval !

andrea ·

Ag shame, Lesufi is hartseer! Glo my, dis waar die saak gaan bly en later effektief van die rol gaan verdwyn. Word busbestuurders en veiligheidswagte deesdae sonder CV’s aangestel? Hou op tjank Lesufi en doen iets!

Werries ·

Kom die einde van die jaar dan presteer jhb se matriek leerders die beste. Wow!

Leahim ·

Dit is n kriminele probleem dink jy kan maak wat jy wil sonder om die nagevolge te dra maar dit is nie ons mense wat die dinge doen nie

Uvonka ·

Siestog hy is kastig hartseer, wat gaan hy daaromtrent DOEN???????

Cherokee ·

Sal interessant wees om te weet wat Mabel Jansen daarvan sê.

Theresa ·

Wat word bedoel dat die oortreder nie weer in hul skoolomgewing toegelaat sal word nie??
Is dit net in daardie spesifieke omgewing?? of ten minste ‘n plakkaat landwyd van die sot se gesig en volledige beskrywing van wat hy verkeerd gedoen het sodat ALMAL die hele land vol (ook mense wat weer ‘n busbestuurder wil indiens neem) kan sien wie om te VERMY??????
Vir al wat mens weet, begin hy eenvoudig taxi bestuur …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.