Nóg ʼn aanrandingsaak teen Malema

Julius Malema. Foto: SAPA

Julius Malema. Foto: SAPA

Die Limpopo-polisie het bevestig dat nóg ʼn saak van aanranding teen Julius Malema, leier van die EFF, aanhangig gemaak is, skaars vier dae nadat ʼn video aan die lig gekom het waar hy glo ʼn man in ʼn kitskosrestaurant rondgestamp het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale woordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê ʼn veiligheidsbeampte beweer Malema het hom Saterdagaand tydens ʼn musiekfees by die Peter Mokaba-stadion in Polokwane aangerand en ʼn vuurwapen op hom gerig.

“Na wat verneem word, het Malema en sy gevolg glo nie toegang tot die geleentheid gehad nie,” het Otto gesê. “Ná ʼn lang woordewisseling is hulle uiteindelik toegelaat. Die vermeende voorval het plaasgevind toe die groep die stadion wou verlaat en nie toegelaat is om uit te gaan nie.”

Die veiligheidsbeampte by die betrokke hek het geweier dat die groep die stadion verlaat. Hy het Malema en sy gevolg glo versoek om die stadion deur ʼn ander hek te verlaat, waarna daar ʼn onderonsie uitgebreek het. “Die beampte beweer Malema het ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en op hom gerig. Die beampte is glo ook rondgestamp en teen ʼn hek gegooi.”

Die beampte het Sondag ʼn klagte by die polisie aanhangig gemaak. Volgens Otto ondersoek die polisie ʼn saak van die rig van ʼn vuurwapen, aanranding, en opsetlike saakbeskadiging.

“Die polisie is steeds besig om die bewerings te ondersoek en verklarings af te neem,” het Otto bygevoeg.

Maroela Media het Donderdag berig ʼn klag van aanranding is teen Malema ingedien na ʼn voorval by ʼn kitskosrestaurant in Tzaneen wat op kringtelevisiekamera vasgelê is. Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan die man, wat glo deur Malema rondgestamp en gevloek is, bystaan met die indien van strafregtelike klagtes van aanranding, intimidasie en crimen injuria. Die beweerde voorval het op 8 Junie plaasgevind. Klik hier om die video te sien.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het Donderdag gesê Malema aggressieprobleme en is die aanval in die restaurant die derde voorval waarvan die organisasie bewus is waarin hy handgemeen raak met lede van die publiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anton ·

En nog steeds wys hy vir almal die middelvinger en loop vry rond want moegenoeg sorg dat hy nie agter tralies land nie

Chris ·

Jaco en Zander.

Sien julle nou wat werklik aangaan of is die een ook uit die duim gesuig?

Francois ·

Mal-Emmer gaan nog BAIE moeilikhied maak as iemand hom nie toesluit nie. Hy sê mos hoeka hy is reg om tronk toe te gaan…nou stuur hom dan tronk toe!

Bernard Jacobs ·

“Die klagte word nog ondersoek”. Ja, en daar word verklarings afgeneem by honderde malema ondersteuners, so wat gaan hy oorkom want natuurlik gaan almal sê hy het NIKS verkeerd gedoen nie. Dalk was die veiligheids wag verkeerd en ongeskik gewees of dis wat hulle almal gaan sê.
Malema en sy gevolg is ‘n grap man en ‘n verleentheid vir die parlement én vir die hele Suid Afrika.

Peter Says ·

Hy gaan binnekort sy moses teekom, die regte persoon op die regte plek…gaan sy klok lui…kyk maar.

Kellies ·

Peter Says, ek stem saam met jou. Hy gaan eendag dit probeer met die regte boer dan gaan hy sy moses teekom. Ek hoop net dit is gou.

Meisie ·

Die dom donkie dink seker as hy tronk toe gaan , hy gaan uitkom en meer aansien by sy mense gaan kry, hulle is net so dom soos hy!! Dan kan hy mos met kleur en geur aan almal verkondig hoe hy tot tronk toe is omdat hy staan vir geregtigtigheid an al daai snert wat hy loop en verkondig.. `n esel het meer verstand as hy!! Maar ja , kyk na ons president en ons kan verstaan waarom ou mal emma glo hy is so wonderlik!!!

moegoe ·

mal-mal malm**r MALLELEMA ou verwaand, die Hel wag jou-die DUIWEL gaan lekker aan die FAT COW eet.

Hannelie ·

Wel ons almal weet dat Malema net een breinsel het, en dié is ook verrot! Hy dink hy is verhewe bo enige mens. Sy gesig laat my elke dag meer aan ‘n fiets dink, jy wil hom net trap.

SJ ·

Die ou verf ‘n teiken op sy eie rug, iets wat not dommes doen.

Erna ·

Ek kan nie glo dat hy nog rondloop tussen almal nie . Ek is vreeslik geskok dat in die tien jaar wat ek uit die land is, alles so agteruit gegaan het. Dit breek my hart. Miskien moet julle ouens UK to kom volgende jaar en vir die bokke kom ondersteun. Julle sal baie tuis voel met al die Saffers wat hier is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.