Nóg ʼn aanval in Pta-natuurreservaat

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man en vrou is Woensdagmiddag ernstig beseer toe hulle in ʼn natuurreservaat in die suide van Pretoria met pikke aangeval is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na ʼn natuurreservaat in Groenkloof ontbied waar die man en vrou aangeval is. Die aanval het vermoedelik in die Groenkloof-natuurreservaat plaasgevind, maar Meiring kon nie die spesifieke ligging bevestig nie.

Volgens Meiring het die man sowel as die vrou ernstige beserings en snywonde aan hul koppe en arms opgedoen. Hulle is na bewering met pikke en grawe aangeval, maar dit is nie duidelik hoeveel aanvallers daar was nie.

ER24 het die vrou na ʼn hospitaal gehaas, terwyl die man deur ʼn ander ambulansdiens na ʼn hospitaal gehaas is.

Maroela Media wag vir meer inligting van die polisie.

In Januarie vanjaar is ʼn soortgelyke voorval in die Groenkloof-natuurreservaat aangemeld toe twee vroue deur twee mans oorval, met klippe bestook en beroof is. ʼn Bejaarde egpaar is in Mei verlede jaar ook in die Groenkloof-natuurreservaat aangeval en beroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

DPJ ·

‘Daar is gevra dat kerke en christene more moet vas en bid vir ons land. ‘n Gebed vir ons land!!! AS ONS NIE BID NIE GAAN NIEMAND ONS HELP NIE. NET GOD KAN SUID-AFRIKA, EN ONS HELP!(DIT SAL NET 10 SEKONDES NEEM) Kom ons begin met ‘n gebedsaksie vir ons land. Ons doen dit soos volg: *Wanneer jy hierdie text ontvang, Bid sommer net daar waar jy nou sit…* BID SAAM: “Ons Hemelse Vader, ons bid vir berou & bekering. Vader ons bid vir vergifnis van ons sonde. Ons bid dat U die mense se geestelike oë & ore sal oopmaak. Ons bid dat U die mense in Suid-Afrika genadig sal wees & sal seën. Ons DANK U vir reën wat reeds geval het & bid dat U genoeg reën sal stuur na plekke wat smag daarna. Ook dat U alle onskuldige Suid-Afrikaners sal beskerm teen al die geweld. En dat daar ‘n positiewe verandering in Suid- Afrika sal plaasvind.. Ons bid dit in die Naam van JESUS, ons Koning. Amen!!!” BID SAAM .

Francois Kroukamp ·

Dewald ek dink nie jy besef wat jy gese het nie. Een ding is seker God is nie n fairy godmother maar by Hom is alles moontlik en as Hy dink dit is nodig sal Hy jou die insig gee on jou self te bewapen

DewaldS ·

As ek moet raai sou ek sê dis ‘n groep nare ou wit tannies wat twee onskuldige swartmense aangeval het – suiwer uit rassisme….

Estelle Smith ·

Jy wat vra watter ras was dit, wat blankes aangeval het, maar hulle is vermis so wie werk met grawe en pikke in resevaat se tuine

Joann ·

Dewald kry jou sake reg met God.wapens sal nie werk as jy nie geloof het nie. Eaton ek stem saam laat ons hoor watter nasie is di.wit,geel,swart of bruin

Paul ·

Is die inligting oot aanvalle in die “Groenkloof Natuurreservaat” korrek?

Let daarop dat die Groenkloof Natuurreservaat die area is tussen die R21 en Christina de Wit-rylaan. Die area aan die oostekant van die R21 rondom Fort Klapperkop is nie die Groenkloof Natuurreservaat nie, maar is die “Klapperkop Bewarea” of “Klapperkop Conservation Area”.

Sal dalk goed wees om ook in te sluit dat aanvalle eintlik meet gereeld voorkom by die uitkykpunte by Klapperkop.

Cecilia ·

Here wees asb die mense genadig wat dink om te bid gaan niks help nie. Hulle weet nie wat hulle sê nie.

SHANE ·

Net soos geloof gee God ‘n mens ook gesonde verstand. As jy onbewapend by ‘n gevaarlike plek inloop is dit stupid. Daar is nie pille of gebed wat werk vir stupid nie.

Liewe heksie ·

Cecilla ek kon ok nie glo wat my oë lees nie ek staan bankvas agter jou geen wonder ons land is in sy kanon in nie

Jollie Jacqueline ·

MB moet nie die krag van gebed onderskat nie. As jy my nie glo nie, kyk wat gebeur het met die slag van bloed rivier? Diy was gebed. Maar ek stem saam om selfverdediging opleiding te kry.

Michael ·

Bewapen jouself en maak seker jy het goeie opleiding en verdedig jouself as jou lewe in gevaar is .
Ek wil ook graag weet wat die ras van die aanvallers was sodat hierdie rasistiese aanvalle aan die groot klok gehang kan word,90%van aanvalle is swart op wit of noem dit die meerderheid of minderheid of vorige benadeelde of huidige benadeeldes as julle nie kleur wil noem nie.

Koos ·

Rasissisme geld slegs vir witmense. ‘n Swart mens kan nooit ‘n rassis wees nie. Bee, previously disadvantaged, affirmative action, en alles is steeds apartheid se skuld. Oeps, daar word my pos seker nou verwyder.

Chris ·

Pikke en grawe. Nou toe nou. En julle wil weet watter ras is die aanvallers.

ozzi ·

Een berig waar ras nie genoem word nie an julle almal kry withdrawal symptoms. A nee a mensel os julle ras obsessies

anta ·

Glo nie van die lesers hierbo het deur moord op familie deurgemaak nie…my sus is VERMOOR
en glo my sy was klein en weerloos! EN moes haar 3 kinders grootmaak, en sonder JESUS
sou ons dit nie gemaak het nie…WAPENS het ons nie, maar knee om te kniel die het ons..
dit neem n minuut om te bid..Die duiwel beplan sy aanvalle rondom 3 dinge..
VERWARRING
MOEDELOOSHEID
EN TWYFEL

Danny Boy ·

Dewald…toemaar….ek begryp jou sin vir humor. Laat die res kibbel, terwyl ons agter die gordyne kritiese werk verrig, sonder om ń bohaai te maak.

SNEL ·

Amen op DPJ se gebed!
Ware woorde Anta, die vyand soek ons in daai posisies, maar ons moet ons wapenrusting aantrek daagliks en vasstaan in geloof. Goeie preek is The Bait of Satan van John Bevere op YouTube, dit gee mens weer perspektief en laat mens net besef hoe belangrik dit is om gefokus te bly en nie in daai strikke te val nie…..daaglikse werk om staande te bly en versterkte geloof te laat groei. Ons God lewe en hoor ons geroep om hulp, ons moet net vashou en vertrou, tot op die einde en nie moeg raak nie.

Lukas 12: 4-5 En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!

In die laaste dae; mense gaan vra waar is God, hoekom sien ons Hom nie help en mense verlos nie. Laaste dae….moeilike dae….dit sê vir my, min uitkoms en hulp, dinge moet maar gebeur en tot n punt (wederkoms) beweeg, maar punt is; ons moet nie deur dit knak nie, ons moet aanhou bid en glo en vertrou, al sien ons niks. Op God alleen moet ons steun. Mattheus 24 en 2Petrus 3 Laat ons vasstaan en bid vir medegelowiges.

Candice ·

Baie dankie SNEL, ek dink meer as ooit moet ons begin dterk Glo dat GOD ons gaan lei tot waar ons moet wees. Ek dink baie van ons het die pad duister geraak en moet ons pad terug vind na GOD. Ek lees altyd die kommetaar en raak so op gewerk maar vandag vind ek kalmte in my hart en wil net vir almal en jou dankie se vir julle mooi gebede en boodskappe dis wat ons nodig het meer geloof en minder geweld!

Veritas ·

Ons lewe in ‘n land wat voor een van sy grootste uitdagings ooit, staan. Nog nooit was ras só ‘n belangrike besprekingspunt as juis nou nie. Noù is die tyd om te dink voór jy praat. Let wel, ek sê nie ons moet nié daaroor praat nie maar dat ons mooi moet dink oor die nagevolge van ons woorde. Glo my maar gerus wanneer ek sê dat die kommentare hier wyd gelees en bespreek word en dat die strekking van sommige kommentare blatant rassisties van aard is. Moet nie vir een oomblik glo dat, omdat dit ‘n Afrikaanse forum is, dit slegs deur blankes gelees word nie. Daar is baie meer Afrikaanssprekendes van ander rasse as wat ons dink. Mense wat Afrikaans as huistaal besig. Deur hierdie rassistiese kommentare word alle blanke Afrikaanssprekendes onder dieselfde kam geskeer. In plaas daarvan dat ons, ons taal uitbrei, Ons is besig om die gebruik van ons moedertaal verder te isoleer deur ‘n rasse-etiket daarom te hang. Ek beskou myself as ‘n Afrikaner en ek verstaan die sentiment agter die rasgedrewe kommentare maar ons as Afrikaners kan nie bekostig om ENIGE Afrikaanssprekende van ons te vervreem nie. Taal en nie ras nie, is tog die belangrikste eienskap wat die Afrikaner van ander onderskei. Wanneer ons getipeer word as ‘n groepie rassistise blankes, doen ons onsself meer skade aan as wat ons besef. Die wanpersepsie, dat alle Afrikaners rassiste is, word hierdeur versterk en dit kan ons nie bekostig nie.

Veritas ·

Verskoon asb die halwe sin ‘In plaas daarvan dat ons,ons taal uitbrei..’. Ek het die toegelate 250 woorde oorskry en moes dele van my kommentaar uitsny. Net daar het die fout ingesluip. Dankie.

Candice ·

Baie dankie vir die gebed. Amen. Ek stem saam met DPJ, ons moet bid en vir almal wat ons gister en gisteraand verloor het deur geweld. On het almal families wat ons graag wil beskerm deur elke dag en aand.

Ek dank die Helmse vader dat almal wat ek lief het veilig wakker geword het vanoggend en ek is so so jammer vir die wat nie so gelukkig was nie.

Mag die Hemelse Vader almal vandag veilig hou.

Dankie weereens vir die gebed.

Tom ·

Amen

almal die video gesien ” van die optog wat ” Umknoto Wesizwe” beoog op die 6 de April

video op youtube “The Anc private army called umkonto wesizwe” threatens with a war and protest

.R. ·

Ek se bring die doodstraf terug dan sal daar minder moord en aanvalle wees want in die tronk kry hulle meer en lewe lekkerder as by hulle eie huise as hulle uit die tronk uit kom gebeur daar maar net n nuwe aanval of moord iewers, ek dink hulle moet dit ernstag begin opvat want waar gaan ons land heen dit raak elke dag net erger.

Francois ·

Foto is geneem by Fonteinedal, voorval nie plaasgevind by Groenkloof nie.

Nico Strydom ·

Dagsê
Maroela Media probeer steeds presies vasstel waar die voorval plaasgevind het. Volgens paramedici was dit in die omgewing van Groenkloof. Volgens die polisie is daar egter nog nie ‘n saak aangemeld nie . Maroela Media kan dus net in die stadium volstaan met die inligting soos ontvang van die paramedici tot ons bevestiging van die polisie kry of met die slagoffers self kan praat.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Danie ·

Dankie vir daardie gebed. Onthou ons moet seker maak hoe om te bid en waarvoor ons bid. Ons moet nadat ons gebid het werklik glo dat ONS deur SY krag dinge ten goede kan verander. Die wat werklik glo sal hand by mond sit. Deur te bid en te wag dat God dit vir ons doen is Christelike naïf, kyk waar is ons vandag. Ons almal sal dit wel een van die dae besef wat beteken bid, glo en doen wat God van ons verwag. Want die wat werklik glo sal doen.

Michiel ·

Hier skyn verwarring te wees oor waar die aanval/le was. Laat ons asb nou die regte plekke kry -net soos by vorige berigte was daar onsekerheid oor waar dit gebeur het. Ons moet asb duidelikheid hê oor sulke dinge Maroela. Dankie. En voor iemand iets kry, ja, maak nie saak -aanvalle is aanvalle maar mens wil die korrekte feite hê

Nico Strydom ·

Dagsê
Maroela Media probeer steeds presies vasstel waar die voorval plaasgevind het. Volgens paramedici was dit in die omgewing van Groenkloof. Volgens die polisie is daar egter nog nie ‘n saak aangemeld nie . Maroela Media kan dus net in die stadium volstaan met die inligting soos ontvang van die paramedici tot ons bevestiging van die polisie kry of met die slagoffers self kan praat.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.