Nóg ʼn aanval by Klapmuts

Argieffoto

ʼn Man is op Swart Maandag in sy huis op ʼn plaas in die Klapmuts-omgewing in die Wes-Kaap aangeval en beroof.

Kapt. Nopaya Madyibi, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is omstreeks 4:00 in sy huis oorval. “Die verdagte het die slagoffer met ʼn onbekende voorwerp oor sy kop geslaan.” Volgens Madyibi het die verdagte hierna met ʼn skootrekenaar, ʼn videospeletjiekonsole en ʼn sonbril gevlug.

Volgens Madyibi is daar ook in ʼn motor buite die huis ingebreek en is ʼn navigasietoestel gesteel. “Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.” Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê die aanval het naby die plaas van Joubert Conradie plaasgevind. Conradie is verlede week Dinsdag op sy plaas in die Klapmuts-omgewing tussen Stellenbosch en die Paarl vermoor. Twee dae later is ʼn vrou en haar dogters op ʼn kleinhoewe in die Klapmuts-omgewing beroof.

Duisende mense het Maandagoggend by Kanonkop, naby die plek waar Conradie vermoor is, bymekaargekom as deel van die Swart Maandag-protesoptogte. Die groep het hierna na Kaapstad beweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

MM ·

EFF – Malema jou video gesien – hoekom word daar nie iets gedoen me die dreigemente van Malema na ons Wit Jong boere nie – dit is op Video maar hy kom niks oor nie – Dis sulke videos wat die aanvalle aanhits???

June ·

Dit is omdat daar n plakkerskamp besig is om te verrys langs die kragstasie tussen en agter die bome, so niemand kan sien wat daar aangaan nie. En daar word beplan om nog plakkers daar te vestig. Misdaad het reeds handuit geruk in die omgewing.

Armand Otto ·

Net ‘n voorstel, daar is baie beskaafde mense wat sonder werk sit in ons land, kan ons op van die plase nie dalk begin om die werkloses te akomdeer nie, in ruil vir arbeid, maw jy bou kom ons se 4 ekstra klein huise op jou plaas, maar redelik naby genoeg aan die hoof huis, elke huis kry ‘n twee rigting radio, hoe meer beweging dan nou op die plaas is, gaan dit dalk die plaas moorde op so ‘n manier bietjie hokslaan, want dan is daar bv 4 huise op een plaas saam die hoof huis, en daar kan op so ‘n manier vinniger hulp verleen word indien daar iets gebeur, want dan op so manier is daar heeltyd beweging, want jy weet die mense wat die dinge doen, hulle hou die huise dop, hulle ken elke beweging, so om dit dan nou vir hulle op ‘n manier bietjie moeilker te maak kan ‘n mens meer beweging gee op die plaas as daar bv 4 huise of 3 saam die hoof huis is, en jy vat natuurlik mense in wat daar nou gaan bly wat jy kan vertrou, soos ek se net ‘n voorstel, ja dit gaan dit dalk nie stop nie, maar dit kan dalk verhoed dat nog boer en sy gesin of plaas weker sy lewe verloor, want dan is daar vinniger hulp wat verleen kan word, terwyl die polisie nog eers van die dorp af moet ry om by die plaas uit te kom.

Johanna ·

Armand ek dink dis n goeie plan en stem saam met jou as boere dit kan bekostig maar let wel hulle moet seker maak dis manne wat wil nie wat net uitweg soek en nie gaan deel bydra nie. skerp idee

Heidi Koekemoer ·

Armand ek het ook aan dieselfde oplossing gedink.

Nicolise ·

Ek dink die plaasboere sal moet begin kyk na die werkers wat vir hulle werk. As jy so luister is meeste die wat vir hulle werk. Dit is baie erg. Een van die dae gaan die werkers nie meer werk kry nie agv niemand wat hulle gaan vertrou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.