Nóg ʼn aanval op Mpumalanga-plaas

’n Protesoptog na die Uniegebou in Pretoria is op 25 November 2017 gehou om die prioritisering van plaasmoorde te eis. Foto: Reint Dykema

ʼn Man is Saterdag deur vier gewapende aanvallers op ʼn plaas in die Lydenburg-omgewing in Mpumalanga oorval.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê die man is met stokke aangerand, maar het nie ernstige beserings opgedoen nie. Volgens Cameron het die aanvallers in die man se wit Toyota-enkelkajuitbakkie gevlug.

ʼn Soektog na die aanvallers is van stapel gestuur en plaaslike veiligheidspanne het saam met die polisie gewerk om die verdagtes na te spoor. Volgens Cameron is een verdagte vasgetrek en die gesteelde voertuig teruggevind.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat daar ʼn plaasaanval in die omgewing was, maar hy kon nie onmiddellik meer inligting verskaf nie. Maroela Media wag op terugvoer.

Die aanval kom op dieselfde dag wat sowat 1 500 optoggangers na die Uniegebou in Pretoria opgeruk het uit protes teen plaasmoorde. Saterdagoggend is nog ʼn man wreed op ʼn plaas in die Alexandria-omgewing in die Oos-Kaap aangerand. Riaan Scheepers is tans in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal in Port Elizabeth ná die aanval.

Volgens Cameron was daar tot dusver in 2017 al ongeveer 380 plaasaanvalle en 80 plaasmoorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

L de Beer ·

Ek stem n oog vir n oog, die regering gaan niks doen nie.

Leahim ·

Regtig, die boere leef asof hulle in n oorlog is en dan word hulle met stokke aangerand die boere sal of paraat moet raak of pak slae moet kry en in ag geneem die aanvallers is daar om jou dood te maak en jy kan nie meer op die polisie staatmaak nie,dink ek die boere is nou op n plek waar hulle self moet besluit word ek deel van die statistieke of trek ek die streep en sê geen plaasaanvallers verlaat die grens van my plaas lewendig nie??

FM ·

Ek wonder of hierdie BLF mannetjie en juliaaas nie dalk die groot aanhitsers is nie. Hou hulle maar dop.Hulle dag sal kom, verseker..!!!

jack daniel ·

Dink BLF & EFF is tjommies en stirrer vir die ANC.
Dink so!

Willie ·

Ek het geloop in die reen, dit was n seening van God.. Wat my erg verbaas het, was die min opkoms.. Mense mense julle moet deel raak van n bewusmaking! Die lafaarde wat die dade pleeg lag vir ons as ons nie kan saamspan en iets doen nie… Dankie vir wat wel saam geloop het! Dit was eenheid van genoeg is genoeg vir moored!

madels ·

My beste vriendin se broer het gister gaan fietsry, hy het nooit terug gekom nie, hy is doodgeskiet. Dit haal nie eers die nuus nie! Hoeveel sulke gevalle gebeur nie in ons land nie en ons weet nie eers daarvan nie. My hart is in stukke, my vriendin is een van n nie-identiese tweeling en was baie naby aan haar broer… Dis verkriklik wat in ons land aangaan… bloed vloei soos water hier..

PJC ·

Ons sal ongelukkig ons leefstyl moet aanpas na om standighede in hierdie mooi land van ons anders gaan daar nog baie van ons afgemaai word.

Biddende ·

Sterkte aan betrokkenis.?Daar word met vuur gespeel om die minste te sê. GLO en OORWIN. BLY op die HOEDE dag en nag. Dié oorlog is nié onsin maar die oorwinning SAL soet wees ons OORWINNAAR LEEF …biddend oomblik vir oomblik

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.